Landbouweekblad

DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU

-

GROOTVOET IN DIE LUG

Die Darlington­dam-streek, deesdae deel van die Addo Olifant Nasionale Park, het vir die eerste keer in 150 jaar weer olifante ná ’n groot verskuiwin­gsoperasie van meer as 12 uur. Ander wildsoorte is ook onlangs in dié omgewing vrygelaat, waaronder luiperds, leeus, elande en verskeie kleiner boksoorte. Tot dusver het die geëlektrif­iseerde heining die wild binne gehou. “Ons olifante het nog nooit ’n elektriese draad gebreek nie. As daar ooit olifante is wat drade ken en nie daarmee lol nie, dan is dit die Addo-olifant,” sê mnr. John Adendorff, die park se bewaringsh­oof. Me eras 80 veldwagter­s is daagliks aandien som die park se olifante en renosters teen stropers te beskerm.

VROEË LENTE

Wynproduse­nte in die Hemel-en-Aarde-vallei was verstom om te ontdek dat van hul Chardonnay-wingerde reeds verlede week begin bot het. Mnr. Kwagga Boucher, wingerdbou kundige van Ataraxia Wyne in dié gebied, sê hul gemiddelde maksimum temperatur­e in Julie was 3,5 °C hoër as in Julie verlede jaar. Boucher sê wynboere in die omgewing van Darling en Stellenbos­ch het dieselfde met hul Chardonnay-wingerde ervaar. Mnr. Francois Viljoen, bestuurder van Vinpro se wingerdkun­dige konsultasi­ediens, sê Chardonnay is ’n kultivar wat geneig is om vroeg te bo tas die klimaatsto­estande daartoe bydra. “Wingerde wat verlede jaar kwaai onder die droogte deurgeloop en die afgelope paar maande goeie reën gekry het, kan ook daartoe geneig wees.”

HULP IS HIER

’n Regering stimulus pakket gaan opgestel word om plaaslike bedrywe teen storting te beskerm, het pres. Cyril Ramaphosa gesê ná afloop van ’n lekgotla oor twee dae van die ANC se nasionale uitvoerend­e komitee in Tshwane. Die beoogde stimuluspa­kket gaan klem lê op werkskeppi­ng en die instel van beskerming­s maatreëls om plaaslike bedrywe, soos die suiker- en hoenderbed­ryf wat kwaai deur goedkoop invoer geknou word, te ondersteun. FairPlay, ’n internasio­nale beweging teen storting, het die aankondigi­ng verwelkom, maar gemaan dat die Regering vinnig moet optree om verdere werksverli­ese te voorkom.

EEN WERKGEWER

Werknemers wat deur arbeidsmak­elaars op ’n boerdery aangestel word, word kragtens ’n bevel van die Grondwetho­f ná drie maande as heeltydse werknemers van die boerdery geag. Die werkers is dus net vir die eerste drie maande werknemers van die betrokke arbeidsmak­elaar, verduideli­k me. Jahni de Villiers, hoof van arbeid en ontwikkeli­ng by Agri SA. ’n Vorige uitspraak deur die Arbeidsapp­èlhof het reeds bepaal dat werkers ná drie maande heeltyds aangestel moet word, maar kragtens daardie uitspraak sou die werkers werknemers van die kliënt én die arbeidsmak­elaar wees. Die bepaalde artikel 198A(3)(b) van die Wet op Arbeid s verhouding­e (Wet 66 van 1995) is van toepassing op werkers wat minder as die inkomstedr­empel verdien — met ’n bruto salaris van sowat R17 500 per maand. Lees meer by bit.ly/2AwKh76

NOODMAATRE­ËLS

Britse boere sal meer grondwater kan onttrek om hul gewasse te besproei tydens die voortslepe­nde droogte ná ’n “droogteber­aad” tussen landboulei­ers en mnr. Michael Gove, minister van omgewingsa­ke. Ander maatreëls wat oorweeg word, is staatshulp met die vervoer van voer en strooi uit gebiede waar dit nog volop is na gebiede wat tekorte ervaar. “Ons het die punt [aan Gove] gemaak dat ’n mens nie kosproduks­ie as vanselfspr­ekend behoort te aanvaar nie,” het mnr. Guy Smith, adjunkvoor­sitter van die National Farmers’ Union, aan The Guardian gesê.

AMPER TJOEKIE TOE

’n Vrystaatse elektrisit­eit s kontrakteu­r is 12 jaar tronkstraf opgelê — voorwaarde­lik opgeskort vir vyf jaar — nadat hy in Mei verlede jaar op heter daad betrap is dat hy teen vergoeding Eskom-meters op plase ten gunste van die meter-eienaars herkalibre­er het. Gerhard Ferreira het skuld beken op 14 klagte van bedrog en 10 van kwaadwilli­ge saakbeskad­iging. Hy moet voor die einde van Desember 2020 R921 830,88 aan Eskom terugbetaa­l. Sy klante, wat in die distrikte Bothaville en Viljoenskr­oon boer, moes boetes van altesaam R229 000 betaal.

NUWE VLEISREËLS

Die Departemen­t van Handel en Nywerheid het onlangs verpligte standaarde vir kommentaar uitgereik vir “verwerkte hoërisiko-vleisprodu­kte”, wat hittebehan­delde- en eetgereed-vleisprodu­kte insluit. Die reëls omskryf alle aspekte van hoe sulke produkte hanteer en opgeberg moet word. Tydelike standaarde geld sedert vroeër vanjaar ná die dodelike uitbreking van listeriose, wat teen druktyd 219 lewens geëis het Die kommentaar periode sluit op 20 September.

 ?? FOTO: MARISKA SPOORMAKER ??
FOTO: MARISKA SPOORMAKER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa