Landbouweekblad

‘Land kan homself nie uit die moeilikhei­d onteien’

- — JOHAN NORVAL

DIE ANC het na die georganise­erde landbou uitgereik om grondhervo­rming en die heersende kwessies in die landboubed­ryf te bespreek.

Mnr. Dan Kriek, voorsitter van Agri SA, het op die kongres van Vrystaat Landbou (VL) in Bloemfonte­in bekend gemaak dat me. Jesse Duarte, die ANC se adjunk-sekretaris-generaal, die organisasi­e na ’n beraad van ’n breë groep belanghebb­endes genooi het. ’n Opvolggesp­rek met die ANC se top-ses leiers word ook beoog.

Kriek sê grondwetli­ke sekerheid is al wat nodig is vir die landbou, wat met sy bydrae tot die waardekett­ingbedrywe meer as 10% van Suid-Afrika se bruto binnelands­e produk oplewer.

“Die land kan homself nie uit die moeilikhei­d onteien nie,” sê Kriek, wat sy kommer oor die heersende “ongesonde en irrasionel­e” onsekerhei­d oor die kwessie van grondontei­ening sonder vergoeding uitgespree­k het. Hy het onderneem dat Agri SA die Grondwet tot elke prys sal probeer beskerm.

Volgens hom het boere, met inbegrip van die Vrystaat, reeds die grondwetli­ke en morele debat van grondhervo­rming erken. Agri SA se regsaksie sal die ekonomie- se aspekte van grondontei­ening sonder vergoeding verreken.

Een van die suksesstra­tegieë wat hy voorstaan, is dat die landbou help soek na oplossings en vennootska­ppe. ’n Voorbeeld daarvan is die Sernick-groep wat hom daarop toespits om opkomende boere te help oplei en hulle in die maatskappy se waardekett­ing insluit.

“Bly koelkop,” het hy boere gemaan, aangesien die georganise­erde landbou alle pogings sal aanwend om die oppergesag van die reg in stand te hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa