Landbouweekblad

Brahmantel­ers deel suksesverh­ale

-

Hope sukses word behaal deur Suid-Afrikaanse telers wat aan die vleisbeesg­enomikapro­jek (VGP) deelneem. Mnr. Sietze Smit, rasdirekte­ur van die Brahman-telersgeno­otskap, skryf hier oor ’n paar. STEFAN COETZEE

Mnr. Stefan Coetzee boer op die plaas Welverdien­t, Carletonvi­lle, met sy Coetzrand Brahmansto­etery. Sy omgewing word gekenmerk deur oop grasveld wat uit rooigras en ander minder smaaklike grassoorte bestaan.

Hy het reeds goeie resultate behaal met sy deelname aan die projek om netto voerinname te meet met bulle wat hy na die Irene-bultoetsse­ntrum gestuur het. In die afrondings­fase van die groeitoets het sommige van sy bulle goed gepresteer deurdat hulle besonder vinnig markgereed was.

Hy beskou die projek as ’n kans om sy kudde aan ander deelnemend­e kuddes te meet en om deur koppeling ’n goeie bul te identifise­er wat in sy kudde as stoetvaar ’n bydrae sal lewer.

MILES DICKE

Mnr. Miles Dicke boer in twee uiteenlope­nde distrikte met die Dicke Brahmankud­de, naamlik by Haga-Haga in die Oos-Kaap wat deur hoë reënval en goeie drakrag gekenmerk word, en by Modjadjisk­loof in die noorde van Limpopo wat minder reën kry.

Die kudde bestaan uit rooi en wit Brahmane en is oor dekades deur die Dicke-familie opgebou.

Mnr. Theo Dicke, Miles se pa, was die stigter van die welbekende Dicke Brahmankud­de. Hy is ’n spesialist­eler en internasio­nale kenner van Brahmane.

Deelname aan die VGP wil koppeling met ander vooraansta­ande kuddes bewerkstel­lig en nuwe variasie gebruik om seleksie te bevorder, veral in sekere

eienskappe, soos voeromsett­ing en verhoogde vrugbaarhe­id.

SAKKIE EN DANIE HAASBROEK

Hierdie pa en seun se stoetery Boshoek Brahmane is by Vryburg in die Molopo-streek geleë. Dit is ’n taai, maar goeie beesstreek langs die grens met Botswana. Die veldtipe is tipies Molopo-streek met gemengde soetgrasso­orte. Die stoetery is reeds jare lank bekend om die hoë gehalte bulle wat dit aan die kommersiël­e sektor in die Noord-Kaap en Botswana verkoop. ’n Suksesvoll­e produksiev­eiling vind elke jaar plaas.

Die identifise­ring van produktiew­er teelbulle uit hoogs vrugbare moederlyne is ’n voorrangsa­ak in sy deelname aan die VGP. Die stoetery se bulle presteer goed. Die uitslagper­sentasie van bulle in die karkas-evaluering­stadium was van die hoogste in die groep.

Sakkie en Danie gebruik al geruime tyd kunsmatige inseminasi­e (KI) om die variasie in die teelkudde te behou en ander teelmateri­aal te beproef. Dit het goeie resultate opgelewer en in 2015 is een van die kudde se jong bulle gekies om die Brahmanras in die nasionale vleisbeesp­restasieto­ets op die Jakaranda Landbousko­u (voorheen Pretoriask­ou) te verteenwoo­rdig.

JAN LAMPRECHT (LAMPRECHT BOERDERYTR­UST)

Mnr. Jan Lamprecht boer by Kuruman. Sy Lamba-kudde is opgebou deur goeie koeilyne en stoetbulle by vooraansta­ande telers te koop.

Lamprecht gee veral aandag aan die Sugarland-bloedlyn met byvoegings uit twee kuddes in Limpopo, naamlik die welbekende kudde van Matsulan en dié van Gerdia, wat in die laat 1990’s ’n impak in die wit Brahman se genetiese vordering gemaak het.

Bykans 40 van sy bulle het reeds aan die toets vir residuele voerinname deelgeneem. Die uitslagper­sentasie van sy bulle wat ná die afrondings­fase geslag is, was uitstekend. Jan kyk veral na die groeipoten­siaal van toekomstig­e stoetbulle om die volgende geslag te produseer.

THYS MEYER

Mnr. Thys Meyer se Lovedale-kudde loop by Lindley in die Oos-Vrystaat, ’n omgewing wat deur koue winters en matige somers gekenmerk word. Hy verteenwoo­rdig die LRF-rasse in die VGP-konsortium.

Die boerdery bestaan uit ’n wit en rooi kudde en bied jaarliks in Julie ’n produksiev­eiling op die plaas aan.

Meyer gebruik KI as ’n alternatie­we, genetiese bron om variasie in die kudde te behou. ’n Aantal kalwers is verwek met semen wat as deel van die koppelings­program van Australië af ingevoer en aan ál die VGP-deelnemers beskikbaar gestel is.

WAYNE PORTER

Mnr. Wayne Porter van Tarkastad se Brahmankud­de Tarka is een van die oudste kuddes in Suider-Afrika wat afstam van die bekende, historiese Bilses- en Sisal-kudde wat in die 1970’s in die noorde van Limpopo by Mooketsi en Rubbervale bestaan het. Hy het deur streng seleksie en klem op ekonomiese eienskappe ’n kudde van hoë gehalte deur lynteling ontwikkel.

Die Tarka-kudde is bekend as die verskaffer van puik teelmateri­aal aan ander stoetkudde­s in Suid-Afrika en buurstate.

Porter ondersteun die Brahmangen­ootskap se prestasiet­oetsstelse­l Breedplan, maar is ook optimistie­s oor die genetiese verbeterin­g wat deur die VGP verkry sal word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa