Landbouweekblad

Telers kry voorsprong met genomikapr­ojek

Genetiese voorspelba­arheid en erfdwang, gekoppel aan beraamde teelwaarde­s, is die hoof seleksiekr­iteria waarmee telers hul kuddes en die Brahmanras kan verbeter. Daarvoor is moderne tegnologie nodig.

-

Hierdie vyfde bylae van die Brahma n bees telersgeno­otskap bekyk dié beesrasse posisie aan die voorpunt van moderne tegnologie. Die genootskap en sy lede staan reeds sedert die begin van die vleis bees gen o mika projek (VGP) bankvas agter die oogmerk om tegnologie ten bate van die ras in te span. Lees meer daaroor in dié uitgawe wat uitwei oor verskeie aspekte en praktiese ervaring van telers wat deel is van dié projek.

“Die teler moet sy bestuur opknap om sy doelwitte te bereik. Die belangriks­te dag in sy lewe is wanneer hy die semen in die koei plaas. As hy daardie dag die verkeerde bul gebruik, verloor hy drie jaar. Die koei gaan ’n jaar nodig hê om weer te kalf en dit gaan

nóg twee jaar wees voor die teler van sy foute ontslae geraak het,” sê mnr. Llewellyn Labuschagn­e van R10 Brahmane by Letsitele in Limpopo.

Lees meer oor wat hy en ander toptelers doen om hul teelkuddes te onderskei.

GENOMIKAPR­OJEK

Die VGP het in 2012 op ’n vergaderin­g van die Landbou navorsings­raad in Pretoria ontstaan. Die Brahma n-telersgeno­otskappe van Suid-Afrika en Namibië het van die begin af besluit om saam aan die projek deel te neem. Die eerste fase van die projek is in April 2015 van stapel gestuur en het op 31 Maart vanjaar ten einde geloop.

In hierdie drie jaar is honderde bulle aan genotiperi­ng onderwerp en vir netto voerinname geëvalueer. Karkasmons­ters is vir

die meet van vleisgehal­te ingedien.

Selfs in hierdie kort tydperk is daar reeds ’n groot verbeterin­g in die akkuraathe­id van die teelwaarde­s van bulle wat as koppelbull­e binne die projek gebruik word (bulle wat uitgeruil, verkoop en tussen die VGP-kuddes gebruik word).

“Die belangrikh­eid van vleiseiens­kappe het beslis veroorsaak dat stoetteler­s ernstiger na teelwaarde­s vir karkaseien­skappe kyk wanneer hulle nuwe teelbulle vir hul kuddes aankoop.

“Bulle met goeie teelwaarde­s én goeie karkas eienskap teelwaarde­s en wat afkomstig is uit kudde swaar groot klem op seleksie vir karkas eienskappe gelê word, het die afgelope jare goeie pryse behaal,” sê mnr. Jacque Els, bestuurder van die Namibiese Stoet telersvere­niging.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa