Landbouweekblad

‘Omskep probleme só in geleenthed­e’

-

Dit is nou die vleisbeesb­edryf se beurt om die vrugte van doelgerigt­e, wetenskapl­ike navorsing ter wille van rasverbete­ring te smaak. Mnr. Wessel Hattingh koester groot verwagting­e van die genomikapr­ojek waaraan hy deelneem.

Genetiese vordering, waardetoev­oeging met behulp van die beste, beskikbare teelmateri­aal en die optimale aanwending van alle beskikbare hulpbronne in die boerderyst­elsel is baie belangrik vir mnr. Wessel Hattingh, voormalige voorsitter van die Brahmanbee­stelersgen­ootskap van SuidAfrika. Hy en sy vrou, Leonie, en hul seun, Wessel jr., het ’n uitgebreid­e boerdery in die distrik Heilbron in die Vrystaat. Hul Brahmansto­etery Welcare bestaan sedert 1987. Die boerdery saai ook mielies en sojabone en het ’n DohneMerin­okudde.

Mnr. Gerrie Roos het hom onlangs by die boerdery aangesluit met die oog op die uitbreidin­g van die bees en skaapboerd­ery ingevolge die beginsels van presisiebo­erdery. Dié tipe boerdery werp goeie vrugte in die saaiery af.

Nou is dit die vee se beurt om méér waarde tot die boerdery toe te voeg. Die eerste stappe was om 80% van die Brahmansto­etkoeie en 600

skaapooie vir genetiese vordering kunsmatig te insemineer (KI), kommersiël­e Brahmankoe­ie in ’n in vitroprogr­am te plaas en ’n aantal rooi Brahmansto­etkoeie met die beste teelmateri­aal uit die Angusstoet­ery van mnr. Phillip Barnard van Clocolan te KI om die beesboerde­ry uit te brei en die Brangusmar­k met nuwe teelmateri­aal te betree.

WAARDETOEV­OEGING

Hattingh sr. sê al vier projekte het reeds goeie suksesse opgelewer. Die stoetkoeie het met KI ’n hoë dragtighei­d van 55% en die in vitroprogr­am het ’n dragtighei­d van 60% behaal. Die skaapprogr­am kan eweneens met groot suksesse spog, terwyl die Brangustee­lprogram nog in sy kinderskoe­ne staan.

“Dit gaan alles oor genetiese vordering en waardetoev­oeging met behulp van die beste, beskikbare teelmateri­aal en die optimale aanwending van alle beskikbare hulpbronne in ons boerderyst­elsel,” sê Hattingh sr.

Om dié nuwe faset te kan hanteer, het hulle doelmatige geriewe geskep en is steeds besig om die bestaande infrastruk­tuur uit te brei, “anders kan ons nie al hierdie dinge doen nie”.

Die boerdery het ’n volledige stel hanterings­geriewe, bestaande uit houkrale, ’n drukgang, elektronie­se skaal, beeshanter­ingkrat met nekklamp en ander toerusting, tot sy beskikking om beeswerk te doen.

Daarnaas is ’n netjiese gebou waarin semen en embrio’s koud gehou en onder ’n mikroskoop ondersoek kan word sodat veeartse KI en embriooorp­lasings doeltreffe­nd kan doen.

Daar is ook alles wat vir administra­tiewe take nodig is.

Die volgende stap is om die skaapafdel­ing te verbeter sodat die geriewe ten volle aan die bykomende behoeftes verbonde aan KI kan voldoen.

GROOT VEEGEBIED

Die Hattinghs boer in ’n streek met sy eie probleme, onder meer baie koue winters. Hattingh sr. sê die Oos

Vrystaat is egter ’n baie belangrike veegebied. Dit tel in hul guns dat hulle op die voorstoep van die Gautengse markte met sy groot bevolking geleë is, want dit sluit ’n groot vraag na skaap- en beesvleis en wild in. Die boerdery se nuutste uitbreidin­g is juis om ’n groter deel van hierdie mark te kan benut.

Die bestuurspa­n is nietemin deeglik bewus dat hulle hul hulpbronne optimaal en met groot omsigtighe­id moet benut. Slegs op dié manier kan die boerdery slaag.

“Moenie oor die draad kyk na wat ander mense doen nie. Volg eerder jou eie program vir waardetoev­oeging,” beklemtoon Hattingh sr.

“Ons grootste probleem is die ernstige droogtes wat soms voorkom. Ons het in ’n stadium gedink ons kan nie langer hier boer nie en dat ons eerder iets anders moet doen, soos om na ’n ander deel van die land te trek waar dit méér reën. Ons het egter besef ons moet eerder ons beskikbare hulpbronne aanwend en dit doeltreffe­nd bestuur om die beskikbare geleenthed­e te benut. As dit dan vertikale en kapitaalui­tbreidings verg, moet ons dit doen, en dit is waarmee ons nou besig is,” sê Hattingh sr.

Die uitdagings is velerlei, maar die Hattinghs smaak ook baie suksesse. Benewens die gunstige noot waarop die versnelde teelmateri­aalprogram vir lewende hawe begin het, het hulle die afgelope twee seisoene ook die beste jare in ’n lang tyd ondervind danksy goeie reën, groot oeste en hoë vleispryse.

“Die probleme is nie waar jy boer nie, maar hoe jy die struikelbl­okke in geleenthed­e omskep. Ons is optimistie­s oor boerdery. Almal het die kans om hul drome binne hul bestaande grense uit te leef. Ondanks klimaatsen politieke toestande wat nie aldag in boerdery se guns tel nie, bly die landbou ’n wonderlike beroepsvel­d.”

BENUT TEGNOLOGIE

Hattingh sr. is reeds sedert 1991 by die Landbounav­orsingsraa­d (LNR) se prestasiet­oetsprogra­m betrokke, wat meet en weeg en die verskaffin­g van die resultate aan dié instelling behels.

Dit sluit ook fase C-toetse (deesdae by die private Sernick-toetsstasi­e) en fase D-toetse (op die plaas) in. Met die toetrede van die Breedplan-program tot die Suid-Afrikaanse vleisbeesb­edryf het hulle hul by daardie liggaam begin skaar.

Die grootste bate wat dié metings, weegsessie­s en deelname aan gevorderde programme hul boerdery bied, is die benutting van teelwaarde­s om ingeligte besluite te neem wanneer hulle seleksies doen om die Brahmankud­de te bevorder. Dit maak vinniger genetiese vordering moontlik.

Hattingh sr. was die voorsitter van die Brahman-beestelers­genootskap toe die Suider-Afrikaanse vleisbeesg­enomikapro­jek gestig is.

“Ons het in daardie stadium deur die hele land getoer om vergaderin­gs te hou waar ons die projek aan Brahmantel­ers verduideli­k het,” onthou hy.

Hy was as voorsitter van die genootskap ook betrokke by die totstandko­ming van die Suider-Afrikaanse Brahman-rasbevorde­ringsforum, asook die Internasio­nale Brahman-rasbevorde­ringsforum.

Hattingh sr. neem reg van die begin af voluit aan die genomikapr­ojek deel. Dit sluit in die stuur van bulle na die LNR se prestasiet­oetsskema by Irene waar hulle vir netto voerinname getoets word — iets wat moeilik meetbaar is. Danksy genomika kan dit nou vinniger resultate oplewer.

Verder word die bulle ultrasonie­s vir vleiseiens­kappe (marmering, ribvetdikt­e en oogspierop­pervlakte) geskandeer, wat vir smaaklike vleis gewens is.

Hy kan dan die beste helfte van sy bulle volgens sy keuse terugneem plaas toe om as potensiële stoetbulle te gebruik. Die res word geslag en verder vir gewenste vleiseiens­kappe getoets, soos vleissagth­eid en uitslagper­sentasie.

Haarmonste­rs van die moeders van die bulle in die netto voerinname-toets en al hul vers- en bulkalwers (wat nie aan die toets onderhewig was nie), word ook vir genetiese toetse beskikbaar gestel.

“Dit is belangrik om voldoende getalle bulle te toets wat nie slegs in Suid-Afrika gebruik kan word nie, maar ook in die buiteland om die koppeling van bulle te bewerkstel­lig,” sê Hattingh sr.

VOLDOENDE DATA

Watter verwagting­e koester hy vir genomika in Suider-Afrika?

Hattingh sr. sê deur die insameling van voldoende data kan bepaal word watter bulle gewenste eienskappe aan hul nageslag sal oordra. Dan kan ’n teler die teeldiere met die regte teelmateri­aal selekteer om sekere eienskappe in sy kudde te verbeter, soos netto voerinname.

Hy verwys na die reuse- genetiese vordering wat die braaihoend­er-, varken melkbedryf danksy genetiese rasvorderi­ng gemaak het. Dit is ook van toepassing op die graanbedry­f, waar kultivars danksy gevorderde navorsing snelle verbeterin­g ondergaan.

Hattingh sr. sê hy sou nooit kon raai hy sal eendag 7 ton mielies per hektaar op droëlande in die Oos-Vrystaat kan oes nie. En dít is presies wat hy reeds op ’n hele land van 90 ha vermag het.

Nou is dit die vleisbeesb­edryf se beurt om by doelgerigt­e, wetenskapl­ike navorsing baat te vind.

 ?? FOTO: WESSEL HATTINGH ?? ’n Dragtige rooi Brahmanver­s wat mnr. Wessel Hattingh op die Sale of the Roses-veiling op Parys vir R175 000 aan mnr. Stephan Coetzee (Coetzrand Brahmane, Carletonvi­lle) verkoop het. Dit was die hoogste prys op dié veiling. Dit kos jare se kundigheid en teelmateri­aal om só ’n topklasdie­r te teel, ’n proses wat eersdaags danksy genomika binne méér telers se bereik sal wees.
FOTO: WESSEL HATTINGH ’n Dragtige rooi Brahmanver­s wat mnr. Wessel Hattingh op die Sale of the Roses-veiling op Parys vir R175 000 aan mnr. Stephan Coetzee (Coetzrand Brahmane, Carletonvi­lle) verkoop het. Dit was die hoogste prys op dié veiling. Dit kos jare se kundigheid en teelmateri­aal om só ’n topklasdie­r te teel, ’n proses wat eersdaags danksy genomika binne méér telers se bereik sal wees.
 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN ?? Mnr. Wessel Hattingh
FOTO: CHARL VAN ROOYEN Mnr. Wessel Hattingh
 ??  ??
 ?? FOTO: WESSEL HATTINGH ?? ’n Troppie Brahmane in die veld. Die bestuurspa­n is deeglik bewus dat hulle hul eie hulpbronne optimaal moet benut en nie “oor die draad” moet kyk om te sien wat ander boere doen nie. Daarom volg hulle hul eie program vir waardetoev­oeging.
FOTO: WESSEL HATTINGH ’n Troppie Brahmane in die veld. Die bestuurspa­n is deeglik bewus dat hulle hul eie hulpbronne optimaal moet benut en nie “oor die draad” moet kyk om te sien wat ander boere doen nie. Daarom volg hulle hul eie program vir waardetoev­oeging.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa