Landbouweekblad

MOENIE MET MENSE SE KOS ‘SPEEL’ NIE

- — JOHAN NORVAL

“JY kan met baie goed rondspeel, maar moenie met die kos op mense se tafels speel nie,” het mnr. Francois Wilken, voorsitter van Vrystaat Landbou (VL), in sy voorsitter­srede op die organisasi­e se jaarkongre­s in Bloemfonte­in gesê.

Hy het gesê die skade wat politieke retoriek en populisme Suid-Afrika en sy toekoms berokken, word nie in die aanslag op die landboubed­ryf verreken nie. Ongegronde aantygings in die proses om politieke steun en stemme te werf, gaan uiteindeli­k juis die kiesers wat die swaarste kry, die hardste tref.

“Om te wag en te hoop dat die Regering en hoëvlakstr­ukture vir ons oplossings gaan bring, is ’n valse hoop,” het Wilken gesê. “Elke boer sal binne strukture op grondvlak ’n verskil moet maak en betrokke moet raak by besluitnem­ing sodat ons die probleme binne ons gemeenskap­pe kan identifise­er. Die probleme van ons tyd is groot en niemand behalwe onsself gaan bepaal waar ons gaan eindig nie.”

Hy het sy medeboere gemaan dat elkeen die verantwoor­delikheid moet aanvaar vir sy eie omstandigh­ede en dan dié van die gemeenskap. “Deur die probleme wat daar is, te ignoreer en te hoop dit sal verdwyn, sal nie vir ons ’n toekoms verseker nie.

Die publiek gaan die toekoms van Suid-Afrika bepaal, want die politieke bestel het heeltemal in duie gestort,” het hy gesê. Volgens hom gaan dit net oor eiebelang en nie meer oor die toekoms van Suid-Afrika nie.

STAAN SAAM MET OOP AGENDAS

Die landbou is egter in ’n unieke situasie, want as die landbou tot niet gaan, beïnvloed dit die hele land, sê Wilken. “Ons moenie toelaat dat ons by politieke debatte betrek word nie. Met oop agendas sal ons moet saamstaan sonder dat ras, geslag of taal bepaal wie deel van die landbou is. Of jy nou ’n groot of ’n klein boer is, is elkeen ’n voedselpro­dusent uit eie reg wat sorg dat voedsel volhoubaar gelewer word vir ons verstedeli­kte bevolking.”

Volgens hom is die georganise­erde landbou steeds die beste toegerus om die onsekerhed­e oor grond te besweer. As van die boere in die organisasi­e se grondeiena­arskap in die gedrang kom in die proses van grondontei­ening sonder vergoeding, het Wilken onderneem dat die organisasi­e dié boere ten volle sal ondersteun.

VERMY PANIEK

Dr. John Purchase, uitvoerend­e hoof van die landbousak­ekamer Agbiz, het op die kongres gesê hoewel daar onsekerhei­d is oor die huidige wendings oor die onteiening van grond sonder vergoeding, moet boere nie in wanhoop oor die proses verval nie. Die heersende politieke onsekerhei­d wat die landbou strem, moet bestuur word om nie paniek in die bedryf te saai nie, het Purchase gesê.

Die landbou-voedselwaa­rdeketting is ’n reusebate vir Suid-Afrika wat ’n groter bydrae tot die ekonomie lewer as sy bydrae tot die bruto binnelands­e produk (BBP). “As ons voedselsek­erheid en die voorsienin­g van bekostigba­re voedsel aan die landsburge­rs verloor, is Suid-Afrika in die proses ’n groot bate kwyt.”

Purchase het gesê boere ervaar ekonomiese druk, onder meer ten opsigte van gewaspryse. Daar is egter wél sikliese geleenthed­e wat benut kan word, soos tans die geval is met rooivleis. “Dikwels word boere in hul onderskeie plaastoest­ande vasgevang. Hulle is uiters belangrik as produsente en daar is ’n toekoms vir hulle.”

’Elke boer sal binne strukture op grondvlak ’n verskil moet maak en betrokke moet raak by besluitnem­ing.’

 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? Mnr. Francois Wilken (naasregs), voorsitter van Vrystaat Landbou (VL), op die jaarkongre­s van die VL in Bloemfonte­in. Van links is dr. John Purchase (Agbiz), mnre. Louw Steytler (’n voormalige VL-voorsitter), Wilken en Tommie Esterhuyse (ondervoors­itter van VL).
FOTO: JOHAN NORVAL Mnr. Francois Wilken (naasregs), voorsitter van Vrystaat Landbou (VL), op die jaarkongre­s van die VL in Bloemfonte­in. Van links is dr. John Purchase (Agbiz), mnre. Louw Steytler (’n voormalige VL-voorsitter), Wilken en Tommie Esterhuyse (ondervoors­itter van VL).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa