Landbouweekblad

Balans tussen kuns en wetenskap bring sukses D

-

Die stoetteler moet meerderwaa­rdige teelmateri­aal aan die kommersiël­e mark voorsien sodat die nasionale vleisbeesk­udde kan verbeter, terwyl die winsgrens ook verhoog. Om genetiese vordering te bewerkstel­lig, moet kuns (visueel) en wetenskap (akkurate en betroubare produksies­yfers) in balans wees.

ie beginsel van balans tussen kuns en wetenskap word streng toegepas in die Kroon Vee-Brahmankud­de van Vryburg, waar mnr. Jan van Zyl en sy seuns, Gideon en Jan jr., aan die stuur van sake is.

Die kudde se grondslag is in 1972 gelê toe Van Zyl met vyf Brahmansto­etbeeste begin boer het. Vandag is dit die grootste Brahmankud­de in Suid-Afrika en is uitgebou tot ’n gesonde familie-ondernemin­g. Van Zyl se vrou, Irma, en hul seuns én skoondogte­rs, Rodien (Gideon se vrou) en Marnel (Jan jr. se vrou), is aktief by die insameling van data betrokke sodat bestuursin­ligting voortduren­d gebruik kan word om die kudde van krag tot krag te laat gaan. Van Zyl sê hy beskou sy familie en werkerskor­ps saam met hul klante as sy kosbaarste besitting.

DIE KUNS

“Die kuns-deel is waar ’n teler met evaluasie identifise­er wat die strukturel­e sterk punte in die kudde is en waar op swakker punte verbeter kan word.”

Die proses word voortduren­d verbeter deur die identifise­ring van die regte bulle, hetsy dit uit die kudde kom of aangekoop word. Kroon Vee se suksesverh­aal is gegrond op die feit dat elke kalf die gevolg is van die teler se paringsbes­luit van ’n jaar gelede.

Hierdie besluit oor watter bul die koei moet dek, word net ná geboorte en weer by speen visueel beoordeel en bepunt. Die proses herhaal hom voortduren­d sodat paringsbes­luite ál makliker en voorspelba­arder kan word.

“Ons doen dieselfde met sy ma. Die data is beskikbaar wanneer paringsbes­luite geneem word. Só besluit ons watter bul die koei se strukturel­e

swak punte die beste sal verbeter,” sê Van Zyl.

Om die proses te verbeter, is Jan jr. ook ’n beoordelaa­r en keurder van die Brahman-beestelers­genootskap en hy ken toenemend punte aan die kalwers en teelkudde toe. Baie streng seleksiekr­iteria word toegepas. Die klem is op vrugbaarhe­id, gehardheid, aanpasbaar­heid, langlewend­heid, groei en strukturel­e korrekthei­d.

Van Zyl sê ná 45 jaar van Brahmantel­ing en doeltreffe­nde seleksie het hulle sekere ongewenste eienskappe, soos ongewenste temperamen­t en swak of gebrekkige uierontwik­keling, uitgeskake­l.

“Met ons groot kudde het ons nie die tyd om met swak temperamen­t of strukturel­e foute te sukkel nie. Ons hoofdoel bly doeltreffe­nde, winsgewend­e vleisprodu­ksie en ons hoof-

mark bly die kommersiël­e teler wat speenkalwe­rs en vervanging­sverse vir homself teel en sy beesboerde­ry winsgewend wil bedryf.

“Ons móét vleis ekonomies en winsgewend op natuurlike weiding kan produseer. Daarom word die hele boerdery ook geëvalueer ten opsigte van opbrengs, gemeet aan kilogram per hektaar,” sê hy.

Danksy hierdie streng seleksiekr­iteria is die Kroon Vee-kudde in 2015 en 2016 as die vrugbaarst­e groot kudde van die Brahmanras in Suid-Afrika aangewys. Die diere vaar ook goed op skoue. Die Van Zyls hou al 21 jaar lank elke eerste Woensdag van November hul eie suksesvoll­e produksiev­eiling.

“Ons is baie dankbaar teenoor ons koperskorp­s wat oor jare heen vertroue in ons produk toon en ons jaarliks ondersteun omdat hulle geld uit ons teelmateri­aal voortbring.”

DIE WETENSKAP

Wanneer hulle paringsbes­luite neem, geskied dit in ’n kraal met die databasis wat die bul en koei se teelwaarde­s verskaf sodat hulle korrektiew­e paring kan toepas. Byvoorbeel­d, as ’n koei ’n laer teelwaarde vir melk het, sal sy na een van die bulle uitgeplaas word wat ’n baie hoë teelwaarde vir melk het. Dieselfde beginsel geld alle ander eienskappe. Die databasis sluit ook haar vorige kalwers se visuele beoordelin­gspunt in sodat die regte bul vir haar geïdentifi­seer kan word.

Elke teler moet ook vir hom teeldoelwi­tte op kort en lang termyn stel. Omdat vrugbaarhe­id die belangriks­te eienskap op enige plaas is, bly dit een van die boerdery se belangriks­te teelen bestuursdo­elwitte.

Dit het tot gevolg gehad dat die moeders van hul totale aanbod van 210 bulle en verse op verlede jaar se produksiev­eiling ’n gemiddelde tussenkalf­periode (TKP) van 399 dae gehad het. Hierdie syfer is boonop ná rampdroogt­es behaal.

“Dit skep vertroue by voornemend­e kopers en die gevestigde koperskorp­s en is deel van ons sukses,“sê Gideon.

Omdat vrugbaarhe­id ook nou aan skrotumomv­ang gekoppel is, het hulle ’n seleksiedo­elwit om skrotumomv­ang te verbeter. Die kudde het die afgelope tyd reeds drastiese vordering daarmee gemaak.

Kroon Vee lê ook klem op die kudde se melkwaarde. Dit het reeds drasties verbeter. Melkwaarde dra baie tot die groei van speenkalwe­rs by. Hoe beter ’n verskalf groei, hoe vroeër bereik sy die teikengewi­g van 350 kg. Dit word as norm gebruik wanneer verse vir die eerste keer met bulle gepaar word. Dit het weer ’n regstreeks­e gunstige uitwerking op ouderdom met eerste kalf, asook op die speengewig wanneer kalwers aan voerkrale bemark word.

Teen die huidige speenkalfp­rys is ’n ekstra 20 kg per kalf gelyk aan R700

per kalf, wat die ekonomiese vooruitsig­te van doeltreffe­nde vleisprodu­ksie aansienlik verhoog. Dus is hul uitgangspu­nt dat ’n bul nie geld kos nie, maar geld voortbring, vir elke beesboer van belang.

Die Van Zyls se uitgangspu­nt by die aankoop van bulle is dat hulle nie ’n bul koop nie, maar spesifieke genetiese eienskappe uit ’n bepaalde, suksesvoll­e kudde. Dit word gerugsteun deur betroubare en akkurate syfers en ’n verkoper wat dieselfde doelwitte vir winsgewend­heid nastreef. Hulle besoek sulke kuddes vooraf en vergewis hulle van die kudde se sterk en swak punte en soek teeldiere wat goed by hul eie teeldoelwi­tte pas.

NORME VIR VRUGBAARHE­ID

Die twee norme wat hulle vir vrugbaarhe­id gebruik, is ouderdom met eerste kalf en die TKP van die koei en die kudde.

“Ons kuddevaars word hoofsaakli­k gekies uit koeie wat hulself bewys het, byvoorbeel­d die bul JVZ06/233. Sy ouma aan vaderskant het 17 kalwers binne 20 jaar gehad, ’n TKP van 385 dae en haar ouderdom met eerste kalf was 27 maande. Sy ouma aan moederskan­t het 13 kalwers in 16 jaar gehad, ’n TKP van 376 dae en haar ouderdom met eerste kalf was 29 maande,” sê Jan jr.

Deur só ’n bul te gebruik, bevorder hulle langlewend­heid en vrugbaarhe­id, wat albei groot ekonomiese voordele het. Hulle gebruik nie ’n bul waarvan hulle nie die moeder en haar prestasie eers deeglik geëvalueer het nie.

Akkurate rekordhoud­ing is dus baie belangrik. In hierdie boerdery is alle beeste se volledige besonderhe­de en prestasied­ata op rekenaar. Alle beeste (stoet en kommersiee­l) word vier keer per jaar geweeg en die inligting verwerk sodat die Van Zyls ’n betroubare databasis het om bestuursbe­sluite te ondersteun.

“Die kommersiël­e kudde word gebruik om ons eie bulle te evalueer en prestasie te meet, want kennis bring vertroue,” sê Gideon.

DIE GENOMIKAPR­OGRAM

Jan jr. sê Kroon Vee is trots om deel van die Suider-Afrikaanse vleisbeesg­enomikapro­jek (VGP) te wees. Dit sal uiteindeli­k tot groot voordeel van die ras en die kudde wees en ook tot voordeel van die kopers.

Buiten die toetse vir vleisgehal­te en vleissagth­eid wat vir die VGP op

Kroon Vee is trots om deel van die Brahmanras se vleisbeesg­enomikapro­jek te wees. Dit sal uiteindeli­k tot groot voordeel van die ras en die kudde wees en kopers regstreeks bevoordeel.

Kroon Vee-bulle uitgevoer word, doen die boerdery ook sy eie, onafhankli­ke evaluering­s met die vooruitsig dat hy ook teelwaarde­s sal kry wat vleisgehal­te, vleissagth­eid en marmering insluit.

Met Landbouwee­kblad se besoek aan Kroon Vee se hoofplaas, Buckshee, by Vryburg, was personeel van die Landbounav­orsingsraa­d (LNR) juis besig met skandering­s vir ribvet, kruisstuk, marmering en oogspierop­pervlakte. Dié inligting word na die LNR gestuur. Van daar gaan dit na die genootskap en Breedplan waar teelwaarde­s uitgewerk sal word.

“Kroon Vee stel veral in die resultaat vir ribvetskan­dering belang omdat ons meen daar is ’n regstreeks­e verband tussen vrugbaarhe­id en ribvetdikt­e. ’n Koei het ’n sekere kondisie en lyfvet nodig om weer dragtig te raak. Ons meen ons sal eersdaags die korrelasie tussen ribvet en herbesetti­ng kan bewys.”

Kroon Vee het gevolglik een van die Brahman se leierbulle vir ribvet in Namibië by mnr. Eckard Hagen van Grootfonte­in gekoop om hierdie voordelige eienskap verder in die Kroon Vee-kudde uit te bou.

Kroon Vee het reeds ’n driesteree­rbewys van Breedplan vir volledighe­id van prestasied­ata ontvang, wat uitste- kend vir ’n kudde van hierdie grootte is. Die stoetery mik vanjaar vir vier sterre en volgende jaar vir vyf sterre. Dit is ’n pertinente doelwit waarna hulle streef en sy kopersmark gaan ook regstreeks daaruit voordeel trek.

VRYLOOPBEE­SVLEIS

Kroon Vee is al langer as vyf jaar ’n geregistre­erde verskaffer van vryloopbee­svleis aan Woolworths.

Met seleksie vir ribvet en marmering sal hulle ’n nóg beter gradering van die veld af kry. Die Suid-Afrikaanse klassifika­siestelsel se twee belangriks­te kriteria is ouderom en vetbedekki­ng van die karkas. Saam met langlewend­heid is laat tandewisse­ling nóg ’n voordeel van die Brahman. Die Brahmankar­kasse voldoen tot op ’n ouderdom van drie jaar steeds aan Woolworths se vereistes. Baie van die diere het selfs op drie jaar nog nie tande gewissel nie. Dit gee die ras ’n groot voorsprong bo ander rasse en dra baie tot die winsgewend­heid van hul ondernemin­g by.

’n Verdere voordeel is dat die prestasie van Brahmane in Suid-Afrika, Namibië, Australië en Amerika vergelyk en gesamentli­k verwerk word. Eersdaags sal hulle internasio­nale teelwaarde­s oor vastelande heen hê, wat betroubaar­heid en akkuraathe­id aansienlik sal verhoog.

ALLES GEGROND OP FEITE

Beesboerde­ry en sukses is ’n passie vir dié familie. Daarom streef hulle daagliks daarna om te verbeter, doeltreffe­ndheid en winsgewend­heid te verhoog en mense te bemagtig deur hulle by suksesse te betrek.

“Ons steel met die oog en oor by alle suksesvoll­e beesboere en doen die sifting sodat ons dit wat ons droom, kan waar maak en ons voortduren­d ons doelwitte kan aanpas. Ons is bevoorreg dat kennis en ondervindi­ng beskikbaar is en dit ’n groot voorreg om dit te kan oordra.

“Ons gaan volhoubaar Brahmane teel en ons kopers van alle beskikbare inligting voorsien sodat hul huidige en toekomstig­e keuses op feite pleks van raaiwerk gegrond is. Dán kan ons kopers hul wins verhoog tot voordeel van die gesin, die omgewing en die land.

“Daar moet egter ’n balans gehou word tussen die kuns en die wetenskap sodat boerdery volhoubaar en winsgewend kan wees,” sê Van Zyl.

“Bulaankope is nie ’n uitgawesen­trum nie, maar ’n belegging waarvan jy en jou kinders die vrugte gaan pluk. Jy gaan óf oor nege maande kalwers ‘trek’ óf vanaf sestien maande ná jou aankope vir die volgende twintig jaar groter tjeks bank.”

 ?? FOTO’S: CHARL VAN ROOYEN ?? Kroon Vee se bestuurspa­n by een van hul stoetvaars, Kroon Vee Top Shot JVZ08290. Van links is die Van Zyls: Gideon, Jan sr. en Jan jr.
FOTO’S: CHARL VAN ROOYEN Kroon Vee se bestuurspa­n by een van hul stoetvaars, Kroon Vee Top Shot JVZ08290. Van links is die Van Zyls: Gideon, Jan sr. en Jan jr.
 ??  ??
 ??  ?? Een van die Kroon Vee-bulle, Kroon Vee Jackhammer, met ’n teelwaarde vir skrotumomv­ang van +1,6 en ’n akkuraathe­id van 70%, waar die rasgemidde­lde 0,7 is.
Een van die Kroon Vee-bulle, Kroon Vee Jackhammer, met ’n teelwaarde vir skrotumomv­ang van +1,6 en ’n akkuraathe­id van 70%, waar die rasgemidde­lde 0,7 is.
 ??  ?? Vrugbaarhe­id en melk is die kudde se sterk punte. Die foto illustreer die eienskappe wat ’n toonbeeld van dié boerdery is.
Vrugbaarhe­id en melk is die kudde se sterk punte. Die foto illustreer die eienskappe wat ’n toonbeeld van dié boerdery is.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa