Landbouweekblad

Soja spring differensi­aal vry

- – GERRIT BEZUIDENHO­UT

DAAR is reuse-geleenthed­e vir Suid-Afrika om sy produkte aan die ontluikend­e ekonomieë van die Midde-Ooste en Noord-Afrika te lewer, mits die land bly voldoen aan internasio­nale gesondheid­standaarde.

Dit was die mening van dr. Holger Matthey, bestuurder van mediumterm­yn-vooruitsko­uing en markontled­ing by die Verenigde Nasies se Voedsel en Landbou-organisasi­e (VLO). Dr. Matthey was ’n spreker tydens die Buro vir Voedsel en Landboubel­eid se jaarlikse bekendstel­ling van sy vooruitsko­uing.

“Die Midde-Ooste en NoordAfrik­a (Mona) gaan oor die volgende dekade 20% tot 30% meer voedsel benodig, wat onder meer tot 4 miljoen ton meer rooivleis, suiker en eetbare olies insluit. Dit word veroorsaak deur ’n bevolkings­aanwas van sowat 18%. Meer mense en ’n gemiddelde inkomstest­yging van sowat 1,6% oor die volgende tien jaar, sal duurder produkte, soos rooivleis, binne bereik van die middel-inkomstegr­oep plaas,” het Matthey gesê.

Ongelukkig word die streek egter ook ontwrig deur spora- diese gevalle van konflik en politieke onbestendi­gheid wat voedselsek­erheid in gedrang bring en markte kan ontwrig. “Slegs ’n derde van die streek is geskik vir landbou en 65% daarvan word deur bestaansbo­ere met graan beplant, wat beteken dat slegs 15% van die oes jaarliks die mark bereik. Die streek gaan dus al hoe meer op invoer moet staatmaak om basiese voedselkom­moditeite te bekom. Ons bereken dat graaninvoe­r na die Mona-streek teen 2027 30% van die wêreld se graanhande­l sal bevat,” het Matthey gesê.

ROOIVLEIS, SUIKER EN MIELIES HET ’N MARK

Dit is veral Suid-Afrikaanse rooivleis, suiker en mielies wat die potensiaal het om na hierdie streek uitgevoer te word, terwyl die uitvoer van lemoene ook ’n groot geleenthei­d is. “Suid-Afrika het reeds sowat 250 000 ton lemoene van 2013 tot 2016 na die streek uitgevoer. Die mark in Noord-Afrika toon veral groot potensiaal,” het Matthey gesê, maar ook gemaan dat gevestigde uitvoerlan­de soos, Amerika, Brasilië en die Oekraïne, reeds ’n stewige vastrapple­k in die mark het. “Suid-Afrika sal moet verseker dat sy produkstan­daarde van topgehalte is en dat streng daarby gehou word om die potensiële mark in die toekoms ten volle te kan benut.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa