Landbouweekblad

Op facebook

-

‘LOS DIE AGRIPARKE — STUUR ONS’

In ’n ope brief aan pres. Cyril Ramaphosa speel die leierboer mnr. Nick Serfontein oop kaarte. Vergeet van die Gucci-brigade, sê hy, en volg ’n beproefde sewepuntpl­an wat werk en Suid-Afrika se kommersiël­e landboubed­ryf met broodnodig­e hervorming kan help.

GERDIE LANDMAN skryf: Dankie vir hierdie briljante inisiatief, vriend Nick. Jou brief aan die President is relevant en prakties uitvoerbaa­r. Daar is baie kommersiël­e boere wat daarby sal inkoop. Dit is wat Suid-Afrika nodig het om die landbou se toekoms te verseker.

JOHAN LOOCK skryf: Die ANC het geen belangstel­ling in boerdery nie. Sy enigste belangstel­ling lê by die uitvoering van die Vryheidsma­nifes se sienings oor grond deur alle grond onder die voogdyskap van die staat te plaas, soos in ander Kommunisti­ese lande. As bonus vervreem hy in die proses die Afrikaner van sy historiese grondgebie­d — ’n absolute wen-wen-situasie vir hom.

RUDOLF DU PLESSIS skryf: Die Regering sal nie luister nie. Hy is van nature magsbehep. Net soos in die res van Afrika sal hy die landbou ten gronde laat gaan en dan die wêreld verantwoor­delik hou. En dan net een vraag: Wat van ons wit seuns wat ook graag wil boer? Watter hulporgani­sasies is daar vir hulle wat nie oor die geld beskik nie? Ek sien waar jy heengaan, maar daar is nog baie wat gedoen sal moet word. Sterkte.

RENEE CAMPBELL BOTHA skryf: Dis mý mense! Die beginsel van hande vat in jou bedryf, is dalk die klein stap wat tot ’n groot veranderin­g kan lei. As elke bevoorregt­e skool ’n minderbevo­orregte skool kan “aannneem” pleks van nog ’n astro bou, en elke megakerk ’n sukkelende gemeente . . .

WILMAR BWES skryf: En daar is swart mense wat werklik wil boer, maar hulle is met die uitdeel van plase misken. Pelle het plase gekry, wat vandag braak lê weens swak politieke besluite. Nou hoe wil ons paar honderd boere nou die Regering aanvat oor sy swak bestuur? Dit kan en gaan nie gebeur nie.

DAVE HENDERSON skryf: Beter kon Nick dit nie die stel nie. Slaan die spyker so op die kop. Wat ’n briljante idee van ’n puik boer. Ramaphosa mag hom maar nader trek as ’n raadgewer.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa