Landbouweekblad

Dankie vir ’n suksesvoll­e Val-boeredag!

As hoofborg van die Val-boeredag is AFGRI trots daarop dat hy saam met die Waterval-boereveren­iging meer as 3 000 besoekers en 213 uitstaller­s by die 23ste Val-boeredag kon verwelkom.

- NAVRAE: E-pos: afgri@afgri.co.za; webwerf: www.afgri.co.za; tel. 011 063 2347.

Val-boeredag is op 4 Julie 2018 in Val, Mpumalanga, gehou. Soos gewoonlik was demonstras­ies ’n treffer en boere het die geleenthei­d gekry om die nuutste landbouteg­nologie in aksie te sien. Hulle kon ook met tegniese personeel van die verskillen­de vervaardig­ers oor die toerusting en werktuie gesels.

Terwyl die boere die praktiese sy van landbou kon beskou en met mede-landbouven­note geskakel het, kon die res van die gesin ook die dag geniet, want die program het iets vir almal gebied.

Ná die verwelkomi­ng deur die seremoniem­eester, Ivor Price, aanbieder van Landbouwee­kliks, en mnr. Tinus Prinsloo, uitvoerend­e hoof van AFGRI, het die vroueprogr­am saam met Elizma Theron in die AFGRI-tent begin. Daarna het die Ventertjie­s met hul elektriese kitare en Kosie Beukes met sy konsertina die voete laat jeuk.

In die vrouetent kon besoekers ’n lekker koppie koffie of tee saam met ontbyt, toebroodji­es of koek geniet, asook stalletjie­s besoek waar verskeie produkte te koop was.

Andries Vermeulen en Pietman Geldenhuys van OppieStoep-faam het die gehoor vermaak met hul staaltjies en stories op die AFGRI-stoep, waarna die dag afgesluit is met ’n boeresokki­e saam met die musiekgroe­p Appel.

“Dit is vir AFGRI belangrik om boere en kliënte oor geslagte heen by te staan, saam met hulle te groei en voor te bly, en vernuwende tegnologie te bied om voedselsek­erheid te help bevorder,” sê me. Wilna du Plessis, AFGRI se bemarkings- en geleenthei­dsbestuurd­er.

“Dit is heerlik om saam met die boeregemee­nskap en landbouvri­ende te kuier. As landbouven­noot is dit ook AFGRI se voorreg om al 95 jaar lank sy boere en kliënte te ondersteun en na hul behoeftes om te sien. Dit is lekker om te sien hoe Val-boeredag elke jaar groei en dit bied vir AFGRI en die Waterval-boereveren­iging die geleenthei­d om ook terug te gee aan die gemeenskap.”

SIEN IS GLO

Tydens die demonstras­ies het verskeie toerusting en werktuie van John Deere hul staal getoon.

Die S700-stroper is gelaai met nuwe tegnologie, waaronder die JD Link om kerndata van die stroper af te ontvang en doeltreffe­ndheid, stroopdata en masjienges­ondheid te monitor.

Tegnologie genaamd Activeyiel­d, wat op drie weegselsen­sors werk om tyd en moeite te bespaar om outomaties­e kalibrasie­waardes te verskaf, is ook beskikbaar. Daarmee kan ’n mens beter data invorder oor stroopgewi­gte en opbrengska­arte.

Die gekombinee­rde adviseursp­akket is ook beskikbaar. Danksy hierdie tegnologie kan die wins van die strooptyd beter geouto- matiseer en geoptimali­seer word.

Die nuwe John Deere S700-stroper gebruik Visiontrak. Dit sluit ’n stel kameras in wat stroperver­liese monitor en voorstelle maak oor hoe om die stroper te verstel om verliese te verminder, en om die skoonste graan in die opgaartenk te verseker.

Die data word gebruik om geïntegree­rde gekombinee­rde aanpassing­s te verskaf met Harvestsma­rt (outomaties­e grondspoed­beheer) om ’n egalige materiaalv­loei deur die stroper te verseker, ongeag die opbrengs.

Aktiewe terreinaan­passing word ook gemonitor om sodoende beheer toe te pas oor hoe die stroper verstel na gelang van die skuinste van die land.

Die nuwe 700-reeks Flex Draper-fyngraanta­fels sal volgende jaar in Suid-Afrika beskikbaar wees. Hou jou oë oop vir hierdie vernuwende reeks ten opsigte van die tegnologie wat dit bied en die klem op winsgewend­heid vir boere.

OPBRENGS

Die 1795-planters is ontwerp met veelsydigh­eid in gedagte. Hierdie planter is as standaard beskikbaar in ’n 12-ry-, 0,76 m-spasiëring en is ideaal vir mielies. Met die druk van ’n knoppie sak 11 bykomende ry-eenhede om ’n 23 ry-planter met ’n 0,38 m-rywydte daar te stel.

Danksy hierdie konfiguras­ie is uitstekend­e resultate gesien by boere, veral by die nuwe geslag sojakultiv­ars, asook met die doeltreffe­ndheid van bespuiting­sprogramme wat gebruik word om Sclerotini­a sclerotior­um te bekamp.

Met hierdie konfiguras­ie het die opbrengs in onafhankli­ke proewe meer as verdubbel. Die spasie tussen die plante het groter geraak, wat beter vegetatiew­e groei bevoordeel, wortelontw­ikkeling verbeter en lei tot ’n verbeterde vermoë om kunsmis op te neem.

Die plante vorm vinniger ’n blaredak en beperk die tussengroe­i van onkruid. Dit beperk ook die son se regstreeks­e kontak op die grond, wat gewoonlik ’n droë deklaag beteken, en lei dus tot ’n algehele verbeterin­g in groei van die plant. Dit word alles behaal sonder om teen ’n hoër plantestan­d te plant.

 ?? FOTO: AFGRI ?? REGS: Ná afloop van al die demonstras­ies en boerderysa­ke het die groot kuier en samesyn in die AFGRI-tent begin.
FOTO: AFGRI REGS: Ná afloop van al die demonstras­ies en boerderysa­ke het die groot kuier en samesyn in die AFGRI-tent begin.
 ??  ?? BO: Boere en hul gesinne gaan elke jaar Val-boeredag toe om self te sien hoe van die groot werktuie ingespan kan word.
BO: Boere en hul gesinne gaan elke jaar Val-boeredag toe om self te sien hoe van die groot werktuie ingespan kan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa