‘Genomika is nou die gonswoord’
Brahmantelers in Suider-Afrika behoort met toewyding aandag te gee aan ontwikkelings op die gebied van genomika sodat hulle nie agter raak by die vordering wat telers in die topvleisproduserende lande maak nie.
Tegnologiese ontwikkeling is die gebruik van wetenskaplike navorsingsresultate—in hierdie geval spesifiek genetiese beginsels waarmee die afgelope dekade reusevordering gemaak is. As telersgenootskap en teler is die ideaal om dié tegnologiese ontwikkelinge so gou moontlik deel te maak van jou teelbeleid en strategie om aan die voorpunt van ontwikkeling te wees en ’n mededingende voordeel te hê.
Só sê mnr. Mecki Schneider, voorsitter van die Internasionale Brahma n ras bevorderings forum. Hy is ook die voorsitter van die Suider-Afrikaanse Brahma n-ras bevorderings forum en eienaar van die Brahmanstoetery Okabra in Namibië.
“Genomika is vandag die gonswoord in teling. Die vraag aan ’n teler is: Is jy reg vir die volgende revolusie in diereteelt; dus om genomika deel van die teelbeleid en -doelwitte te maak?”
RASBEVORDERING
“Ons as Suider-Afrikaanse Brahma n telersgenootskap is sterk betrokke by die vleis bees gen o mika projek( V G P) van die Lewendehawe Registrerende Federasie (LRF), waarvan die eerste fase nou ná drie jaar geëindig het. Dit het ’n begroting van R10 miljoen per jaar vir alle beesrasse gehad, wat deur die Tegnologie-innovering s agentskap (TIA) gefinansier is. Nou staan ons aan die vooraand van die tweede fase van die VGP,” sê Schneider.
Meer as drie jaar gelede het lede van telersgenootskappe die kans gekry om deel te neem. Sowat 25 Brahmantelers van Suid-Afrika en Namibië het hulle skriftelik verbind tot die projek en om uiteindelik rekenskap van die resultate van die projek te gee. Die bedrywighede word deur die Suider-Afrikaanse Brahma n-ras bevorderings forum gekoördineer. Die forum bestaan uit raadslede en personeel van Suid-Afrika en Namibië se Brahma n-telersgenootskappe, asook wetenskaplikes.
Die Brahma n-ras bevorderings forum het kennis ingewin oor hoe ander lande (veral Australië en Amerika) soortgelyke projekte gestruktureer het. Die huidige VGP sluit die beste fasette in met plaaslike toestande ag geneem. Daarmee is die Suider-Afrikaanse Brahmanbedryf aan die voorpunt van tegnologiese ontwikkeling.
KUDDE-AANTEKENING
In die eerste fase van die VGP is hoofsaaklik op totale kudde-aantekening klem gelê. Alles word dus deeglik gemeet. Dit sluit alle moontlike fenotipiese eienskappe in en nie net die groei van ’n dier nie. Vir Brahmantelers wat Breedplan as prestasietoets-evaluasie gebruik, is volledigheid van prestasie-aantekening, waarvoor jaarliks pryse gegee word, die maatstaf.
Wat Brahmane betref, is punte vir twee bykomende eienskappe met speentyd gegee, naamlik skede/naelvel van speenkalwers en temperament (makheid van kalwers). Data oor dae tot kalf is ook die afgelope jaar op grootskaal as deel van die maandelikse prestasietoets ontledings ingedien, met die gevolg dat teelwaardes vir dae tot kalf en temperament nou beskikbaar gestel word.
Schneider sê ondanks die druk om soveel stoetdiere moontlik so vinnig moontlik te genotipeer, was die raad van genetici dat dit uiters noodsaaklik is dat goeie fenotipiese data van gegenotipeerde diere beskikbaar moet wees. Dit is om die maksimum voordeel op lang termyn te verkry. Dit geld nie net die gewone groeidata nie, maar veral die moeilik meetbare eienskappe, soos vrugbaarheid, netto voerinname en vleisgehalte.
Die tweede belangrike punt wat die afgelope drie jaar in ag geneem is, is om nie al die beskikbare geld net op genotipering te bestee nie. Kundiges se voorspelling dat die prys van genotipering drasties gaan daal, was in die kol. Vandag kan genotipering teen ’n tiende van die koste gedoen word vergeleke met ’n paar jaar gelede.
“Wat’ n wyse besluit. Dit het’ n besparing van miljoene rande meegebring wat vandag baie meer kostedoeltreffend aangewend kan word ter bevordering van die ras,” sê Schneider.
Die derde belangrike aspek waarop deeglik klem gelê is, was om kontemporêre groepe goed te definieer en om verskeie koppelbulle oor kuddes heen te gebruik (ook deur kunsmatige inseminasie). Bulle is selfs uitgeruil om die koppelings tussen kuddes te versterk ten einde teelwaardes met baie beter akkuraatheid te verkry.
NETTO VOERINNAME
Die toetsing van netto voerinname (NVI), die evaluering van vleisgehalte nadat diere geslag is en die ontleding van vleismonsters deur vleiskundiges by die Landbou navorsingsraad( L NR) is gedurende die eerste fase deur die VGP gesubsidieer.
Genoeg goeie data is vir NVI ingewin. In die Brahmanbedryf word hard gewerk sodat daar moontlik al vanjaar ’n teelwaarde vir NVI deur Breedplan beskikbaar gestel kan word. Daarvoor word data van sowat 1 600 Brahmane wat reeds ingesamel is, verwerk om teelwaardes beskikbaar te stel. Dit op sigself sal ’n eerste vir enige ras wees en kan in die toekoms ’n enorme bydrae lewer tot die optimale benutting van weiding en voerverbruik in voerkrale, sê hy.
Schneider en mnr. Ebbi Fischer van Hochfeld het hul eie NVI-toetsstasie (GenTecSol) opgerig om aan die voorpunt van hierdie tegnologie te bly.
Vleisgehalte is nog ’n belangrike aspek vir ’n beesras om die beste nisvleismarkte te kan benut. Die LNR se laboratorium het die eerste resultate oor vleisgehalte beskikbaar gestel.
“Die Brahmantelers sal in die toekoms strategies moet besin oor die gebruik van stoetbulle wat beter vleisgehalte oplewer. Tans word daaraan gewerk om meer data in te win deur die kommersiële slag van beeste met bekende Brahmanvaars,” sê Schneider.
Op beperkte skaal is ook aandag aan genotipering gegee. Sowel die Suid-Afrikaanse as Namibiese Brahma n-telersgenootskappe het self R300 000 beskikbaar gestel om die genotipering van invloedryke diere in die ras met ’n 50k-SNP te genotipeer.
TWEEDE PROJEK
Mnr. Thys Meyer, VGP-koödineerder, het met verrykende kennis vanaf die vierjaarlikse internasionale genomika-konferensie in Februarie vanjaar in Nieu-Seeland teruggekeer. Hy het met internasionale vervaardigers van SNP-panele onderhandel om ’n lae prys vir SNP-toetse te beding indien genoeg genotiperings per jaar gedoen word. Dit vorm deel van die tweede fase van die VGP-projek.
Schneider sê deur beplanning saam met Suid-Afrikaanse genetici en Australiese kundiges word daarna gestreef om genoeg SNP-data teen die tweede helfte van die jaar vir die Suider-Afrikaanse Brahmanras beskikbaar te hê om ’n groot genoeg genomiese verwysingsbevolking te hê.
Dit sal die eerste enkelgeenmer-kerprestasietoetsevaluasie vir Suider-Afrikaanse Brahmane ’n werklikheid kan maak.
Dit beteken alle stamboom-, fenotipiese en genotipiese data word in een verwerking gebruik om genomiese ondersteunde teelwaardes (GEBV’s) te verkry. Die voordeel is dat die akkuraatheid van teelwaardes vir moeilik meetbare eienskappe verhoog kan word.
Vir die gewone groeiteelwaardes bied GEBV egter min voordele.
KOSTEDOELTREFFEND
“Ons as Brahmantelers beraam planne om die genotiperingsprojek op die kostedoeltreffendste manier saam te stel. Vir Bos indicus-rasse is ’n spesiale 35k-SNP-paneel beskikbaar wat internasionaal gebruik word en doeltreffend is. Ondersoeke is aan die gang om te bepaal of dié SNP-paneel meer geskik is vir ons ontledings.
“Alle huidige genotiperingsdata word aan ’n proses onderwerp om die gehalte van die data te bepaal, met ander woorde of dit goed genoeg is om doeltreffend gebruik te word.”
Alle stoetvaars van VPG-deelnemers is met verskillende SNP-digthede gegenotipeer. Die genotipering van nuwe stoetvaars gaan as eerste stap voortgesit word.
As tweede stap gaan alle invloedryke, vroulike diere geïdentifiseer en gegenotipeer word.
As derde stap gaan alle nuwe nageslag (manlike en vroulike kalwers) aandag kry.
Só word verseker dat die genomiese verwysingsbevolking verbreed en versterk word. Die genotipering van elke dier word sterk deur volledige, goeie fenotipiese data ondersteun. Dit is dus ’n aanhoudende proses om goeie fenotipiese data te meet en te verwerk.
VORDERING VERSNEL
Enkelgeenmerker-prestasietoets-evaluasie gaan die genetiese vordering versnel. Dit is veral omdat meer diere met meer eienskappe (soos die moeilik meetbare eienskappe danksy genomiese inligting) teen ’n veel jonger ouderdom (as kalf) met beter akkuraatheid geëvalueer kan word. Dit geld veral diere wat nog geen nageslaghetnie.
Die Internasionale Brahman-rasbe-vorderingsforum het volgens Schneider in beginsel besluit om genomiese inligting tussen lande uit te ruil en beskikbaar te stel om koste te bespaar sodat elke land nie dieselfde navorsing hoeftedoennie.
Semen van geselekteerde Brahmanbulle in Australië wat deur die twee rasgenootskappe geïdentifiseer is (drie wit bulle en ’n rooi bul) om beter koppeling tussen die lande te bewerkstellig, is ’n jaar gelede ingevoer. Dié bulle word ook in hul projek gebruik.
“Ons het al voorheen internasionale genetiese evaluasie tussen vier lande gedoen. Maar vanweë die internasionale ontwikkelinge en nuwe vrugbaarheidseienskappe wat die Australiërs toegepas het, gaan ons eers klem lê op ’n eie Suider-Afrikaanse enkelgeenmerker-evaluasie vir Brahmane. Dit sal ons eie genomiese data insluit voordat ons as tweede stap met ’n internasionale enkelgeenmerker-evaluasie begin.
“Ons as Brahmantelers gaan ook ondersoek instel na hoe ons semengehalte as ’n eienskap in prestasietoetsing kan gebruik en evalueer. Drie vrugbaarheidseienskappe word tans gebruik: Dae tot kalf, lengte van dragtigheid en skrotumomtrek (wat met vrugbaarheid gekorreleer is).
“’n Semengehalte-maatstaf sal nog ’n belangrike vrugbaarheidseienskap wees,” sê Schneider.