Landbouweekblad

My gô is uit

- HART TOT HART

Iemand het onlangs my nuuskierig­heid geprikkel met die graag: “Waar sit ’n mens se gô?” Vir ’n oomblik was ek onkant gevang, totdat sy tweede vraag my op die spoor gebring het: “Wanneer is ’n mens se gô uit?” Ek moet erken dat ek die gesegde lank laas gehoor het, maar onbekend is dit beslis nie. Wel, ’n vraag soek ’n antwoord en ek het my bes probeer om met ’n soort verduideli­king vorendag te kom. Ek meen dit het met ’n vorm van uitputting te doen, in so ’n mate dat jy nie langer suksesvol kan voortgaan met die uitvoering van ’n gegewe taak nie. Maar dis nie alleen van mense waar nie; dit kan ook van dinge of diere gesê word. As iets nie meer verder kan gaan nie, dan sê ons “sy gô is uit”.

Dis opvallend dat die Bybel ook etlike voorbeelde het van mense wat om die een of ander rede uitgeput en lewensmoeg geword het. Dink maar aan die profeet Elia wat onder die besembos sy lot bekla het. Dink aan Moses, aan Jakob en soveel ander vir wie die pad eenvoudig te moeisaam geword het.

Maar kom ons kyk nou na die eintlike vraag: Waar sit ’n mens se gô? As dit uit is, wil ons weet of daar ’n manier is om dit weer terug te kry. Is dit in die gemoedstoe­stand en wie bepaal ons gemoedstoe­stand? Is dit in die verstand en wat moet jy doen om anders te dink? Gaan jy na ’n sielkundig­e of ’n geneesheer of jou werkgewer as jou gô uit is? Wie druk die knoppie wat die gô weer in plek kry? Dink net hoeveel lewens kan so gered word! Uitputting en lewensmoeg­heid kan vernietige­nd op ’n mens inwerk.

Die Bybel gee ook pragtige voorbeelde van mense wat uit die donker put geklim het. Dis nie iets wat uit eie krag gebeur nie.

Die Een wat die lewe aan jou geskenk het, sal altyd bereid wees om jou nuwe krag te gee deur jou die doel van die lewe te laat verstaan en dit volhardend uit te voer.

Die Een wat die lewe aan jou geskenk het, sal altyd bereid wees om jou nuwe krag te gee.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa