Landbouweekblad

Boerekos kook!

Julle vra al lank vir ’n kookboek met ons se lekkerste resepte en hier is hy nou! Ingedeel in hoofstukke volgens plaasprodu­kte en propvol trefferres­epte, is Landbou Boerekos — van die plaas na die tafel ’n boek wat op elke boerekosli­efhebber se kookboekra

-

VANDEESWEE­K

As die skoen(tjie) pas 107 Pikantriss­ies groei fluks in die Oos-Kaap 108 Skakerings van blou 110 Jonkershoe­k: ’n Gemeenskap se trots 111 Hart tot hart 111

AARTAPPELS Kerrie-aartappels­op

Hierdie sop is een van daardie boomskraap einde-van-diemaand-nommers en vra net ’n hand vol goedkoop bestanddel­e, maar dis heerlik. As jy nie room het nie, vervang dit met melk.

10 ml olie 10 ml botter 2 uie, fyn gekap 15 ml matige kerriepoei­er 1 liter hoenderaft­reksel 3 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny 125 ml room, plus ekstra om af te rond 125 ml melk Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Verhit die olie en botter in ’n groot kastrol en braai die uie daarin tot sag. Voeg die kerriepoei­er by en braai vir 1 minuut. Voeg die hoenderaft­reksel en aartappels by en verhit tot kookpunt. Prut vir sowat 30 minute of tot die aartappels sag is. Verpulp die sop (’n staafmenge­r werk goed) en roer die room en melk by. Verhit die sop tot kookpunt en geur na smaak met sout en peper. Skep op en rond af met ’n ekstra draaisel room in elke bakkie. Lewer 4 porsies.

APPELS Karamelapp­elkrummelt­ert Deeg

250 g botter 200 ml suiker 1 eier 5 ml vanieljege­ursel 625 ml koekmeel

Knippie sout 5 ml bakpoeier 250 ml klapper

Vulsel

30 ml fyn appelkoosk­onfyt

1⁄2 blik (ongeveer 125 ml) karamelkon­densmelk 500 ml gaargekook­te appelstukk­e Geklopte room en fyn kaneel om voor te sit

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n tertbord van 20 cm goed met botter. Verroom die botter en suiker vir die deeg goed saam. Voeg die eier en vanieljege­ursel by en klits goed. Voeg die meel, sout, bakpoeier en klapper by en verwerk tot ’n deeg. Breek ¹⁄₃ van die deeg af, bedek dit met kleefplast­iek en sit in die vrieskas. Druk die res van die deeg (²⁄₃) egalig op die boom en teen die kante van die pan vas. Verkoel vir 10 minute. Smeer die appelkoosk­onfyt en dan die karamelkon­densmelk egalig op die basis van die tert. Pak die appels styf teen mekaar op die karamel. Haal die orige stuk deeg uit die vrieskas en rasper dit grof oor die appels. Bak vir ongeveer 30-40 minute tot die deeg goudbruin en deurgaar is. Sit louwarm voor met geklopte room en kaneel oorgesprin­kel. Lewer 10 porsies.

EIERS Suurlemoen­smeer

Net vier basiese bestanddel­e — suiker, botter, suurlemoen­sap en eiers — span saam om ’n hemelse lekkerny te maak.

120 g botter, in blokkies gesny Sap van 4 suurlemoen­e 250 ml suiker 4 groot eiers, geklits

Verhit die botter, suurlemoen­sap en suiker stadig saam tot die suiker gesmelt is. Klits ’n bietjie van die warm mengsel by die geklitste eiers en voeg dit dan alles by die suurlemoen­sapmengsel in die kastrol. Verhit stadig oor lae hitte, terwyl aanhoudend geroer word, tot die mengsel verdik en begin prut. Hou die hitte baie laag en laat prut vir 1-2 minute, terwyl aanhoudend geroer word. Giet in ’n skoon bak om af te koel. Bottel en bêre in die yskas. Lewer 650 ml smeer.

GROENBONE Groenboont­jiebredie

Jy het nie baie (of duur) vleis nodig om hierdie treffer te maak nie — sorg net dat daar ’n vetjie aan is.

350 g stoweskaap­vleis, in stukkies gesny (ek gebruik graag rib) Sout en vars gemaalde swartpeper 30 ml olie 2 uie, grof gekap 5 ml gemaalde koljander Water 4 aartappels, geskil en in kwarte gesny 400 g groenbone, skoongemaa­k en gekerf Skeut vars suurlemoen­sap

Geur die vleis met sout en peper en braai dit bruin in die olie in ’n swaarboomk­astrol. Voeg die uie en koljander by en braai dit saam met die vleis vir ongeveer 3 minute, of tot die uie begin sag word. Voeg genoeg water by om die vleis heeltemal te bedek. Verhit tot kookpunt, draai die stoofplaat laag en prut die vleis stadig vir sowat 90 minute, of tot die vleis sag is. (Kyk dat daar deurentyd genoeg vloeistof in die kastrol is.) Voeg die aartappels en boontjies by en geur liggies met sout en peper, maar moenie roer nie. Verhit weer tot kookpunt, bedek die kastrol en prut vir 30-40 minute tot die aartappels en boontjies gaar is. Gee nou eers die bredie ’n roer, geur na smaak,

en laat prut vir ’n verdere 10-15 minute. Rond af met ’n skeut vars suurlemoen­sap. Lewer 4-6 porsies.

HEUNING Piekniek-hoenderbou­djies

Vinnig en ewe lekker of jy dit warm of teen kamertempe­ratuur bedien. Jy kan die smullekker, klewerige sous ekstra geur gee deur ’n teelepel geroosterd­e komyn by te voeg.

12 hoenderbou­djies 125 ml ligte sojasous 60 ml heuning 3 knoffelhui­sies, geskil en gehalveer Vars gemaalde swartpeper na smaak Stukkie vars gemmer, grof gekap

Pak die hoenderbou­djies in ’n enkellaag in ’n nie-metaalbak. Meng die res van die bestanddel­e en giet oor. Bedek en laat marineer vir minstens 3 uur, maar verkieslik oornag. Draai nou en dan om om te verseker dat die vleis egalig marineer. Voorverhit die oond tot 190 °C. Voer ’n oondbak met foelie uit en pak die hoenderbou­djies daarin. Giet marinade oor. Oondrooste­r vir 40-50 minute of tot die hoender sag en gaar is. (Bedek die boudjies met foelie as die sous te donker bak.) Lewer 6 porsies.

PATAT Patatlasag­ne

Hierdie resep is een van my gunsteling­e en laat my wonder hoekom patat nie ’n algemene plaasverva­nger vir die pastavelle in lasagne is nie, want die geur daarvan werk wonderlik saam met die geure van die vleissous. Al geheim is dat jy die patats papierdun moet sny.

Vleissous

30 ml olie 1 ui, gekap 2 knoffelhui­sies, gekap 500 g beesmaalvl­eis 10 ml elk gemaalde koljander en komyn 15 ml elk worcesters­ous en tamatiepas­ta 1 blik (410 g) tamatiepur­ee 180 ml water Sout, swartpeper en suiker na smaak 5–10 ml gekapte, vars of 3 ml droë oreganum

Witsous

45 ml elk botter en koekmeel 850 ml louwarm melk Sout en peper na smaak 3 groot patats Stukkies botter Sout, peper en neutmuskaa­t na smaak

Verhit die olie en braai die ui en knoffel in ’n pot tot geurig. Voeg die vleis by en braai tot gaar. Voeg die speserye by en braai vir ’n paar minute. Voeg die res van die bestanddel­e by en verhit tot kookpunt. Prut baie stadig vir 20-30 minute terwyl jy nou en dan roer. (Die vleissous moet taamlik souserig wees, maar nie loperig nie.)

Terwyl die vleissous prut, maak ’n witsous van die botter, meel, melk, sout en peper.

Voorverhit die oond tot 180 °C. Kry ’n bak met soutwater gereed. Skrop die patats se skil- le goed skoon en droog af. Sny die patats in dun skyfies en laat dit in die soutwater lê (dit verhinder dat die patats swart word). Smeer ’n oondbak met botter en pak ’n lagie patats op die boom van die oondbak. Skep ’n lagie van die vleissous en dan ’n lagie witsous oor. Pak weer ’n lagie patatskyfi­es. Herhaal die lae en eindig met ’n lagie patats. Stip die boonste patats met klein stukkies botter en geur met sout, peper en neutmuskaa­t. Bedek die gereg met ’n stuk geoliede foelie (die gesmeerde kant na binne) en bak vir ongeveer 45 minute, tot die patats sag is. Druk die gereg vinnig onder ’n warm oondrooste­r om kleur daaraan te gee. Lewer 8 porsies.

 ??  ?? 104
104
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa