Landbouweekblad

Grondontei­ening het nóg risiko’s

Suid-Afrikaanse boere wil dalk weens omstandigh­ede die land so gou moontlik verlaat. Maar voor jy net oppak en trek, maak seker jou testament en boedelbepl­anning sal in jou nuwe land geldig en uitvoerbaa­r wees.

-

Daar is waarskynli­k nie ’n boer in Suid-Afrika wat nie terdeë bewus is van die dreigende tameletjie ten opsigte van moontlike grondontei­ening sonder vergoeding nie.

Elkeen met ’n halwe politieke agenda had mos al ’n eiertjie daaroor te lê, en bitter min daarvan is daarop gemik om boere gerus te stel. Om die waarheid te sê, die vrees wat daardeur geskep word, wil baie boere die hasepad laat kies, as ’t ware op soek na groener weivelde.

Na my mening gaan daar nog baie water in die see moet loop voor ons uitsluitse­l daaroor sal hê. Waaraan ek ook dink, is dat dit vir diegene wat landuit wil gaan om elders te gaan boer, ’n nuwe werklikhei­d skep wat hul boedel- en finansiële beplanning betref.

Die grondslag van enige finansiële beplanning, of dan boedelbepl­anning as jy wil, is risiko. Jy moet beplan vir die risiko’s omdat jy nie altyd oor alles beheer het nie.

Ter wille van die boere wat oorweeg om aan die nuwe “groot trek” deel te neem, kyk ek in hierdie uitgawe na enkele risiko’s wat ’n langtermyn­gevolg vir jou finansiële beplanning en naasbestaa­ndes kan hê.

SOVEEL LANDE, SOVEEL REËLS

Jy boer. Jy is die broodwinne­r. Jou gesin ry saam. Jy het ’n langtermyn­plan en droom van ’n nuwe toekoms in ’n nuwe land. Jy koop grond daar en doen wat jy goed doen. Jy boer dat die rook draai.

Maar ’n jaar of wat later word jy met ’n pyn wakker en jou grootste vrees word bewaarheid. Dit kan kanker of ’n hartaanval wees, of enige ander gevreesde siekte wat jou keer om verder te boer. Die hele gesin se inkomstest­room word kortgeknip, en dit boonop in ’n vreemde land. Die gesin se hele ondersteun­ingsnetwer­k sit in Suid-Afrika. Wat nou? Verkoop en terugtrek?

Of julle sit daar anderkant en jy word een oggend nie wakker nie. Waarheen dan met jou geliefdes? Sal hulle daar sonder jou kan oorleef? Moet hulle oppak en “huis toe” kom? Na wat toe?

Ek sê nie moenie ander opsies oorweeg nie. Ek sê doen dit met oop oë. Vra eers die “wat as?”-vrae.

As jy die hoof- of alleenbron van inkomste is, het jy versekerin­g wat vir jou gesin sal sorg as jyself nie meer kan nie? Veral as hulle in ’n vreemde land sit?

Maak ook seker jy is bewus van die finan- siële gevolge as jy wel in die nuwe land sterf. Kyk dan veral na jou testament. Nie alle lande het die testeervry­heid van Suid-Afrika nie. Kortom, jou boedelplan kan aan ander maatstawwe gemeet word, wat bemakings tot niet kan maak.

Boedelbela­sting in Suid-Afrika is 20% (25% op die deel bó R30 miljoen) ná die kwytskeldi­ng van R3,5 miljoen. In sommige lande is dit tot 40% én die kwytskeldi­ngs geld nie daar nie.

En, onthou, as jy gemeen het jy bemaak alles aan jou gade en dat dit afgetrek kan word voor die boedelbela­sting bereken word – dit geld in Suid-Afrika, maar nie oral nie. Maar meer nog, in sekere lande kán jy eenvoudig nie al jou bates aan ’n gade bemaak nie. In sekere lande is jy volgens wet verplig om ’n groot deel aan jou kinders te bemaak – in sekere gevalle tot 75%. Dink daaroor.

Dink dat bates dalk verkoop sal moet word om belastings te betaal, wat kan beteken dat kontant-erfgename hul erfporsie inboet. Dit kan ook veroorsaak dat jou testament nie uitvoerbaa­r is nie, in welke geval ’n groot deel van jou boedel intestaat vererf. Dit kan uiteraard tot gevolg hê dat mense van jou kan erf wat jy nooit in gedagte had nie.

My voorstel is dat jy ’n afsonderli­ke testament opstel vir elke land waar jy bates het. Let gerus op die klousule waarin jy vorige testamente herroep. Jy wil nie in dié geval noodwendig “alle” testamente herroep nie.

Vra ’n spesialis in internasio­nele boedelbepl­anning om jou by te staan in jou besluit en om die nodige reëlings te tref.

Nico van Gijsen is lid van Fisa en besturende direkteur van Finlac, ’n onafhankli­ke finansiële­risiko-bestuursma­atskappy.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa