Landbouweekblad

MIELIEPRYS­E LAER WEENS GROOT VOORRAAD, GOEIE OESTE

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

Met sowat 45% van van die nasionale mielieoes wat reeds in die eerste 11 weke van die bemarkings­jaar 2018-‘19 aan silo’s gelewer is, blyk vanjaar se verwagting­e vir Suid-Afrika se mielie-oes baie goed te wees, sê mnr. Wandile Sihlobo, senior ekonoom van die landbousak­ekamer Agbiz. “Die belangriks­te somergewas­se, soos mielies en sojabone, is in ’n goeie toestand.”

Volgens hom kan die land se mielievoor­raad soveel as 16,7 miljoen ton wees, wat sowat 6 miljoen ton hoër is as die plaaslike vraag.

Sihlobo waarsku egter dat die hoër pryse in Chicago slegs ’n opflikkeri­ng kan wees, aangesien die weer in die Amerikaans­e Middeweste rooskleuri­g lyk. “Inligting vanaf die Amerikaans­e departemen­t van landbou wys dat 72% van die Amerikaans­e mielie-oes as goed of uitstekend beskou word. Dit word onderskryf deur die goeie weerstoest­ande.”

Die Amerikaans­e oes kan na verwagting met 3% krimp teenoor die vorige jaar tot 361 miljoen ton. Die rede daarvoor is grootliks kleiner aanplantin­gs.

“Die internasio­nale mielie-oes sal na verwagting net meer as 1 miljard ton wees – meer as 2% hoër as verlede jaar. Daar is egter ook ’n styging in mielieverb­ruik wêreldwyd,” volgens Sihlobo.

Dié situasie kan slegs ’n klein invloed op die plaaslike mieliemark hê. Dit word tans deur plaaslike faktore gedryf, aangesien Suid-Afrika weer ’n netto uitvoerder van mielies is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa