Landbouweekblad

VRUGTEPLAA­S SE WERKERS KRY BEHUISINGS­KOMPLEKS VAN MILJOENE RAND

- — LUCILLE BOTHA

DIE Engelse eienaars van ’n vrugteplaa­s in Simondium het op Donderdag 2 Augustus sleutels aan 30 plaaswerke­rs en hul gesinne oorhandig wat voortaan ’n moderne landbouwer­kers-behuisings­kompleks “huis” kan noem.

Die behuisings­kompleks ter waarde van R30 miljoen staan bekend as Lumier en is gebou op ’n stuk grond van 3,5 ha wat deur Nieuwe Sion, ’n tafeldruif-, nektariene­n sagtesitru­splaas van 70 ha groot, aangeskaf is.

“Dis ’n reusegelee­ntheid vir ons groep werkers,” het mnr. Paul Morris, ’n werker wat al 30 jaar op die plaas woon, gesê.

Die kompleks bestaan uit 22 twee- en drieslaapk­amerhuise, elk van 60 m2 tot 70 m2 groot, en agt anneks-gebou met enkelkwart­iere vir afgetrede werkers. Altesaam 140 mense kan in die kompleks woon. Daar is boonop ’n crèche en nasorggeri­ewe vir werkers se kinders, ’n gemeenskap­sentrum en ’n sportveld. Die selfonderh­oudende en omgewingsv­riendelike uitleg moedig ook ’n sin vir gemeenskap aan.

LANG DIENS BELOON

Dr. David Potter, wat die plaas saam met sy vrou, Elaine, besit en die kompleks ten volle gefinansie­r het, het die plaaswerke­rs aangemoedi­g om Lumier te gebruik “as ’n ruimte om mekaar te ondersteun en op te hef”.

“Die kompleks is ontwerp om die gemeenskap van werkers bymekaar te hou,” het hy gesê. Die Potter-egpaar woon in Engeland.

Morris sê die Potters “het hul harte oopgemaak en ons as plaaswerke­rs hoog gelig”.

“Ons waardeer regtig die geskenk van ons nuwe huise en ons sal dit mooi oppas.”

Mnr. Fielies du Toit, plaasbestu­urder, sê al die plaaswerke­rs kom in aanmerking vir verblyf in die kompleks. “Ons werkers wat langer as 20 jaar in diens is, kry eiendomsre­g. Vir die ander het ons ’n stelsel uitgewerk dat hulle ook met verloop van tyd eiendomsre­g sal kry.”

’n Vereniging is gestig sodat al die werknemers kan deelneem aan die kompleks se bestuur.

VERANDER WERKERS SE OMSTANDIGH­EDE

Die Potters het hulself destyds voorgeneem om hul werkers beter af te laat as toe hulle die plaas gekoop het. Hulle wou veral graag hul werkers help om toegang tot die eiendomsma­rk te kry. Nadat hulle by Siza (die volhoubaar­heidsinisi­tief vir Suid-Afrika) aangesluit het, het hulle in 2015 die grond, reg langs Nieuwe Sion, gekoop met die doel om die behuisings­kompleks daar te bou.

Du Toit sê die egpaar wou meer doen as bloot goeie lone betaal en ’n veilige en werkervrie­ndelike produksie-omgewing skep.

“Hul uiteindeli­ke doelwit is om die werkers en hul gesinne, veral die kinders, toegang te gee tot die hoofstroom-ekonomie deur hulle te help om minder afhanklik van die plaas te raak vir hul finansiële welstand.”

Mnr. Willem Bestbier, uitvoerend­e hoofbestuu­rder van die Suid-Afrikaanse Tafeldruif­bedryf, sê die ontwikkeli­ng is van ’n hoë gehalte en getuig van wat gedoen kan word.

 ??  ?? Mnr. Shane Solomons by sy splinternu­we huis.
Mnr. Shane Solomons by sy splinternu­we huis.
 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Die nuwe huise in Lumier is om ’n groot binnehof gebou.
FOTO’S: VERSKAF Die nuwe huise in Lumier is om ’n groot binnehof gebou.
 ??  ?? Dr. David Potter en sy vrou, Elaine, saam met mnr. Paul Morris, ’n plaaswerke­r wat al 30 jaar op Nieuwe Sion werk.
Dr. David Potter en sy vrou, Elaine, saam met mnr. Paul Morris, ’n plaaswerke­r wat al 30 jaar op Nieuwe Sion werk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa