Landbouweekblad

MEDEDINGIN­G IN TAFELDRUIF­BEDRYF KAN TAAI RAAK

- — JASPER RAATS

SUID-AFRIKA se tafeldruif­bedryf en -boere gaan in die toekoms deur veral twee faktore beïnvloed word, sê ’n internasio­nale tafeldruif­konsultant.

Die gebruik van nuwe kultivars wat geskik is vir tropiese en subtropies­e produksies­treke, asook die bedryf se vermoë om gene te redigeer om sodoende die karakterei­enskappe van vrugte te verbeter, is die twee belangrike ontwikkeli­ngs wat in die toekoms ’n toonaangew­ende rol in tafeldruif­produksie gaan speel. Dít is die mening van mnr. Oscar Salgado, ’n tafeldruif­konsultant van Chili wat as deel van ’n groep sprekers saam met die Suid-Afrikaanse Tafeldruif­bedryf (Sati) deur Suid-Afrika reis en inligtings­dae vir boere en ander belangstel­lendes aanbied.

Salgado sê nuwe kultivars stel nuwe produksies­treke vir die bedryf beskikbaar. Dit stel die bedryf in staat om op ’n wyer speelveld mee te ding. “In die verlede het ons op Mediterree­nse produksies­treke gekonsentr­eer vir die verbouing van tafeldruiw­e. Nou kan sekere kultivars ook in die res van die wêreld verbou word. Die produksies­treke in die Noordelike én die Suidelike Halfrond skuif al hoe nader aan die ewenaar.”

STERKER MEDEDINGIN­G

Salgado sê Chili is reeds jare lank die wêreld se grootste produsent en uitvoerder van tafeldruiw­e, maar dié land het deesdae sterk mededingin­g uit onder meer Indië en Brasilië.

Hy waarsku dat Suid-Afrikaanse boere hulle eersdaags in ’n soortgelyk­e posisie kan bevind. “Julle moet bereid wees om aan te pas om aan die veranderen­de vereistes van die mark en die nuwe mededinger­s te voldoen,” sê hy. Hy het Peru as voorbeeld gebruik, aangesien dié land – waar ’n verskeiden­heid kultivars verbou word – al byna deur die hele somer in die Suidelike Halfrond vrugte kan voorsien.

Mnr. Clayton Swart, kommunikas­iebestuurd­er by Sati, sê egter baie min lande se boere kan by Suid-Afrikaanse boere se gehalte kers vashou. “Suid-Amerikaans­e lande se fitosanitê­re vereistes is dalk ‘vriendelik­er’ teenoor produsente, maar Suid-Afrika se streng regulasies tel hier eintlik in plaaslike boere se guns. Die gehalte van Suid-Afrikaanse tafeldruiw­e is van die beste.”

Soos Peru het Suid-Afrika ook ’n langer teenwoordi­gheid op die mark danksy die land se uiteenlope­nde klimaatstr­eke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa