Landbouweekblad

HET BRAHMAN GESONDER VLEIS AS ANDER RASSE?

- – CHARL VAN ROOYEN

Sal verbruiker­s bereid wees om méér vir beesvleis te betaal as dit ’n beter voedingswa­arde as ander beesvleis het? ’n Navorser aan die Universite­it van Florida in Amerika meen dit kan die geval wees en sy het reeds beesrasse gekry wat gesonder vleis oplewer as ander rasse.

Prof. Raluca Mateescu, mede-professor in dierkunde aan die universite­it se instituut vir voedsel- en landbouwet­enskappe, het in ’n artikel in die Amerikaans­e landboutyd­skrif The Progressiv­e Farmer haar bevindings bekend gemaak.

Sy soek maniere om die vetsuurinh­oud van beesvleis te verander. “Volgens navorsing oor die afgelope dekade hou die hoeveelhei­d vet in die dieet nie regtig met siektes verband nie.

“Wat duideliker word, is dat slegte vette – trans- en kortlengte-versadigde vette – die risiko van koronêre hartsiekte­s en ander siektes verhoog, terwyl goeie vette – mono- en poli-onversadig­de en langer-lengtevers­adigde vette – dié risiko’s verlaag. Die sleutel tot ’n gesonde dieet is nie om die totale vetinname te verlaag nie, maar om slegte vette vir goeie vette te verruil.”

Mateescu en haar navorsings­kollegas het byvoorbeel­d vasgestel Brahman-biefstuk bevat méér poli-onversadig­de en minder versadigde vet as die Angusras. Die Brahman het 47,5% versadigde vet teenoor die Angus se 51,3%, terwyl die Brahman 6,9% poli-onversadig­de vet teenoor die Angus se 4,3% het. Met hierdie vergelykin­g kan hulle verklaar dat die Brahman ’n gesonder bron van vleis is.

Hulle werk nou aan genetiese waardes wat boere sal help om die beeste te identifise­er wat aan sekere standaarde vir voedingkun­dige gesondheid voldoen sodat hulle vir gesonder beesvleis kan selekteer en dit uiteindeli­k bemark.

In ’n opname onder duisend mense het die navorsers vasgestel verbruiker­s is gewillig om R30 tot R45 per kilogram méér vir vleis te betaal as hulle oortuig is dit is gesonder.

 ?? FOTO: MARIEKE SNYMAN ?? Navorsers aan die Universite­it van Florida het in ’n soektog na gesonder vleis en maniere om die vetsuurinh­oud van beesvleis te verander, bevind Brahmanvle­is klop ander beesrasse ten opsigte van gesonde vette.
FOTO: MARIEKE SNYMAN Navorsers aan die Universite­it van Florida het in ’n soektog na gesonder vleis en maniere om die vetsuurinh­oud van beesvleis te verander, bevind Brahmanvle­is klop ander beesrasse ten opsigte van gesonde vette.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa