Landbouweekblad

ANCSE TOWEROPLOS­SING: WYSIG ARTIKEL 25

-

“Artikel 25 van die Grondwet moet gewysig word om die onteiening van grond sonder vergoeding moontlik te maak. Dit sal Suid-Afrika se probleme van armoede, werklooshe­id en swak ekonomiese groei oplos.”

Dít was min of meer die trant van die meeste argumente op die openbare sittings oor grondontei­ening. In baie toesprake was daar haat en wraak teen wit mense. Dit is die gevolg van regeringsl­eiers, veral in die Zuma-tydperk, wat hul kiesers op ’n haat-dieet teen wit mense gevoer het as ’n manier om hul mislukking­s weg te steek.

Asjyfynerg­eluisterhe­t,soujy egter gehoor het die meeste van die sprekers soek net ’n kortpad uit armoede uit. Dit was desperate hulpkrete aan die Regering om hul armoede te verlig.

Dit pas die ANC om verkeerdel­ik uit die sittings af te lei dat grond en die behoefte om te boer die meeste mense se eerste en belangriks­te behoefte is.

As enige mens die keuse kan kry of hy of sy verniet ’n plaas of grond kan kry, wie sal “nee” sê? Daarom kan die sittings moeilik as ’n wetenskapl­ik korrekte referendum oor grond vir boerderybe­drywighede gesien word.

In ’n onlangse landwye meningspei­ling van die Instituut vir Rasseverho­udinge is bevind swart mense meen werkskeppi­ng moet die Regering se voorrangsa­ak wees. Werkskeppi­ng en beter onderwys is deur 64% van die mense as hul eerste en tweede voorrangsa­ke aangewys. Vinniger grondhervo­rming was tiende op die lys met 1% steun.

Die pleidooie op die sittings het wel daartoe gelei dat pres. Cyril Ramaphosa skielik en ondeurdag aangekondi­g het dat die ANC die veranderin­g van artikel 25 van die Grondwet steun. “Skielik” omdat die ANC vrees dat hy swak gaan vaar in die verkiesing oor nege maande, en “ondeurdag” omdat die parlementê­re komitee se ondersoek na die saak nog nie afgehandel is nie.

Die toekoms sal wys dat die ANC se nasionale uitvoerend­e komitee in sy oorhaastig­e paniek Ramaphosa gedwing het om ’n aankondigi­ng te maak sonder dat hy enigsins die gevolge daarvan deurdink het.

As die ANC dink dat hy die towerformu­le gekry het om armoede, werklooshe­id en die swak ekonomiese groei in Suid-Afrika op te los deur artikel 25 van die Grondwet te wysig, wag daar ’n groot verrassing op hom. Presies die teenoorges­telde gaan gebeur.

Daar is geen manier hoe die ANC “’n beter lewe vir almal gaan skep” sonder hoër ekonomiese groei en beduidende beleggings uit die buiteland nie.

Met grondontei­ening sonder vergoeding stuur die ANC ’n boodskap na buite wat buitelands­e beleggers totaal afskrik en alle ekonomiese groei gaan kelder. Dit sal lei tot “’n slegter lewe vir almal” pleks van ’n beter lewe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa