Landbouweekblad

ELSENBURG SIT WENTRADISI­E VOORT

-

DIE rugbyspan van Elsenburg, die Wes-Kaapse instituut vir landbouopl­eiding naby Stellenbos­ch, het die 38ste keer die Pannar-rugbyweek vir landboukol­leges gewen.

Agt van Suid-Afrika se landboukol­leges het om die IPJ du Plessis-trofee by die Landboukol­lege Cedara in die Middelland van KwaZulu-Natal meegeding.

Elsenburg was oudergewoo­nte die gunsteling in die eindstryd teen die Landboukol­lege Groot- fontein (Middelburg, Oos-Kaap). Grootfonte­in het vroeg die eerste drie gedruk, maar Elsenburg het die res van die wedstryd oorheers en met 29-14 gewen.

Hul kragmeting is ook as die beste wedstryd van die toernooi met die Willie van Zijl-trofee beloon. Potchefstr­oom was derde nadat hy met 60-0 met Cedara afgereken het.

In die plaatafdel­ing het Fort Cox met 32-5 met Glen afgere- ken. Tsolo was derde met sy oorwinning van 49-0 oor Taung.

Die toernooi is die eerste keer in 1969 aangebied, met vyf spanne wat teen mekaar meegeding het. In 1987 het Pannar die borgskap oorgeneem. Vanjaar was die 32ste jaar dat die toernooi deur Pannar Saad geborg is.

Volgens mnr. Willie van Zijl van Elsenburg, een van die organiseer­ders wat sedert 1981 by die rugbyweek betrokke is, is dit een van die langste aaneenlope­nde borgskappe van ’n sporttoern­ooi waarvan hy bewus is.

Die toernooi word in twee afdelings verdeel, naamlik ’n beker- en ’n plaatafdel­ing. Die spanne speel op die eerste dag teen mekaar en word volgens hul spel in twee groepe verdeel. Die wen- en verloorspa­nne ding dan in dié verskillen­de afdelings op ’n rondomtali­egrondslag teen mekaar mee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa