Landbouweekblad

NIE VEEL MENSE EET MÉÉR BEESVLEIS

- — JOHAN NORVAL

Die verbruik van beesvleis bly traag en het die afgelope vier tot vyf jaar slegs ’n geringe styging getoon.

Volgens Absa se markversla­g het die trae groei in die Suid-Afrikaanse ekonomie ’n demper geplaas op mense se vleisverbr­uik omdat hul besteebare inkomste deur verskeie faktore onder druk geplaas word. Een daarvan is die

laer as verwagte toename in die bruto binnelands­e produk van 1,2% in 2018 teenoor die vorige raming van 1,7%.

Volgens Absa sal die verhoogde koste van energie en die verhoogde BTW-koers bydra om die verbruiker se besteebare inkomste te beperk.

Die prys van beesvleis bly hoog vanweë die kuddeboufa­se ná die droogte en die gepaardgaa­nde beperkte aanbod. Absa wys ook daarop dat die swak ekonomiese vooruitsig­te sal meebring dat verbruiker­s hulle tot goedkoper proteïene, soos hoender- en varkvleis, sal wend.

Plaaslik was die prys van beesvleis volgens Absa in die week van 31 Julie laer teenoor ’n week gelede. Die gemiddelde prys van klas A was 0,14% laer teenoor die vorige week op R46,33 per kilogram en van klas C sowat 6,97% laer op R37,40 per kilogram.

Die gemiddelde speenkalfp­rys het die afgelope week met 2,3% tot R34,44 per kilogram gestyg.

Die mark vir huide het verlangsaa­m vanweë ’n ooraanbod waarmee die vraag nie kon tred hou nie. Die vraag na huide van ’n laer gehalte het aansienlik afgeneem, wat die prys laat daal het.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa