Landbouweekblad

MERKWAARDI­GE OUPA SYDNEY

-

Oupa Sydney Hunt het in 1866 saam met sy ouers vanaf Engeland na Suid-Afrika verhuis en hulle op Cradock gevestig. Toe hy 12 jaar oud was, het sy ouers na Nieu-Seeland verhuis, maar die jonge Sydney het besluit om agter te bly.

Hy het in ’n restaurant gewerk en sy fooitjies gespaar. Later kon hy ’n lappie grond koop om met perde te boer, maar perdesiekt­e het sy perde laat vrek. Toe trek hy Colesberg toe, maar daar het die siekte ook sy perde ondergekry.

Daarna het hy na Warrenton verhuis waar hy 5 ha grond gekoop het, wat hy Sydney’s Hope genoem het, met die hoop dat hy nie wéér bankrot gaan speel nie. Dié keer was voorspoed sy metgesel. Mettertyd het hy medestigte­r van SA Stamboek, Noord-Kaap Lewende Hawe, Vleissentr­aal en ’n kaasfabrie­k by die nabygeleë Veertien Strome geword en was een van die dryfvere agter die totstandko­ming van landbou-unies en die Vaalharts-besproeiin­gskema.

Met sy dood op 54-jarige ouderdom het oupa Hunt se 5 ha tot 3 400 ha gegroei. Hy het toe 300 Frieskoeie met die hand gemelk. Sy beenmeelfa­briek, wat in 1905 geregistre­er is, bestaan steeds en is moontlik een van die oudstes ter wêreld.

Oupa Sydney het nooit met Brahmane geboer nie; dié het sy nasate deel van die boerdery gemaak toe ’n tien jaar oue Sydney jr. en sy pa in 1957 besluit het om met Brahmane te boer. Dit het twee jaar later ’n werklikhei­d geword.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa