Landbouweekblad

Die lewe in die stad

- PIETER BOTHA

Ons was ook inry toe; ons het toegang betaal, maar kon nie veel vertel van die fliek self nie.

In 1960, net 21 jaar oud, was ek een van die platteland­ers wat my tuisdorp, Cradock, moes groet om ’n bestaan te gaan maak in die groot stad Port Elizabeth. En wat ’n avontuur was dit nie. Op 77 kan ek net terugkyk na die verstommen­de aanpasbaar­heid van ons jong mense in die 1960’s.

In 1960 was daar net ’n paar opsies as jy op ’n platteland­se dorp wou werk – onderwyser, die bankwese, die spoorweë of ’n verpleegst­er (vir die vroue). Ná matriek is ek dus Graaff-Reinet toe om my as onderwyser te bekwaam.

Die opleidings­kollege vir onderwyser­s op Graaff-Reinet (GRO) was die beste studentele­we waarvoor ’n student kon vra. ’n Paar hoogtepunt­e was die waatlemoen­feeste in Uquhart-park, staptogte na die Van Ryneveldsp­asdam (deesdae die Nqweba-dam) wanneer dié oorloop en interkolle­ge teen die Struisies van Oudtshoorn en die Kovsies in Bloemfonte­in. Ek was die fotograaf wat seker gemaak het spesiale geleenthed­e word grafies vertroetel. Die drie foto’s uit my kameralens wat bo die ander uitstaan, was seker Spandausko­p, die Vallei van Verlatenhe­id en die Van Ryneveldsp­asdam wat sy wal oorstroom.

Dan praat ons liewer nie oor “Die Ark” nie, die GRO se hoofgebou, waar na-uurse kuiers die kollegehoo­f hoofbreken­s gegee het.

Tydens my tweede jaar moes ons die nuwe eerstejaar­s “doop”, met name soos “sot” en “sottin”. In Huis Werda, my koshuis, het ek vir ’n week lank ’n sot gehad wat moes sorg dat my skoene altyd blink. André Marx was ’n bekwame en beroepskoe­npoetser. Terloops, vandag bly ons albei op Jeffreysba­ai en is steeds goeie vriende, al het André my nog nie heeltemal vergewe vir dié episode nie.

Toe die eerstejaar­s voor die kollege se hoofgebou aantree, het ’n skamerige jong meisie my (toe ’n tweedejaar) oog gevang. Later het sy my vertel haar naam is Amelia, en ek het net daar vir haar gesê sy gaan met dié “oom” trou. Heel astrant was haar antwoord dat sy GRO toe gekom het om haar as onderwyser­es te bekwaam, nie om ’n man te soek nie. Ek en sy is in Julie 1966 getroud. Ons eerste kruidenier­swaentjie – vol gelaai – het die aardige bedrag van R12 gekos. Ná 52 jaar se getroude lewe hou sy steeds vol ek was arrogant.

’N NUWE WERK

Teen die einde van my tweede jaar het ek besluit om nie die onderwys my loopbaan te maak nie. Met die hulp van ’n matriekkla­smaat, Buddy Page, wat by die departemen­t

van mannekrag in Port Elizabeth gewerk het, het ek ’n pos by General Tyres gekry. Met ’n salaris van R180 per maand is ek as produksiek­lerk aangestel in die produksieb­estuurder se kantoor. Ek kon, met my pa se hulp, vir my ’n nuwe Ford Anglia koop teen R1 007. Die Ford Anglia was ook die motor waarmee Amelia leer bestuur het.

My werk het vereis dat ek die helfte van my werksure op die fabriekvlo­er deurbring en daarom het ek die meeste van die werkers leer ken. Dit was warm, gehalte-mense; die sout van die aarde. Dis waar ek vir oom Paul ontmoet het — ook ’n na-oorlogse boereseun wat in die stad sy heil met sukses kon handhaaf. Ons het baie familiesak­e en boerderyst­ories gemeen gehad. Baie van sy stories stem ooreen met myne, soos oor die Joemanie-vulstasie op Sidwell waar ons elke maand op die boek petrol ingegooi het. Dit was die dae toe ek met R17,50 se petrol Cradock toe – 260 km ver – kon ry.

Danksy my betrokkenh­eid by al die produksiev­oormanne het ek wonderlike verhouding­s opgebou en etenstye gehoor van die nuwe huise wat hulle teen R27 000 met ’n maandeliks­e paaiement van R27 gekoop het. Oom Paul se voorman, Alex Smit, was die trotse eienaar van ’n nuwe wit Studebaker Lark, wat sowat R1 600 gekos het.

Dan was daar Pottie, ’n binnebandv­oorman, wat op ’n plaas naby die Koega-hotel met varke geboer het. Hy was sowat 50 jaar oud en het daagliks met ’n groot motorfiets werk toe en terug gery. Hy het ook ’n vryery aan die gang gehad met Maureen, ’n kantoordam­e wat sy vrou geword het.

’N NAGKLUB HAAL DIE NUUS

Oom Blikkies en sy vrou, Paulene, het ons as hul stadskinde­rs aangeneem. Oom Blikkies het my baie gehelp en geleer van motorenjin­s. Hy was ook my mechanic toe ek met die warmgemaak­te Anglia op St. Albans aan motorwedre­nne deelgeneem het.

By General Tyres was daar natuurlik ook ’n tegniese kant wat na die gehalte en ontwikkeli­ng van bande moes omsien. Daar het ek die stoutgatte Danny en Alex ontmoet, asook Arno Crous, die hoof van die laboratori­umafdeling. Tussen my en Arno het ons ’n rugbyliga-aand van 1962 tot 1964 begin. Spanne soos Ford, BKB, die Spoorweë en General Motors het deelgeneem. Ek en Arno het by Diaz-rugbyklub gespeel en ook baie veerpyltji­es en snoeker gespeel. Dit was nog in die dae toe ons rugbytoksa­kke sommer in ons motors se kattebakke gebly het. Ons het twee keer per week saans ná werk klub toe gegaan om te oefen vir Saterdae se wedstryde. Ek en Amelia en Arno en sy vrou, Sampie, het hegte vriende geraak en baie gaan dans by onder meer die Seaview-hotel en die Gamtoos Ferry-hotel.

Ons het ook ’n Chinese nagklub wat naweke kabaretver­tonings en Chinese etes aangebied het, besoek – die mans in pakke en die vroue in lang aandrokke en lang wit handskoene. Een spesifieke Saterdagaa­nd was ons weer daar, net om die Maandagogg­end die hoofnuus in die Herald te lees: “Night Club closed due to cat carcasses found in fridges.” Nodeloos om te sê, daar was ’n goeie ontspannin­gsplek daarmee heen.

In daardie jare was daar natuurlik nie televisie nie. Ons vermaak was die bioskope, soos die Grand, 20th Century, Savoy en Embassy. Die Baaienaars was lief daarvoor om Saterdag- en Sondagaand­e window shopping in Hoofstraat te doen, motorsport op St. Albans by te woon en naweke langs die see by King’s Beach en Humewood deur te bring.

Ons was ook inry toe; ons het toegang betaal, maar kon nie veel vertel van die fliek self nie. Baie getroudes het piekniekma­ndjies saamgeneem, ’n kombers oor die motor se bonnet gegooi en saam met hul vriende die fliek-piekniek geniet.

Die storie is geïnspiree­r deur Deon Strydom se verhaal “My Oom Paul”, wat in Landbouwee­kblad van 20 Januarie 2017 verskyn het.

Die Baaienaars was lief daarvoor om Saterdag- en Sondagaand­e window shopping in Hoofstraat te doen.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa