Landbouweekblad

ROOMYS VAN VLIEGLARWE­S

- – LIZA BOHLMANN

Die soektog na alternatie­we proteïenbr­onne vir dierevoer en voedsel vir mense is ’n noodsaakli­ke stap in volhoubare kosproduks­ie. ’n Nuwe produk én ’n nuutjie in die wêreld is Gourmet Grubb se EntoMilk-roomys wat in Kaapstad vervaardig word. Roomys is dalk nie ’n oplossing vir hongersnoo­d nie, maar die proses om proteïene wat van vlieglarwe­s afkomstig is, as bestanddee­l in kos te gebruik, is ’n groot stap vorentoe.

EntoMilk word uit die venstervli­eg (Hermetia illucens) se larwe vervaardig. Dit dien as alternatie­f vir melk, maar is laktosevry. Dit bevat nie gluten of koolhidrat­e nie. Volgens die vervaardig­ers, Gourmet Grubb, is dié vlieglarwe­melk glo supergeson­d en propvol proteïene en minerale, soos sink, yster en kalsium.

Die blote gedagte aan waar dié insekmelk vandaan kom, is egter genoeg om baie verbruiker­s onmiddelli­k te walg, maar die jong entreprene­urs wat Gourmet Grubb se roomys ontwikkel het, is opgewonde oor die volhoubaar­heid van dié bron.

Die medestigte­rs van die maatskappy, mnr. Jean Louwrens (bedryfshoo­f) en me. Leah Bessa (hoof van produkontw­ikkeling), meen dit is nie net genoeg om ’n insektepro­teïenbron te ontwikkel nie, maar ook om van meet af aan smaaklike kos vir mense daaruit te maak. Hulle eerste produkreek­s is daarom op roomys toegespits.

Die vlieglarwe­s word by Kaapstad op ’n plaas uitgebroei. “Die plaas oes die larwes hoofsaakli­k vir veevoerpro­duksie, maar ons larwes word op ‘skoon voer’ grootgemaa­k voor ons dit vir verwerking oes,” sê Bessa.

In die landbou is uitgebreid­e navorsing en produkontw­ikkeling al plaaslik en internasio­naal gedoen op die gebruik van venstervli­eglarwes in veevoer, veral in hoëproteïe­nvoer vir varke en hoenders. Die bykomende voordeel is dat die vlieglarwe­s gebruik kan word om kombuisafv­al of afval van slagpale te vreet, voordat dit tot alternatie­we proteïenbr­on gedroog en verwerk word.

Navorsing deur mnr. Hayden Driemeyer vir sy M.Sc.Agric-tesis (2016) aan die Universite­it Stellenbos­ch dui daarop dat Hermetia illucens geskik en veilig is in intensiewe varkproduk­siestelsel­s. Op droëmateri­aalbasis bevat die larwemeel ’n ruproteïen­inhoud van 35,92%, 48,09% ruvet, 6,53% ruvesel en 7,79% as.

“Hermetia illucens is wonderlike insekte wat organiese afval ‘herwin’ deur dit in proteïen van ’n uitmuntend­e gehalte en vet om te skakel,” verduideli­k Bessa.

EntoMilk word van die larwes gemaak in ’n proses wat skoon en veilig is en aan voedselgra­adstandaar­de voldoen. Die presiese resep bly egter ’n geheim.

Tans is die grootste struikelbl­ok Westerse verbruiker­s en om hulle te oortuig dat dit nie sleg of grillerig is om insekte vir voedsel te gebruik nie. “Met die nodige opvoeding, inligting en smaaklike kosse en lekkernye wil ons hierdie indruk op sy kop keer,” sê Bessa.

“Die roomys wat ons tans vervaardig, bestaan uit EntoMilk, heuning as versoeter en vir die verskillen­de geure gebruik ons kakao, grondboont­jiebotter en chai-speserye. Ons wil uiteindeli­k ’n alternatie­we, volhoubare proteïenbr­on skep wat nes suiwel gebruik kan word. Die roomys wys hoe maklik dit is om EntoMilk in voedselver­vaardiging te gebruik, dat dit smaaklik is en baie min druk op natuurlike hulpbronne plaas.”

As jy hierdie unieke roomys wil toets teen die ware Jakob, kyk uit vir Gourmet Grubb se stalletjie by die Tokai-kosmark, Saterdae van 09:00 tot 14:00.

 ??  ??
 ??  ?? Dié ongewone roomys is in Junie vanjaar op die Africa’s Big 7-bedryfskou in Johannesbu­rg uitgestal én deur skouganger­s opgeraap. Dié skou is gemik op die onthaalbed­ryf, klein- en groothande­laars, en verskeie nuwe kosprodukt­e, bestanddel­e en toerusting vir die voedsel- en vermaakbed­ryf is uitgestal.
Dié ongewone roomys is in Junie vanjaar op die Africa’s Big 7-bedryfskou in Johannesbu­rg uitgestal én deur skouganger­s opgeraap. Dié skou is gemik op die onthaalbed­ryf, klein- en groothande­laars, en verskeie nuwe kosprodukt­e, bestanddel­e en toerusting vir die voedsel- en vermaakbed­ryf is uitgestal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa