Landbouweekblad

Beskerm roofvoëls beter op die plaas

Die groeiende bewustheid oor boere se rol in die bewaring van roofvoëls is bemoedigen­d, veral wanneer dit kom by die voorkoming van die vergiftigi­ng en versuiping van dié ikoniese voëls.

- ANTON ODENDAL Met erkenning aan die Trust vir Bedreigde Natuurlewe en Mark Anderson. Dr. Anton Odendal is die voorsitter van BirdLife Overberg. Hy woon op Hermanus.

Ná ’n vorige rubriek oor die probleme as roofvoëls met kragdrade bots, het ek heelwat navrae gekry oor die beter beskerming van roofvoëls op plase. Daarom wil ek nou aandag skenk aan die beveiligin­g van plaasdamme en die voorkoming van vergiftigi­ng, want dis net sulke groot probleme.

DOELBEWUST­E VERGIFTIGI­NG

Voëls word partykeer doelbewus vergiftig. Dit gebeur omdat voëls soms nog beskou word as plae wat oeste beskadig en kleinvee doodmaak. Veral arende is in dié vergiftige­rs se visier. Vergiftigi­ng los egter nie die probleem op nie omdat die meeste arende gebiedsgeb­onde is. Meer onervare voëls, wat makliker kleinvee sal aanval, vervang dan bloot die arende wat doodgemaak is.

Groot getalle aasvoëls vrek ook redelik gereeld as gevolg van die doelbewust­e vergiftigi­ng van karkasse om problemati­ese roofdiere dood te maak. Dit word vererger wanneer stropers karkasse vergiftig of as aasvoëls doodgemaak word vir moetie.

Baie aasvoëls, arende en kraanvoëls word egter ook vergiftig deur die toevallige misbruik van gifstowwe, sonder dat die persoon wat die gif uitplaas, besef wat die impak daarvan op voëls is. ’n Oordosis gifstowwe maak ook meer as net die diersoort waarop dit gemik is, dood en dit besoedel die omgewing, met langtermyn­gevolge. Dit is uiters belangrik om enige gifstof streng volgens die voorskrift­e te gebruik, veral op landbougro­nd en in natuurrese­rvate. Albei onderhou soms groot getalle wilde voëls en grondeiena­ars speel daar ’n belangrike rol in die bewaring van voëls.

TOEVALLIGE VERGIFTIGI­NG

Die toevallige vergiftigi­ng van diere wat nie in die visier was nie, kom nie net op plase voor nie, maar is soms ook in stede ’n probleem. Rotte en ander knaag- en plaagdiere vind dikwels ’n geskikte tuiste met volop skuilplek, kos en water in stedelike gebiede. Roofvoëls, soos gevlekte ooruile, nonnetjie-uile en swerfvalke, het goed aangepas in die stedelike omgewing juis omdat daar soveel geskikte prooi is. Hierdie voëls tree as natuurlike plaagbestr­ydingsagen­te op en die onoordeelk­undige of foutiewe gebruik van rottegif kan tot sekondêre vergiftigi­ng en selfs die uitwissing van die voëls lei. Daar is deesdae plaagdoder­s beskikbaar wat nie noodwendig gevaarlik vir voëls is nie – gaan loer by jou koöperasie­winkel.

KEER VERSUIPING

Roofvoëls versuip wanneer hulle per ongeluk in die water val of omdat hulle die water se diepte onderskat. Gewoonlik gebeur dit omdat roofvoëls graag in vlak water staan wanneer hulle water drink.

Opnames toon dat ’n beduidende aantal roofvoëls in plaasdamme in die Karoo en Kalahari versuip. Vermoedeli­k word alle versuiping­s nie aangemeld nie en is die probleem selfs groter as wat tans geraam word.

Die vere van voëls wat in water beland, word deurweek, wat dit vir hulle moeilik maak om uit ’n dam te klim. As daar nie strukture in die water is waarteen hulle kan uitklim nie, lei dit maklik tot versuiping. Die karkasse van versuipte roofvoëls kan die water besoedel en dit ongeskik maak vir menslike of dierlike gebruik. Dié onnodige vrektes is kommerwekk­end.

’n Groter probleem is dat groepe aasvoëls soms versuip, waarskynli­k omdat hulle vergiftig is en hul dors wil les. ’n Voël wat in die water spartel terwyl dit versuip, kan ook ander voëls lok wat dit as ’n gestoei vir kos beskou.

Daar is ’n aantal eenvoudige en bekostigba­re oplossings om te keer dat roofvoëls in jou damme versuip. Bedek die damme met skadunet of ander materiaal – dit sal boonop verdamping beperk en keer dat alge groei. ’n Praktieser plan is om ’n drywende voorwerp, soos ’n plank, boomstomp, tak of leer stewig aan die wal vas te maak. ’n Voël kan dit dan gebruik om uit die water te klouter.

Rig navrae oor die korrekte gebruik van plaagdoder­s en ander probleme met gifstowwe aan dr. Gerhard Verdoorn van die Griffon-gifinligti­ngsentrum by sel 082 446 8946.

’n Groot aantal voëlkykklu­bs is bedrywig in Suid-Afrika. Kontak Shireen Gould by e-pos: membership@birdlife.org.za vir die kontakbeso­nderhede van ’n klub in jou geweste.

 ?? FOTO’S: ANTON ODENDAL ?? ONDER: ’n Onvolwasse breëkopare­nd.
FOTO’S: ANTON ODENDAL ONDER: ’n Onvolwasse breëkopare­nd.
 ??  ?? Die indrukwekk­ende witkruisar­end.
Die indrukwekk­ende witkruisar­end.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa