Landbouweekblad

FINANSIËLE DRUK

-

Kirsten sê hoewel graanboere hoopvol is ná die reën, bestaan groot onsekerhei­d oor wat hulle nou te doen staan ten opsigte van produksiek­oste. Die boere het seergekry met die lang droogte en swak oeste.

“Wat die boere verder onder kwaai finansiële druk plaas, is die feit dat hul produkprys­e nie styg nie, maar produksiek­oste klim aanhoudend – kyk maar na die

prys van diesel alleen.”

Al wat die Swartlands­e graanboere gaan help oorleef, is hoër produksie met die hulp van nuwe kultivars met ’n hoër produksie per hektaar.

“Ons vra koringkult­ivars wat ons ’n 20% hoër produksie sal gee sonder om enige gehalte in te boet. Ons lewer van die beste koring ter wêreld, en die bakgehalte daarvan is baie beter as dié van ander lande, maar ons

word nie behoorlik vergoed nie.”

Lupiene en kanolakult­ivars met hoër produksiem­oontlikhed­e is ook nodig. “Ons kyk reeds na verskillen­de tipes bone en peulgewass­e – soos kekerertji­es – as alternatie­we gewasse.”

Wat die Swartlands­e graanboere bevoordeel, is die rand-dollar-wisselkoer­s wat die pryse ondersteun. Wat egter nog probleme skep, is die feit dat die owerheid nie invoertari­efaankondi­gings betyds maak nie. “Die vertraging met sulke aankondigi­ngs keer dat pryse verskans kan word en dit destabilis­eer die hele graanbedry­f.”

Tans lyk die koring op die lande baie goed, maar die koringoes word in September finaal bepaal. Daarvoor is opvolgreën tot September noodsaakli­k, meen Kirsten. Ook die hawer lyk goed, maar die kanola wissel van uitstekend tot swak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa