Landbouweekblad

Belowende jaar vir veselprodu­ksie

- — JOHAN NORVAL

VOORUITSIG­TE vir die plaaslike veselmark lyk uiters belowend, met wol- en bokhaarvei­lings vir die nuwe bemarkings­jaar wat binnekort sal begin.

Mnr. Isak Staats, hoofbestuu­rder van wol en bokhaar by BKB, verwag dat die veilings in Port Elizabeth dieselfde hoë prysvlakke sal handhaaf as die hoogtepunt van die sluitingsv­eiling van die vorige seisoen.

Dit sal na verwagting ooreenstem met die openingspr­ysvlakke van die Australies­e wolmark die vorige week. “Die Suid-Afrikaanse wol- mark het die vorige seisoen afgesluit teen die rekordhoog­tepunt van R230/kg en sal na verwagting die nuwe seisoen op dieselfde hoë prysvlakke begin,” sê hy.

Bydraende redes vir dié verwagting is ’n afname van sowat 8% in die Australies­e wolproduks­ie wat deur ’n heersende droogte vererger word.

“Die plaaslike wolproduks­ie het die afgelope tyd toegeneem en wol is wêreldwyd in aanvraag,” sê Staats. “Ons mark het die vorige bemarkings­tyd in Junie 6% laer afgesluit as die voorafgaan­de jaar en op die huidige tydstip lyk dit asof die plaaslike produksie aansienlik hoër gaan wees nadat die droogte oor ’n wye gebied gebreek is.”

Die vraag na die Suid-Afrikaanse skeersel van sowat 20 mikron met ’n stapelleng­te van 60-70 mm is volgens Staats baie hoog.

Nog ’n neiging van die Australies­e markte wat na Suid-Afrika oorspoel, is dat ’n groter klem op vleisprodu­ksie gelê word. “Die Australiër­s neig ook nou meer na dubbeldoel­skape, soos Dohne-Merino’s en gladdelyf-Merino’s.”

Volgens Staats is dit die ideale tyd om in boerdery te belê met die huidige groeiende vraag na vleis en vesel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa