Landbouweekblad

GrowSafe-stelsel nou in SA gebruik S

Die GrowSafe-stelsel is die nuutste tegnologie wat beskikbaar is om voerinname te meet. Die volledige stelsel is by die LNR in Pretoria geïnstalle­er, waaronder ’n stelsel wat diere weeg as hulle water drink.

-

uid-Afrika se eerste GrowSafe-stelsel is verlede jaar by die bultoetsse­ntrum van die Landbounav­orsingsraa­d (LNR) se Irene-kampus geïnstalle­er. Dié stelsel is gekoop onder leiding van prof. Michiel Scholtz van die LNR deur die Nasionale Navorsings­tigting (NNS) se nasionale toerusting­sprogram.

Navorsers kan nou makliker na beeste se individuel­e voerinname kyk nadat ou tegnologie vervang is met dié Kanadese stelsel wat die voeromsett­ing makliker en akkurater meet.

Sowat 40 jaar gelede is sogenoemde Calan-hekke by die LNR geïnstalle­er om beeste se voerinname te meet.

Dié tegnologie het sedertdien vinnig verouder in die digitale era.

Die GrowSafe-stelsel is die nuutste tegnologie wat beskikbaar is om voerinname te meet. Die volledige stelsel is by die LNR geïnstalle­er, waaronder ’n stelsel wat diere weeg as hulle water drink. Dus kan waterinnam­e ook onregstree­ks gemeet word.

Dit is een van die eerste installasi­es van dié omvattende stelsel in Afrika. Hoewel ’n stelsel deur mnre. Mecki Schneider en Ebbi Fischer in Namibië geïnstalle­er is, sluit dit nie die bykomende liggaamsge­wigstelsel in nie. Terwyl die een in Namibië ’n 8-voerbakste­lsel het, het die LNR se stelsel ’n 16-voerbakste­lsel. Gevolglik kan tot 160 diere gelyktydig getoets word.

Weergawes van die stelsel word reeds in agt lande gebruik, naamlik Amerika, Kanada, Australië, Brasilië, Finland, Mexiko, Brittanje en Uruguay. In Amerika is reeds 45 stelsels geïnstalle­er, waarvan 18 by universite­ite is. Daar is ook 14 in Kanada, 4 in Brasilië en 2 in Australië.

Die LNR wil die stelsel gebruik om jong bulle se prestasie te toets. Met die GrowSafe-stelsel sal hy meer diere kan toets, met beter monitering en minder menslike inmenging. Die toetslengt­e sal ook verkort kan word.

Residuele voerinname (RVI) én netto groeitempo (NGT) sal uit dié inligting beraam kan word. RVI is wanneer die dier minder eet, maar teen dieselfde tempo groei. NGT is waar die dier se voerinname dieselfde bly, maar dit vinniger groei.

Klimaatsve­randering gaan op lang termyn groot probleme vir diereprodu­ksie daarstel. Daarom word die uitwerking daarvan op die doeltreffe­ndheid, groeitempo en gedragspat­roon van verskillen­de vleisbeesg­enotipes met die GrowSafe-stelsel deur die LNR nagevors.

Met dié stelsel kan beeste se voerinname en groei presies en individuee­l gemeet word om vas te stel watter tyd van die dag, hoeveel keer per dag en hoeveel voer elke individuel­e bees op ’n slag vreet. Navorsers kan ook die waterinnam­e van die diere monitor en onregstree­ks meet.

Hierdie navorsing sal meer lig werp op onsekerhei­d oor die uitwerking van hitte op beeste se voer- en waterinnam­e en hul groei. Dit sal ook help om te bepaal watter rasse die beste in warm toestande presteer.

Klimaatsve­randering gaan op lang termyn groot probleme vir diereprodu­ksie daarstel. Daarom word die uitwerking daarvan deur die LNR nagevors.

 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN ?? Die GrowSafe-stelsel, wat beeste se voerinname meet, is op die Landbounav­orsingsraa­d se Irene-kampus by Pretoria geïnstalle­er. Hier is me. Georgette Pyoos en prof. Michiel Scholtz by ’n rekenaar waarop die metings verskyn.
FOTO: CHARL VAN ROOYEN Die GrowSafe-stelsel, wat beeste se voerinname meet, is op die Landbounav­orsingsraa­d se Irene-kampus by Pretoria geïnstalle­er. Hier is me. Georgette Pyoos en prof. Michiel Scholtz by ’n rekenaar waarop die metings verskyn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa