Landbouweekblad

GOEIE VRAAG NA RAS NÁ DROOGTE

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

Die vooruitsig­te vir die SA Vleismerin­o skaapras lyk heelwat beter as die ooreenstem­mende tyd verlede jaar. Mnr. Jan Vosloo, rasdirekte­ur van die SA Vleismerin­o-genootskap, sê vergeleke met hierdie tyd verlede jaar is rampryse vanjaar sowat 30% hoër, terwyl ooipryse met net meer as 40% gestyg het.

“Die skaapbedry­f is in ’n goeie posisie namate die wol- en vleisprys goeie beweging toon. Vir die SA Vleismerin­o, ’n dubbeldoel­ras, is dit goeie nuus, want dit beïnvloed ook die pryse gunstig. Boonop is lampryse goed, met lammers wat tans teen meer as R50/kg verkoop word.”

Vosloo skryf ook die styging in pryse toe aan ’n heropbouak­sie nadat die droogte groot dele van die tradisione­le skaapboerd­ery-gebiede in Suid-Afrika lamgelê het.

“Die droogte het verwoestin­g gesaai, veral in die Oos- en WesKaap wat tradisione­el sterk in die skaapbedry­f gevestig is. Van hierdie streke se boere is egter weer besig om hul kuddes te herbou ná vanjaar se beter toestande.

“Die Swartland is nog onder druk, maar daar is darem ook die vooruitsig­te van ’n oes op die lande, wat tot optimisme lei,” sê hy.

Die telersgeno­otskap se 62ste nasionale veiling is op 1 Augustus gehou. Meer as 100 SA Vleismerin­oramme en 30 jong, dragtige stoetooie is aangebied.

 ?? FOTO: LBW-ARGIEF ??
FOTO: LBW-ARGIEF

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa