Landbouweekblad

WOLMARK BOKSPRING MET OPENING VAN NUWE SEISOEN

-

DIE 2018-’19-wolseisoen het op die openingsve­iling met ’n galop weggesprin­g, en het teen R238,29/kg vir skoonwol geopen. Dit is 12,4% hoër as die sluitingsp­rys van Cape Wools se wolaanwyse­r vir die 2017-’18-seisoen.

Luidens Cape Wools se markversla­g was die swakker rand die hoofdryfve­er vir die styging. Die volgehoue vraag na Suid-Afrikaanse Merinowol in al die lengte- en sterkte-kategorieë is nog ’n rede vir die styging.

’n Rekordprys vir vetwol is op die veiling betaal vir ’n baal BHF-wol van 17,2 mikron en ’n skoonopren­gs van 74,5% van mnre. Ronald en Adrian McNaughton van die plaas Houdconsta­nt naby Graaff-Reinet. Die makelaar was BKB en die koper was Standard Wool Suid-Afrika.

WÊRELDAANB­OD KNYP

Volgens die webblad abc.net.au word verwag dat Australië, die wêreld se grootste wolproduse­nt, tydens die 2018-’19-wolseisoen nagenoeg 2% minder wol sal produseer weens die droogte wat die land ervaar. Dit sal verdere druk plaas op internasio­nale wolvlakke, wat reeds laag is.

Luidens Rabobank se verslag vir Julie oor landboukom­moditeite in Australië, is die swak handelsver­houding tussen China en Amerika egter rede tot kommer vir internasio­nale wolpryse.

“Hoewel geen wol, kledingstu­kke of tekstiel deel uitmaak van die verhoogde tariewe wat Amerika op ingevoerde goedere van China geplaas het nie, hou die verhouding ’n risiko in vir handel oor die algemeen. ”

China is Suid-Afrika se grootste wolkoper en het altesaam 69% van Suid-Afrika se wol in die 2017/’18-seisoen aangekoop.

 ??  ?? Van links is mnre. Basie Claassen, afslaer van BKB, Ken Craig en Mark Wright, albei van Standard Wool SA, Ronald McNaughton en Henri McNaughton. Foto verskaf: BKB
Van links is mnre. Basie Claassen, afslaer van BKB, Ken Craig en Mark Wright, albei van Standard Wool SA, Ronald McNaughton en Henri McNaughton. Foto verskaf: BKB

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa