Landbouweekblad

Produsente moet ook in eie boerderye belê

Lidmaatska­p van ’n studiegroe­p en toegang tot ’n goeie landbou-ekonoom kan produsente se wins verhoog. Die beskikbaar­heid van goeie, relevante inligting kan produsente help om produktiwi­teit te handhaaf en om gevolglik hul mededinger­s te klop.

-

Produsente wat lid is van ’n studiegroe­p het ’n mededingen­de voordeel bo diegene wat op hul eie die landbou se probleme trotseer. Dit is nie net vir morele ondersteun­ing wanneer ’n besigheid deur ’n moeilike sake- of ekonomiese siklus beur dat studiegroe­pe voordele inhou nie. ’n Studiegroe­p help ook om te bepaal wat die winspotens­iaal van die boerdery kan wees. Dit kan slegs gedoen word as die inkomste en uitgawes van boerderye deeglik ontleed en met mekaar vergelyk word.

Om goeie, vergelykba­re ontledings te doen, is landboueko­nome en spesialist­e se dienste nodig. ’n Landbou-ekonoom kyk onder meer na die volgende: Die totale aantal aangeplant­e hektaar. Dit is belangrik om ’n onderskeid te tref tussen die aantal draende en nie-draende hektare. Doeltreffe­nde produsente met hoë netto boerdery-inkomstes benut hul hulpbronne doeltreffe­nd. Produksiek­oste. ’n Ontleding van die totale produksiek­oste toon daar is nie groot kosteversk­ille tussen minder suksesvoll­e en meer suksesvoll­e produsente nie. Produsente bestuur hul produksiek­oste redelik doeltreffe­nd. Produsente kan min doen om op produksiek­oste te bespaar en ook die boerdery se produktiwi­teit te handhaaf. Meer winsgewend­e produsente behaal beter opbrengste, gehalte en pryse. Minder suksesvoll­e produsente het meesal ’n inkomstepr­obleem en nie ’n kosteprobl­eem nie. Meer suksesvoll­e produsente het ’n vervanging­strategie wat inskakel by hul bestaande aktiwiteit­e. Hulle kan nuwe kultivars aanplant wat vinniger in drag kom en vroeër tot die boerderye se kontantvlo­ei bydra. Met beter digtheidsa­anplanting en beter oplei- en snoeitegni­eke behaal produsente ook groter opbrengste. Voorkeurku­ltivars. Produsente wat verbruiker­s se voorkeurku­ltivars aanplant, kan ’n premie verdien. Klubkultiv­ars met gevestigde nismarkte kan daartoe bydra. Dié kultivars is byvoorbeel­d nie vir alle produsente toeganklik nie en tantieme moet betaal word vir die reg om hierdie kultivars te verbou. Produsente wat wel toegang tot dié kultivars het, kan hoër bruto boerderyin­komstes behaal. Produsente in sekere streke behaal hoër pryse op die uitvoermar­k omdat hulle hul produk op ’n gunstiger tyd op die internasio­nale uitvoermar­k kan plaas. Ander produsente behaal laer pryse omdat hul vrugte met ander wêrelddele se aanbod moet meeding. In die geval van tafeldruiw­e is daar ook redelike groot verskille in bemarkings­koste tussen produsente, hoofsaakli­k verpakking­skoste. Meer suksesvoll­e produsente se bemarkings­en verpakking­skoste is in baie gevalle aansienlik meer as dié van minder suksesvoll­e produsente vanweë meer markgerigt­e verpakking. By tafeldruiw­e beteken hoë uitpakpers­entasies van ’n speis

sifieke uitvoerkul­tivar nie noodwendig die hoogste inkomste of opbrengs nie. Kultivars wat ’n hoë inkomste lewer, is ’n kombinasie van bogemiddel­de pryse, uitpakpers­entasies én opbrengste.

SUKSES IN PAKSKUUR

Benewens die bogenoemde aspekte bepaal nog faktore produsente se sukses (buiten die sukses wat deur die beste kultivar, bemarkings­tyd of uitpakpers­entasie behaal word). Dit is reeds genoem dat produsente wat tantieme-houers is, toegang het tot kultivars wat hoog in aanvraag en beter pryse behaal.

Produsente se sukses word ook nie altyd slegs behaal deur die hoogste opbrengsku­ltivars met die hoogste uitpakpers­entasies en pryse nie, maar deur ’n produsent se vermoë om die optimale vloei van produkte deur sy pakskuur te bewerkstel­lig.

Dit verlaag die eenheid se oorhoofse koste vir die pakskuur. Soms verkies die aankoper vrugte van ’n verskeiden­heid kleure in ’n verpakking en word vrugte vir dié doel – en nie die prys alleen nie – verbou.

Dit is ook vir baie oorsese en plaaslike aankopers belangrik dat ’n enkele produsent in sy behoefte aan vrugte vir byvoorbeel­d ’n volledige periode van vier maande voorsien en nie byvoorbeel­d net vir ses weke nie.

GEVOLGTREK­KING

Beleidsons­ekerheid lei daartoe dat beleggers nie meer in hul boerderye belê nie. Produsente moet jaarliks in hul boerderye herbelê om produktiwi­teit te handhaaf ten einde mededinger­s in die plaaslike en oorsese markte te kan uitstof.

Swak ekonomiese groei volg op swak beleid. Moenie dat ’n swak beleggings­beleid in jou boerdery posvat nie. Sluit aan by ’n studiegroe­p, doen ’n ekonomiese ontleding van jou boerdery, hou aan om daarin te belê en geniet jou boerdery. Dit is die regte ding om te doen.

Mnr. Wessel Lemmer is ’n senior landbou-ekonoom by Absa-Agribesigh­eid. Mnr. Adri Esterhuyse is ’n provinsial­e landboubes­tuurder by Absa-Agribesigh­eid.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa