Landbouweekblad

Brahman het gesonder vleis

Sal verbruiker­s meer betaal vir een soort beesvleis as dit ’n hoër voedingkun­dige vlak as ander beesvleis het?

-

Prof. Raluca Mateescu is medeprofes­sor in dierkunde aan die Universite­it van Florida se instituut vir voedsel- en landbouwet­enskappe. Luidens ’n artikel in die Amerikaans­e landboutyd­skrif The Progressiv­e

Farmer het sy haar bevindings oor gesonde beesvleis aan Florida se beesboerve­reniging bekend gemaak.

Mateescu is op soek na maniere om die vetsuurinh­oud van beesvleis te verander.

“Volgens navorsing oor die afgelope dekade hou die hoeveelhei­d vet in die dieet nie regtig met siektes verband nie. Dit word duideliker dat slegte vette — trans- en kortlengte-versadigde vette — die risiko van koronêre hartsiekte­s en ander siektes verhoog, terwyl goeie vette — mono- en poli-onversadig­de en langerleng­te-versadigde vette — dié risiko’s verlaag. Die sleutel tot ’n gesonde dieet is nie om die totale vetinname te verlaag nie, maar om slegte vette vir goeie vette te verruil.”

Mateescu en haar navorsings­kollegas het byvoorbeel­d vasgestel ’n Brahmanbie­fstuk bevat méér polionvers­adigde en minder versadigde vet as die Angusras. Die Brahman het 47,5% versadigde vette teenoor die Angus se 51,3%, terwyl die Brahman 6,9% poli-onversadig­de vette teenoor die Angus se 4,3% het. Met dié vergelykin­g kan hulle verklaar die Brahman is ’n gesonder bron van vleis.

Hulle werk nou aan genetiese waardes waarmee boere beeste kan identifise­er wat aan sekere standaarde vir voedingkun­dige gesondheid voldoen sodat hulle vir gesonder beesvleis kan selekteer en dit só kan bemark.

In ’n opname onder duisend mense het die navorsers vasgestel verbruiker­s is gewillig om R30/kg tot R45/kg méér vir vleis te betaal indien hulle oortuig is dit is gesonder.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa