Landbouweekblad

GROND AS AFLEIDING

-

Ek is nooit seker hoe ’n mens behoort te verwys na hierdie nasionale selfdoodse­nding oor grond waarop Suid-Afrika nou aandring om te gaan nie. Soms word dit as ’n “debat” beskryf, wat nogal ’n vreende woordkeuse is wanneer wit grondeiena­ars uit die staanspoor as onwettige gronddiewe beskryf word en hul rol bloot is om daardie een ding waarvoor hulle hul hele lewe lank gewerk het, te moet afstaan.

Net uitgevrete politici, wat nog nooit ’n dag se eerlike werk in hul lewe moes doen nie en eerder op belastingb­etalers teer, sukkel om te verstaan hoekom dit ’n probleem is.

Dit is veral gek omdat die besit van private eiendom nog altyd die een manier was waarop die gemiddelde ou ’n bietjie welvaart bymekaar kon skraap. Maar nee, ons dring daarop aan om ook dít weg te vat. Dit is nou nadat ons die byna 30% werkloses verhinder om werk te kry, want ons weier om arbeidswet­gewing te verslap. Die klein besighede wat die werk moet skep, word toegegooi onder regulatori­ese rompslomp, en honderde sulke ondernemin­gs moet hul deure sluit omdat die staat hulle eenvoudig nie betaal vir dienste wat gelewer is nie.

Dan beduiwel ons nog die onderwysst­elsel ook sodat ons mense vir alle praktiese doeleindes nie in diens geneem kan word nie.

Só karring ons aan totdat niks oor gaan wees nie. Die ekonomie stotter en die staatskas is leeg (die totale inkomste uit persoonlik­e inkomstebe­lasting beloop R506 miljard en staatsalar­isse trek by R587 miljard). En wanneer die keiser dan finaal besef hy’s kaalgat, gooi hy die grondkwess­ie voor mense wat reeds lê.

En dan het ons die vermetelhe­id om dit ’n debat te noem! Werklike grondbesit­syfers word eenvoudig geïgnoreer. Dit is baie gerieflike­r om voort te borduur op die versinsels dat wit mense 80% van die grond besit en swart mense ’n skamele 20%. Só het ons mos minstens ’n duidelike vyand.

Niemand gee om dat die meeste Suid-Afrikaners saamstem dat meer swart Suid-Afrikaners toegang tot grond moet kry nie. Maar hoekom gebeur dit nie? Hoekom word meer swart boere nie gevestig nie?

Wel, ons het ’n verstommen­d slapgat staat. Soms wonder ’n mens of dit nie dalk té goed gegaan het in Suid-Afrika nie. Hoekom anders sal jy ’n ekonomie wil verwoes waar 15 miljoen werkendes maatskapli­ke toelaes aan 17 miljoen mense moet betaal?

Ons is bereid om dít alles op die spel te plaas. Vir wat? Om wit mense op hul plek te sit, soos ’n swart briefskryw­er dit onlangs aan Business Day gestel het? Regtig? Is dit nou ons strategie om Suid-Afrika se knellende armoede te verlig?

Intussen het die Suid-Afrikaanse Inkomstedi­ens ons aan die strot beet. Dit eindig ook nie by belasting nie. Jy betaal eers vir al jou eie dienste voor jy by die transforma­siegeld kom, soos wetgewing oor swart ekonomiese bemagtigin­g, aftrekking­s van statutêre heffings vir transforma­sie, en eiendomsbe­lasting wat gelaai word om armer gebiede te kruissubsi­dieer. Dit sou aanvaarbaa­r kon wees as daardie geld wel die land se probleme opgelos het.

Maar die reëls geld mos net vir een party. Tronkstraf is die belastingb­etaler se voorland indien hy nie by die reëls hou nie. Vir die staatdiens is daar geen gevolge nie, veral nie wanneer ’n gerieflike “gronddebat” die aandag kan aflei nie. — CHRIS BURGESS

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa