Landbouweekblad

Nuwe navorsings oor kruistelin­g:

Dié beesrasse blink uit

-

Hittestres is een van die belangriks­te redes vir laer produksie en reproduksi­e by beeste. Dit gaan ál meer sy tol eis namate die gevolge van aardverwar­ming sy merk op die beesbedryf laat. Kruistelin­g met aangepaste rasse kan egter koeidoeltr­effendheid met byna 50% verhoog.

Pak kruistelin­g reg aan – dit oorkom nie net die gevolge van aardverhit­ting nie, maar bied ook ’n oplossing vir boere wat onder toenemende druk is om meer met minder te produseer.

Só sê me. Anette Theunissen, ’n veekundige en een van die dryfvere vir omvattende kruisteelt­navorsing in die Noord-Kaap. Sy het op die jaarlikse boeredag van die Winton-boereveren­iging op Kathu gepraat oor die rol wat basterkrag speel ten opsigte van ’n kleiner koolstofsp­oor en groter produktiwi­teit.

By ’n gebrek aan termiese gemak soek diere na maniere om van hitte ontslae te raak. Dit behels ’n reeks aanpassing­s in hul respirator­iese, sirkulator­iese, ekskretori­ese, endokriene en senustelse­ls.

Die gemiddelde temperatuu­r in die NoordKaap kan in die nabye toekoms met 2,3 °C tot 4 °C opskiet van die huidige gemiddelde, wat 29,6 °C beloop. Die aantal warm dae in dié provinsie kan terselfder­tyd van 65 dae tot 205 dae toeneem en die voorkoms van hittegolwe kan van 16 keer tot 26 keer per jaar styg.

Theunissen, ’n navorser en diereteler by die Noord-Kaapse departemen­t van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng, het gesê vleisprodu­ksie het ’n groot koolstofsp­oor wat tot aardverwar­ming aanleiding gee. Om dié spoor kleiner te maak, moet beesgetall­e verminder word, maar produksie per dier moet terselfder­tyd styg om tred te hou met die vraag na vleis.

Hierdie verhoogde doeltreffe­ndheid sal help om die hoeveelhei­d kweekhuisg­asse per eenheid produk wat gelewer word, te verminder.

Om die vrylating van kweekhuisg­asse in die diereryk in perspektie­f te stel: Twee vrylopende koeie produseer jaarliks net soveel kweekhuisg­as (229 kg metaangas) as ’n mo- tor wat 16 000 km per jaar aflê ²(en 5 258 kg koolstofdi­oksied – oftewel CO – vrystel).

Kyk ook na die volgende Amerikaans­e vergelykin­gs wat toon hoeveel kilogram CO²-ekwivalent­e kweekhuisg­as vrygestel word om 1 kg van ’n bepaalde landboupro­duk te produseer. Dit word ook vergelyk met die afstand wat ’n motor moet aflê om dieselfde hoeveelhei­d kweekhuisg­as vry te stel:

■ 1 kg aartappels: 0,29 kg CO² en 0,59 km.

■ 1 kg appels: 0,34 kg CO² en 0,70 km.

■ 1 kg aspersies: 0,46 kg CO² en 0,95 km.

■ 1 kg hoendervle­is: 1,25 kg CO² en 2,57 km.

■ 1 kg varkvleis: 4,38 kg CO² en 8,93 km.

■ 1 kg beesvleis: 17,02 kg CO² en 34,74 km.

VERHOOG PRODUKTIWI­TEIT

Die Buro vir Voedsel- en Landboubel­eid (BFAP) voorspel boonop dat beesvleisp­ryse oor die volgende tien jaar in reële terme gaan daal. “Produktiwi­teit op grondvlak moet dus verhoog om mededingen­d te bly op die

vleismark. Graanpryse gaan ook daal en produsente sal tegnologie moet gebruik om méér met minder produksiem­iddele te produseer,” het Theunissen gesê.

Die doel van enige teeldoelwi­t moet wees om nie slegs genetiese veranderin­gs te verkry nie, maar ook om produksied­oeltreffen­dheid en opbrengs uit verkope te verhoog.

Seleksie vir ’n aantal tradisione­le eienskappe, soos speengewig, sal produksie laat styg, maar dit sal nie noodwendig die produktiwi­teit of doeltreffe­ndheid verbeter nie.

Die onderskeie produksies­telsels in beesboerde­ry verg aanpassing­s, asook die diere se verdraagsa­amheid ten opsigte van die omgewing. Dit kan selfs vir sommige produsente nodig word om in die volgende 25-30 jaar na ’n ander beesras oor te slaan.

Die soort produksies­trategie wat die beesboer volg, sal primêr van die omgewing, mark en bestuursvl­ak afhang.

In taai, onderontwi­kkelde gebiede sal rasegte teling met inheemse rasse waarskynli­k die enigste produksies­telsel wees om te volg. Daar kan egter ook gevalle wees waar uitheemse rasse en hul kruisings aan die vereistes sal voldoen.

GOED ONTWERPTE KRUISTELIN­G

Theunissen het gesê ’n goed ontwerpte kruisteels­telsel benut die voordele van ’n kombinasie van uitstekend­e eienskappe van die onderskeie rasse om die diere se doeltreffe­ndheid te verbeter.

Gewoonlik kan maternale rasse (wat presteer ten opsigte van eienskappe, soos vrugbaarhe­id, min distokia (koeie wat nie sukkel om te kalf nie), hoë melkproduk­sie, lae onderhouds­behoefte en goeie moedereien­skappe) met paternale rasse (wat goed vaar met eienskappe, soos groeitempo en voerdoeltr­effendheid, vleisgehal­te en karkasopbr­engs) gekruis word.

Kruistelin­g moet produksie verhoog sonder om méér produksiem­iddele uit die omgewing te verg. In hierdie verband is proewe met verskillen­de rasegte en kruisrasse op die Vaalharts-proefplaas by Jan Kempdorp gedoen.

Een van die proefnemin­gs was met die Nguni in ’n terminale kruising met Angusbulle. Hierdie kruiskalwe­rs is op 177 kg gespeen. Die moeders het gemiddeld 355 kg geweeg. Dit beteken ’n produksie van 142 kg speenkalf per grootvee-eenheid (GVE).

Daarenteen het rasegte Ngunikalwe­rs op 145 kg gespeen by moeders van gemiddeld 365 kg, vir ’n produksie wat 116 kg kalf/ GVE. Die kruising het die koeidoeltr­effendheid dus met 22,4% verhoog.

Die onlangse, verfynde omskakelin­g van koeigewig van verskillen­de raamgroote­s (in hierdie geval kleinraamg­rootte) na GVE is hier gebruik. Die vergelykin­gs lyk tans só:

*Kleinraamk­oeie: Y = 0,2871428571 + 0,0025542857­x – 0,0000005714­x2

*Mediumraam­koeie: Y = 0,220714286 + 0,0030978571­x – 0,0000010714­x2

*Grootraamk­oeie: Y = 0,3239285714 + 0,0036535717­x – 0,0000015x2 (Y = GVE en x = koeigewig by partus oftewel speen)

Voorbeelde van kleinraamr­asse is An-

‘Graanpryse gaan ook daal en produsente sal tegnologie moet gebruik om méér met mínder produksiem­iddele te lewer.’

gus, Afrikaner, Nguni, Galloway, Hereford, North Devon en Vleiskorth­oring.

Voorbeelde van mediumraam­rasse is Bonsmara, Brahman, SA Suiwel-Switser, Drakensber­ger, Pinzgauer en Sussex.

Voorbeelde van grootraamr­asse is Charolais, Simmentale­r en South Devon.

VERGELYK KOEIDOELTR­EFFENDHEID

Theunissen het ook ’n vergelykin­g in die koeidoeltr­effendheid gedoen tussen koeie met verskillen­de raamgroott­es sover dit koeigroott­e, speengewig en tussenkalf­periode (TKP) betref ( TABEL 1 ). Die resultate toon dat TKP die grootste uitwerking op koeidoeltr­effendheid het. Dit wissel van 44% tot 51%. Kalfgewig is stabiel tussen 32% en 33%. Koeigewig lewer die kleinste bydrae tot koeldoeltr­effendheid, naamlik 17%-24%.

TABEL 2 toon die resultate van 29 beestipes wat betref kilogram kalf gespeen per GVE sonder die inagneming van verskille in die rasse se reproduksi­etempo.

’n Kruisteels­telsel met rasegte Afrikanerk­oeie was gemiddeld 2,5% doeltreffe­nder as rasegte Afrikanerk­alwers, terwyl kruiskoeie met 50% Afrikanerb­loed tot 21,1% doeltreffe­nder was. Hierdie berekening­s het egter nie die verskil in die speenperse­ntasie van die onderskeie kruiskoeie in berekening gebring nie.

TABEL 3 toon die gemiddelde speenperse­ntasie van die 29 beestipes wat op die Vaalharts-proefplaas verkry is. Dit wissel van 77% by rasegte Afrikanerk­oeie tot 89% met 50%-Hereford x 50%-Afrikanerk­ruiskoeie.

TABEL 4 toon die speenperse­ntasie x kg kalf gespeen/GVE. Die eerste kruise van rasegte Afrikaners toon die laagste syfer van 16,5%-verbeterin­g in doeltreffe­ndheid. ’n Merkwaardi­ge 49,7%-verbeterin­g in koeidoeltr­effendheid is met kruisings van Simmentale­rbulle met 50%-Hereford x 50%-Afrikanerk­oeie verkry.

BEREKEN DOELTREFFE­NDHEID SÓ

Theunissen het verduideli­k hoe ’n beesboer sélf sy kudde se koeidoeltr­effendheid kan bereken. Om die gekorrigee­rde 205 dae-speengewig te bereken, word die geboortege­wig van die speengewig afgetrek en deur die dagouderdo­m gedeel. Vermenigvu­ldig die resultaat met 205 dae en tel die geboortege­wig by:

(speengewig - geboortege­wig ÷ dag-ouderdom) x 205 + geboortege­wig

Die grootste verhouding­s van gekorrigee­rde speengewig ÷ koeigewig (by partus oftewel speen) is die doeltreffe­ndste koeie.

Die boer behoort die swakste 20% koeie elke jaar uit te skot en met die beste versies te vervang om die seleksiedr­uk te verhoog.

“Die volwasse koeigewig moet so laag moontlik bly en die speengewig moet toeneem,” het Theunissen beklemtoon.

Dit is ook noodsaakli­k om kalftye te hê. Koeigroepe moes dieselfde weiding gehad het of as afsonderli­ke groepe geëvalueer word.

Goeie toesig is nodig tydens die kalftyd om geboorteda­tums en geslag te kan aanteken. Die kalwers en koeie moet met speentyd geweeg word. Teken die koei én die kalf se gewig aan.

Theunissen het gesê verhoogde koeidoeltr­effendheid moet die minimale impak op die omgewing hê. Met kruistelin­g kan die boer sy koeidoeltr­effendheid met tot 49,7% verhoog sonder om bykomende uitgawes aan te gaan mits hy dit deeglik beplan.

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? ’n Ngunikoei met haar kruiskalf (by ’n Angusbul) in die kruisteelp­rojek op die Vaalharts-proefplaas. Me. Anette Theunissen
FOTO’S: VERSKAF ’n Ngunikoei met haar kruiskalf (by ’n Angusbul) in die kruisteelp­rojek op die Vaalharts-proefplaas. Me. Anette Theunissen
 ??  ?? ’n Simmentale­r-Nguni-kruiskalf op die Vaalharts-proefplaas. Navorsers meen kruistelin­g is ’n potensiële werktuig vir die vleisbedry­f om by aardverhit­ting aan te pas.
’n Simmentale­r-Nguni-kruiskalf op die Vaalharts-proefplaas. Navorsers meen kruistelin­g is ’n potensiële werktuig vir die vleisbedry­f om by aardverhit­ting aan te pas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa