Landbouweekblad

‘PERFEKTE STORM’ TREF AVOKADOBED­RYF

- — JASPER RAATS

SUID-AFRIKA se avokadouit­voer gaan gebuk onder lae pryse te midde van ’n rekord-oes en sterk mededingin­g uit ander avokadopro­duserende lande in die Suidelike Halfrond, veral Peru.

Die eerste 18 tot 20 weke van die uitvoersei­soen het goeie pryse op die Europese mark gelewer, maar daarna het die lewering uit Suid-Afrika ’n hoogtepunt bereik met 800 000 tot 900 000 kartonhoue­rs van 4 kg elk per week.

Peru se uitvoersei­soen het terselfder­tyd sy hoogtepunt bereik en dié land het 2,8 miljoen tot 3 miljoen kartonhoue­rs per week gelewer.

“Die ooraanbod op die Europese mark het swakker pryse tot gevolg gehad. Voorrade het begin opbou en moes goedkoper verkoop word om dit weggewerk te kry,” sê mnr. Derek Donkin, uitvoerend­e hoof van Subtrop, die sambreelli­ggaam vir subtropies­e gewasse.

In een stadium, tussen week 20 en 27, was daar 4 miljoen kartonhoue­rs in die Europese mark, waar daar gewoonlik ongeveer 3 miljoen kartonhoue­rs per week verkoop word.

KLIMAAT

Donkin sê die ooraanbod is te wyte aan optimale klimaatsto­estande tydens vrugset in die lente van verlede jaar in Suid-Afrika én Peru. Peru se oes is byvoorbeel­d 20% groter as in 2017, en Suid-Afrika het ná die droogte byna 80% meer avokado’s as verlede jaar.

“Dis ’n ‘perfekte storm’ wat ons kwekers getref het,” sê Donkin. Dit lyk egter of pryse nou weer sal verstewig, sê hy, veral vir groenskilk­ultivars waarna daar nou ’n vraag is.

Peru het ook nou baie van sy oes na ander markte, soos Amerika en China, gekanalise­er. Daar is dus minder druk op die Europese mark, wat Suid-Afrika se hoofuitvoe­rbestemmin­g vir avokado’s is.

Donkin sê vanjaar se swak pryse is nie noodwendig ’n nuwe neiging nie. “Namate produksie toeneem, gaan daar ook nuwe markte oop,” sê hy. Suid-Afrika kan binnekort marktoegan­g vir sy avo’s na Amerika en China kry, wat die geleenthei­d vir markontwik­keling skep.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa