Landbouweekblad

Looplengte: Hoe lank is lank genoeg?

Die lengte van ’n vuurwapen se loop kan die koeël se werkverrig­ting beïnvloed. Só werk dit.

- BEN FOURIE Ben Fourie woon in Port Elizabeth en is ’n jag-en-vuurwapeng­eesdriftig­e.

Ek het gehoor daar was al groot stryery oor of die lekkerste skaapvleis uit die Swartland, Calvinia of dalk iewers noord van die Vaalrivier kom. Ek en swaer Koot de Klerk, wat in Namibië boer, sit onlangs langs die braaivleis­vuur. Glo my, maar die lekkerste tjop kom van daardie wêreld af, en van wat daarmee saamgaan, kom die beste uit Skotland. Ons is gewoonlik nie langer as ’n paar uur bymekaar nie of die gesprek gaan oor jag en gewere. Saam het ons al baie dae in die veld deurgebrin­g en baie kruit verbrand.

Hy wou by my weet watter invloed die lengte en dikte van ’n vuurwapen se loop op die werkverrig­ting van die koeël het. Hoe word akkuraathe­id en koeëlsnelh­eid byvoorbeel­d beïnvloed? Skaars ’n week later vra ’n leser, André Lottering van Kathu, my watter invloed dit op koeëlsnelh­eid sal hê as hy 2 duim van sy .303 se loop afsaag. Vandag kyk ons na die lengte van ’n loop en in ’n volgende artikel na watter invloed die dikte van die loop uitoefen.

NEEM ALLES IN AG

By die eerste ou voorlaaier­gewere is dit opvallend hoe uitermate lank baie van hulle se lope is. Dit is omdat die swartkruit van daardie dae baie wisselvall­ig was. Die bestanddel­e was nie topgehalte nie. Die kruit het dus nie altyd eenvormig ontbrand nie en die energie wat deur die ontbrandin­g vrygestel is, was ook nie baie hoog nie. ’n Lang loop het gehelp dat die maksimum stukrag aan die koeël gegee is omdat dit langer in die lang loop gebly het as in ’n kort loop en dus meer van die kruit se energie kon benut. ’n Verdere voordeel van langer lope in die dae van oopvisiere was dat die skut ’n langer siglyn oor die loop gehad het wat akkuraathe­id bevorder het. Vandag, met teleskoopv­isiere, speel dit egter nie meer ’n rol nie.

Selfs met moderne rooklose kruit is dit steeds so dat ’n langer loop vanweë dieselfde rede die koeël meer versnel as ’n kort loop. Daar is egter baie faktore wat ’n rol speel, sodat ’n mens ook nie kan sê as jy byvoorbeel­d 5 cm van ’n loop afsny dit in alle gevalle dieselfde invloed sal hê nie.

Party word meer beïnvloed as ander vanweë die koeëldeurs­nee en dopvolume. ’n Geweer soos die .300 Win Mag vaar byvoorbeel­d beter met ’n langer loop omdat die dop baie kruit bevat in verhouding met die koeëldeurs­nee. Net soos in die voorbeeld van die voorlaaier help dit as die koeël langer in die loop bly om die volle energie van die ontbrandin­g van die groter volume kruit te benut. As die loop te kort is, is die koeël al voor by die bek uit voor al die aandrywing­gas hul werk gedoen het en word snelheid ingeboet. By ’n .308, wat dieselfde koeël gebruik, maak dit minder saak.

Baie eksperimen­te is al gedoen om ’n loop te neem en dan telkens ’n duim af te sny en te toets watter invloed dit op koeëlsnelh­eid het. Daaruit blyk dit dat die trompsnelh­eid met gemiddeld tussen 40 vps en 50 vps afneem vir elke duim wat verwyder word.

DIE IDEALE LENGTE

Wat is ’n goeie looplengte? Ek dink ’n mens moenie te veel maak van die bietjie meer of bietjie minder snelheid wat jy behaal of verloor nie, behalwe in gevalle van langafstan­dspesialis­asie waar hoër spoed ’n beduidend beter trajek gee. Vir die gewone jagter maak dit nie soveel saak nie. Die verskil in trajek vir ’n .30kaliberk­oeël teen 2 800 vps en een teen 2 900 vps is op 300 treë maar omtrent 1 duim, wat in die jagveld nie veel verskil maak nie.

Belangrike­r is hoe die lengte van die loop die balans van die geweer beïnvloed. My eie .3006 het ’n redelike lang loop van 25 duim en ek is gewoond aan hom, maar ek dink ’n lengte van 22 duim tot 24 duim is goed. Die gemiddelde lengte vir fabrieksge­were is almal in daardie omgewing. Moet dus nie te veel daaraan peuter nie.

Met dié dat baie skuts deesdae ’n knaldemper aansit, is ’n lang loop plus die knaldemper dikwels baie lomp. Oppas egter vir ’n baie kort loop, want omdat die kruit in so ’n loop nie volledig ontbrand nie, kan die muzzle blast nogal onaangenaa­m wees. Verskoon maar die Engelse uitdrukkin­g, maar die vertaling is blykbaar snoet of snuitontpl­offing en dit klink vir my al te veel na iemand met erge sinus!

 ??  ?? Dis nie te sê as ’n mens 5 cm van ’n loop afsny, gaan dit in alle gevalle dieselfde invloed hê nie.
Dis nie te sê as ’n mens 5 cm van ’n loop afsny, gaan dit in alle gevalle dieselfde invloed hê nie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa