Landbouweekblad

El Niño op pad?

Hier’s raad vir graanboere

- — ALANI JANEKE

DIE sekerheid oor die ontwikkeli­ng van ’n El Niño-weerstelse­l word ál groter namate die seisoen vorder, sê weerkenner­s.

Hoewel weerstelse­ls teen middel Augustus nog in die neutrale gebied van die temperatuu­rreeks vir die El Niño-gebiede beweeg, dui voorspelli­ngs steeds aan dat daar ’n groot waarskynli­kheid is dat ’n El Niño-weerstelse­l teen Oktober vanjaar kan ontwikkel, sê mnr. Johan van den Berg, klimatoloo­g by Santam Landbou.

Die Australies­e buro vir meteorolog­ie het teen middel Augustus gesê die onderskeie weerstelse­ls wat hy vir sy verslae oor die Enso(El Niño Suidelike Ossillasie) indeks bestudeer, dui steeds op ’n kans dat ’n El Niño-stelsel kan ontwikkel. Die buro het in Julie gesê die kans op die voorkoms van ’n El Niño-stelsel is 60%.

“Die meeste internasio­nale modelle wat deur die buro nagegaan is, voorspel dat die tropiese Stille Oseaan binne die volgende paar weke gaan begin verwarm. Die meeste modelle dui aan dat El Niño-vlakke (seetempera­tuurvlakke) teen einde vanjaar bereik gaan word, terwyl die meeste aandui dat dié vlakke teen die middel of die einde van die lente bereik kan word,” sê die buro.

WISSELVALL­IGHEID

Volgens Van den Berg toon die Indiese Oseaan-dipool (IOD) tans tekens dat dit kan oorgaan in ’n positiewe fase. “Dit beteken dat see-oppervlakt­emperature nader aan die Afrikakusl­yn betreklik warmer gaan wees as nader aan Australië in die oostelike Indiese Oseaan.”

Van den Berg sê die hoë mate van wisselvall­igheid van see-oppervlakt­emperature in die Indiese Oseaan maak voorspelli­ngs egter baie onakkuraat. “Indien die gunstige fase van die IOD-verskynsel gaan ontwikkel, kan dit die waarskynli­kheid vir die verhoogde voorkoms van tropiese laagdrukst­elsels en siklone in die midsomer verhoog.

“’n El Niño-stelsel word dikwels gekenmerk deur bogemiddel­de reënval in die lente en die eerste deel van die somer, maar minder reën in die midsomer met die uitsonderi­ng van Februarie wat meer neig na gemiddelde reënval,” sê Van den Berg. “Indien die IOD-verskynsel in die gunstige fase ontwikkel (wat warmer water meer weswaarts beteken), kan dit saam met El Niño ’n verhoogde kans vir ondergemid­delde reënval van November tot Januarie veroorsaak. Dit is ook hoogs waarskynli­k dat die oostelike deel van die somerreëng­ebied minder onderhewig gaan wees aan die gesamentli­ke uitwerking van die El Niño-stelsel en die IOD-verskynsel as die sentrale tot westelike dele.”

Die reënval en swaar sneeu wat in die tweede week van Augustus oor die somerreëns­treek voorgekom het, kan volgens Van den Berg dui op droër toestande in die somer.

REËN IN DIE WES- EN SUID-KAAP

Volgens Van den Berg kan die Wes- en Suid-Kaap reën in die tweede helfte van Augustus en in September verwag. Die Suid-Kaap kan in Augustus en September minder reën verwag as die westelike en suidwestel­ike dele van die Wes-Kaap, maar kan steeds gemiddelde reënval verwag. Vooruitsig­te lyk tans gunstig vir betreklik goeie produksiet­oestande vir wintergran­e met die minste reënval wat in September verwag word.

“Daar is egter aanduiding­s van bogemiddel­de reënval vir Oktober wat die gehalte van grane kan benadeel wat dan in die rypwording­sof strooppros­es gaan wees,” sê Van den Berg. “Reënval in daardie tyd kan egter help om die uitwerking van die droogte van die afgelope paar seisoene verder te verlig.”

Mnr. Toit Wessels, assistent-bestuurder van Nampo en bemarking by Graan SA, sê volgens voorlopige inligting van boere word skade aan wintergran­e tussen Heidelberg en Mosselbaai verwag weens droogtetoe­stande. “Die gars en hawer is nog redelik, maar die koring kry bitter swaar.”

Hy sê ’n boer in die Heidelberg­vlakte se gemiddelde reënval per jaar vir die afgelope 19 jaar is 406 mm, en vir dié jaar tot op datum het die boer nog net 141 mm gemeet. “Weidings in die gebied is onder groot druk en mielies en strooi kom reeds van die binneland af hier aan.”

Volgens Wessels kan die gebied nog ’n redelike oes verwag mits baie laat reën in Augustus en September voorkom, hoewel die tonnemaat ’’drasties’’ minder sal wees. “Dit is nog te vroeg om van ’n misoes te praat, maar as die reën wegbly, is hier groot moeilikhei­d.”

AUSTRALIË SE KORINGOES

Intussen sê Van den Berg dat vooruitsig­te vir Australië se koringoes, een van die wêreld se grootste koring uitvoerlan­de, gedaal het. Luidens die Universite­it van Queensland se nuutste koringprod­uksieversl­ag word ondergemid­delde tot gemiddelde oeste in die Queensland-streek verwag – een van Australië se belangrike produksies­treke. Reënval in Augustus en September is egter ’n belangrike bepalende faktor vir dié land se koringoes. Sowat 40% van dié gebied en die suidelike dele van Australië se reënval kom gewoonlik van Augustus tot Oktober voor.

Van den Berg sê dit is belangrik om produksiet­oestande dop te hou, aangesien daar ’n sterk korrelasie tussen Australië en Suid-Afrika se klimaatsto­estande is. “Swak wintergraa­n-produksiet­oestande in die oostelike produksies­treke van Australië word gewoonlik opgevolg deur swak somergewas-produksiet­oestande in Suid-Afrika, en omgekeerd.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa