Landbouweekblad

SWART ANGUSBUL TEEN REKORDPRYS VERKOOP

- — ALANI JANEKE

Uitstekend­e pryse wat onlangs vir Angus-teeldiere op veilings in die Vrystaat en die Wes-Kaap betaal is, is ’n aanduiding van ’n groeiende vraag na Angus-teelmateri­aal.

Mnr. John Boulle, rasdirekte­ur van die Suid-Afrikaanse Angus-beestelers­genootskap, sê ’n swart Angusbul, De Panne Internatio­nal No. 1, DE 15-13, is vir die rekordprys van R150 000 verkoop op Prestige Angus (De Panne-, Spoor- en Boschendal-stoetery) se onlangse veiling op Moorreesbu­rg in die Wes-Kaap.

Volgens Boulle is die bul verlede jaar as die kampioenbu­lkalf en grootkampi­oenbul op die nasionale Anguskampi­oenskap in Bloemfonte­in aangewys. Die bul is deur mnre. Jaco Smit van Black Mamba Angus by Moorreesbu­rg en Paul Coetzee van Invermooi Angus by Mooirivier in KwaZulu-Natal gekoop. Smit sê Taurus Evolution sal die bemarking van die bul se semen behartig.

Op dieselfde veiling is ’n swart Angusvers, De Panne Jewel 9, DE 16-22, vir R80 000 verkoop. Die vers is dragtig van De Panne Internatio­nal No. 1, DE 15-13 en in uitstekend­e kondisie, sê Boulle. Mnr. Kobus Delport van Makojalo Angus by Potchefstr­oom het die vers gekoop.

“’n Bestendige vraag en uitstekend­e pryse op die onlangse veilings is ’n aanduiding van ’n groeiende vraag na top-Angusbeest­e,” sê Boulle. Van die diere wat onlangs verkoop is, is na Namibië, Botswana en Zimbabwe uitgevoer. “Die Suid-Afrikaanse Angus-telersgeno­otskap kan waarlik trots wees op sy telers van dié Suid-Afrikaanse produk,” sê Boulle.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Die swart Angusbul De Panne Internatio­nal No. 1, DE 15-13, wat teen R150 000 verkoop is.
FOTO: VERSKAF Die swart Angusbul De Panne Internatio­nal No. 1, DE 15-13, wat teen R150 000 verkoop is.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa