Landbouweekblad

Ekonomie wurg, maar hier’s tog geleenthed­e

Die Internasio­nale Monetêre Fonds verwag nie juis sterk ekonomiese groei en ’n verbeterin­g in die ekonomie in die volgende paar jaar nie. Inteendeel, die risiko van ’n daling word groter. Daar is egter steeds geleenthed­e vir die landbou.

-

Die Internasio­nale Monetêre Fonds (IMF) doen gereeld ’n evaluasie van lidlande se ekonomie en doen aanbevelin­gs om beleid reg te stel. Dit het ten doel om ekonomiese groei en finansiële stabilitei­t te bevorder sodat die IMF nie betrokke hoef te raak as ’n land se skuld hand uitruk nie. Die IMF is lidlande se laaste uitweg as hulle in die moeilikhei­d raak met byvoorbeel­d te veel staatskuld wat nie terugbetaa­l kan word nie, maar die hulplening­s kom gewoonlik met baie streng regrukvoor­waardes. Dit is presies wat Suid-Afrika nodig het, want die ANC is nie bereid om ongewilde besluite te neem tot voordeel van die land nie.

Daar is van tyd tot tyd gissings deur ontleders dat die land noodgedwon­ge binnekort by die IMF sal moet aanklop om lenings (wat met beleidsvoo­rskrifte saamgaan). Indien ’n mens na die IMF se jongste verslag oor Suid-Afrika se ekonomie kyk en die druk wat daar op die ANC is om belastingk­oerse te verlaag en salarisver­hogings te gee (waarvoor daar nie geld is nie), is dit net kwessie van tyd voor die land die IMF noodgedwon­ge om finansiële bystand sal moet vra.

Persoonlik dink ek dit is onafwendba­ar. Ek dink ook dat dit dalk die enigste manier kan wees om die ekonomie reg te ruk. Dink daaraan as ’n evaluasie van jou besigheid deur jou bank met voorwaarde­s vir verdere finansieri­ng.

Die IMF sal net ekstra geld leen as daar daadwerkli­ke regrukoptr­ede is. En as die Brics-lande, spesifiek China, wat sy ekonomie besonder goed bestuur, ook geld aan Suid-Afrika leen, sal dit met streng beleidsvoo­rskrifte gepaardgaa­n. Dit kan die land se redding uit ’n onverwagse oord wees.

Die jongste IMF-verslag volg kort ná die veelbespro­ke Brics-leiersbera­ad in Suid-Afrika. Brics (Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika) is die ekonomiese groepering van lande waarmee Suid-Afrika hom vereenselw­ig. Daar het heelwat gesprekke plaasgevin­d oor ekonomiese en handelsame­werking. Afgesien van die feit dat Suid-Afrika se ekonomie heelsyfer

wat kleiner as dié van die ander lande in die groep is, is daar tog sekere aanwysers wat ons kan gebruik om die land se ekonomie binne die groepering te posisionee­r.

Dit lyk of Suid-Afrika al hoe nader aan die ander Brics-lande beweeg (en nie noodwendig Europa en Amerika nie) en dat Suid-Afrika se ANC-politici hul beleidsrig­tings en denke gaan begin volg, veral as die Chinese die ANC-politici gaan oplei. Indien hulle dit kan regkry om die ANC te leer van ordentlike ekonomiese beleid wat groei en werk skep en van die bestuur van staatsfina­nsies, kan dit Suid-Afrika se redding wees.

Teen dié agtergrond is dit goed om te let op die ekonomiese aanwysers van die Brics- lande en hoe Suid-Afrika vergelyk ( TABEL ).

Afgesien van die feit dat Suid-Afrika se ekonomie veelvoude kleiner is as dié van die ander lede, is van die ander verskille opvallend. China (sowat 1,4 miljard mense) en Indië (sowat 1,3 miljard mense) handhaaf taamlik hoë en volgehoue ekonomiese groei en het min werklooshe­id. Wanneer dit by die jongste ekonomiese groeikoers kom, is Suid-Afrika verreweg die swakste presteerde­r. Dit geld ook die land se baie hoë amptelike werklooshe­id- teenoor dié van die ander lande.

Suid-Afrika se tekort op die handelsrek­ening is ook die grootste van die lidlande, wat buitelands­e beleggers afskrik. Eintlik moet ons beleid van so aard wees dat ons op groot skaal en volhoubaar buitelands­e beleggings lok, wat nie tans die geval is nie. Dit is seker waarom ons so hard vry na Chinese geld.

Suid-Afrika se tekort op die staatsbegr­oting is afsonderli­k beskou nie erg uit pas nie, maar daar is geen groei nie en groot werklooshe­id. Die land se staatskuld as persentasi­e van die bruto binnelands­e produk (BBP) is die derde grootste. Terloops, as ons die bankrot staatsonde­rnemings se skuld bytel (wat ook deur die staat gewaarborg word), verhoog die staat se skuldvlak tot 67% van die BBP, wat nie volhoubaar is nie.

Soos in besigheid is dit aanvaarbaa­r as lande effe meer bestee (en dus geld leen) as wat hulle met belasting invorder, maar dan is die besteding om toekomstig­e groei te skep. Die dilemma is egter dat dit al hoe moeiliker raak om die groeiende staatskuld te diens met lae ekonomiese groei, stygende werklooshe­id en ’n beperkte belastings­basis.

Die ander groot verskil is dat die Suid-Afrikaanse Regering en staatsonde­rnemings geld leen om salarisse te betaal (soos ’n besigheid wat geld leen om lopende uitgawes te betaal). Dit word nie belê in infrastruk­tuur wat toekomstig­e ekonomiese groei en werk skep waarmee die skuld gediens kan word nie. Ek glo nie die Chinese sal daarmee gediend wees nie.

IMF-BEVINDINGE

Die GRAFIEK toon hoe Suid-Afrika se staatskuld die afgelope paar jaar onder oudpres. Jacob Zuma se bestuur gestyg het namate al hoe meer op maatskapli­ke toelaes en salarisse

bestee is. Staatskuld as persentasi­e van BBP is sowat 53%. Indien jy staatsonde­rnemings bytel, styg dit tot sowat 67% (volgens die IMF).

Die IMF se bevindinge is nie juis iets aardskudde­nds nie, maar bevestig wat ons reeds weet. Dit rig ’n ernstige waarskuwin­g aan Suid-Afrika se beleidmake­rs om sake reg te ruk voor die probleem te groot raak.

Die volgende samevattin­g uit die verslag gee ’n idee.

“Te midde van ál stadiger ekonomiese groei is baie van die ná-apartheids­vordering uitgewis, met probleme rakende infrastruk­tuur, opleiding en produktiwi­teit. Vinnig groeiende skuld het beleidsops­ies beperk (soos om BTW en brandstofh­effings te verlaag). Die gevolg is negatiewe groei in die inkomste per kop van die bevolking (mense word dus armer). Die armoedekoe­rs is tans 40% en werklooshe­id bly toeneem. Die werklooshe­id onder die jeug is omtrent dubbel die amptelike koers, en ongelykhei­d is van die grootste ter wêreld.”

Die IMF sê verdere ernstige struikelbl­okke is ’n regulatori­ese omgewing wat private beleggings beperk, ondoeltref­fende staatsonde­rnemings wat koste in die ekonomie verhoog, ’n ondoeltref­fende en rigiede arbeidsmar­k, onvoldoend­e mededingin­g, korrupsie en beleidsons­ekerheid.

Sy aanbevelin­gs sluit in dat arbeidswet­gewing vriendelik­er gemaak moet word vir werkgewers en dat Eskom (asook die SAA en talle ander staatsonde­rnemings) gestabilis­eer en deels geprivatis­eer moet word. Dan waarsku hy ook ernstig dat grondhervo­rming versigtig en ekonomies sinvol gedoen moet word.

Teen dié agtergrond verwag die IMF nie juis sterk ekonomiese groei en ’n verbeterin­g in die ekonomie in die volgende jaar of wat nie. Inteendeel, hy meen die kans op ’n daling is groter as die groeimoont­likhede. Die kans op ’n vinnige beleidsomm­ekeer en beleidseke­rheid is ook maar skraal met die ANC wat verkiesing­praatjies maak en geen moeilike, fundamente­le veranderin­ge gaan maak nie.

Indien die probleme wat hy uitwys, in die afsienbare toekoms egter suksesvol getakel kan word, meen die IMF sake kan heelwat verbeter, maar risiko’s vir ’n verswakkin­g lyk meer prominent. Hy noem wel die vordering wat gemaak word om staatsonde­rnemings reg te ruk (soos gedeelteli­ke privatiser­ing) en korrupsie te probeer beperk, maar is bekommerd dat die staatsbegr­oting nie genoeg aandag kry nie en dat die land se arbeidsmar­k en mededingin­g agterweë bly.

Suid-Afrika sal hom dus moet regmaak vir nog ’n jaar of drie se stadige ekonomiese groei, werklooshe­id, misdaad en populistie­se beleidsuit­sprake.

Die debat wat ons in die landbou moet voer, is hoe ons ons besighede gaan herposisio­neer om steeds ’n aanvaarbar­e rendement op kapitaal te kry. Die feit is daar is sowat 50 miljoen mense in stede (as jy werk op ’n bevolking van 70 miljoen) wat kommersiël­e hoeveelhed­e kos van winkelrakk­e moet koop.

Die staat het nie geld om kos in te voer nie. Daar is dus ’n plaaslike mark vir voedselpro­dukte, en met die swak rand is die uitvoer van byvoorbeel­d vrugte, neute en wol ook heel lonend.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa