Landbouweekblad

EKONOMIESE GROEI – SUID-AFRIKA SE GROOTSTE PROBLEEM

- — NICO VAN BURICK

SUID-AFRIKA se grootste probleem is onvoldoend­e ekonomiese groei en kwynende mededingen­dheid. As dit nie reggeruk word nie, kan niks gedoen word aan die aspirasies van miljoene arm mense in die land nie, sê dr. John Purchase, uitvoerend­e hoof van die landbousak­ekamer Agbiz.

Purchase het in Centurion deelgeneem aan ’n gesprekses­sie by AgriHelp, ’n hulporgani­sasie vir ontwikkele­nde boere, oor die posisie waarin Suid-Afrika se landbou hom bevind. Hy het gesê Suid-Afrika het ’n reuse-werklooshe­idsyfer van meer as 27% (onder jeugdiges is dit meer as 50%). “As daar nie vir dié mense ’n toekoms gebied word nie, sal hulle hul al hoe meer tot misdaad wend.”

Hy het verwys na Suid-Afrika se bruto binnelands­ae produk (BBP) wat van $416,9 miljard in 2011 in reële terme afgeneem het tot $294,8 miljard in 2016. Die land se posisie op die wêreldwye mededingen­dheidsinde­ks het ook verswak van nommer 47 in 2016-’17 tot nommer 61 in 2017-’18. Suid-Afrika se redding is dat hy nog ’n netto uitvoerder van kos is. As dit nie die geval was nie, was kos 50%-70% duurder en dit sou tot onluste gelei het.

Purchase het gesê almal besef die belangrikh­eid van werkskeppi­ng, maar die Regering is ook op sy eie paadjie ten opsigte van grondbesit, wat nie vertroue inboesem nie. “Daar is spanning, want niemand weet wie swaai werklik die septer nie. Die boodskappe wat ons agter die skerms kry, strook nie met wat werklik gebeur nie. Daar is groot verdeeldhe­id en wantroue binne die ANC-faksies en dit lyk of dit ’n tyd lank met ons gaan wees.”

Hy het gesê dit lyk of daar wél ’n veranderin­g aan die Grondwet sal wees, maar die bewoording daarvan sal bepalend wees. “Ek dink daar gaan baie hofsake wees. Ons wil ook weet watter 139 plase vir onteiening binne die huidige Grondwet geïdentifi­seer is en hoe dit gaan geskied. Ek verwag ’n lang tydperk van litigasie.”

Uit gesprekke met politici is dit duidelik dat daar ook bedenkinge oor die DA en die EFF se doeltreffe­ndheid as ’n opposisie-koalisie is. Daar word gehoop op ’n her-

posisioner­ing ná die verkiesing. “Daar is ’n behoefte aan ’n sterk, gematigde, nierassige party. Kry ons dit, sien ek ’n blink toekoms vir Suid-Afrika. As daar oorgehel na enige van die meer radikale, populistie­se kante toe, is ons in ’n doodloopst­raat.”

Purchase het gesê die volhoubare benutting en die toekenning van gebruiksre­gte vir hulpbronne, soos grond en water, is van kritieke belang. Dié debat is reeds aan die gang en boere sal by veranderin­ge moet aanpas, terwyl niemand nog weet wat die veranderin­ge gaan wees nie.

Ander probleme wat hy uitgesonde­r het, is onsekerhei­d oor

energiebro­nne in die toekoms. “Ek glo nie Eskom sal homself kan red nie. Hy is bloot te diep in die skuld en dit is haas onmoontlik om daar uit te kom. Ons raai ons besighede aan om met alternatie­we, hernubare energiebro­nne, soos sonkragpan­ele, te werk.”

Oor handel het hy gesê ekonome het ’n jaar gelede al gewaarsku handelsoor­loë gaan die oorloë van die toekoms wees en dit het reeds begin. Purchase het gesê dit was duidelik by die ministerië­le konferensi­e van die Wêreldhand­elsorganis­asie wat hy in Desember in Buenos Aires bygewoon het. “Die oorlog het daar begin. Daar was bloot geen eenstemmig­heid

oor enigiets nie, veral nie oor die landbou nie. ’n Mens kon duidelik sien hoe Amerika hom regmaak vir die handelsoor­log.

“Daar is ook ’n ekonomiese magsversku­iwing na die Ooste toe. Die ambisies van lande, soos China, Rusland en Indië binne die Brics-struktuur, wat 40% van die wêreldbevo­lking en 25% van die wêreld se BBP verteenwoo­rdig, maak Amerika baie gespanne. Trump weet nie hoe om die bedreiging wat hy in die proses ervaar, te hanteer nie. Dus bestaan die handelsoor­log, waardeur hy op lang termyn niks gaan wen nie.”

Purchase het gesê hy glo egter nie Trump sal afwyk van die pad wat hy wil loop nie. Hy geniet die steun van baie mense in Amerika en hy het selfs boere getroos met subsidies van $12 miljard vir verliese wat hulle ly weens veranderin­g ten opsigte van uitvoer.

Hy sê dit gaan die dinamiek in die wêreld verander en Suid-Afrika ook raak omdat die land soms nog vasgevang is tussen Oosterse en Westerse filosofieë.

Opsommende­rwys het Purchase gesê die landbou ervaar onsekere tye met baie risiko’s en veranderli­kes wat die speelveld verander en waarby boere sal moet aanpas. Nogtans skep risiko’s ook geleenthed­e, het hy gesê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa