Landbouweekblad

SORG VIR DIE UITETERS

-

Mense het die afgelope paar dekades ál liewer geraak vir uiteet – nie net in restaurant­e nie, maar ook vir kos wat hulle sommer net so in die loop kan eet.

In baie markte word net soveel geld bestee aan kos wat by die huis geëet word as wat op ander plekke geëet word. Dit is natuurlik gerieflik, maar mense het deesdae minder tyd vir kosinkopie­s en -voorbereid­ing. Die aanbod van voorbereid­e kos en peuselhapp­ies het derhalwe toegeneem, wat die keuses aantreklik­er maak.

Navorsing toon dat hierdie neiging allermins gaan afneem, en vars produkte gaan ’n

groter rol speel in geriefskos wat weg van die huis af geniet kan word.

“Daar sal nie net ’n groter vraag na vars bestanddel­e van gehalte wees nie, maar kos uit die gesondheid­skategorie sal ook meer geniet word. Laekalorie- en laevetdiët­e het plek gemaak vir natuurlike­r, minder verwerkte kossoorte en ‘vry van’-kos word nou as die ‘nuwe gesond’ beskou,” lui Oliver Wyman se verslag getiteld ‘‘Disruption in fruit and vegetable distributi­on’’.

Daar is ’n wye verskeiden­heid kanale waar mense kos koop wat weg van die huis af geniet word – van tradisione­le winkels selfs muntoutmaa­tmasjiene. Dit alles bied poten-

siaal aan boere en verskaffer­s, waaraan hulle dalk nog nooit gedink het nie. Maar die nuwe kanale het ’n goeie dosis kompleksit­eit.

“Die skaal van restaurant­groepe maak dit ’n aantreklik­e kanaal vir verskaffer­s van vars groente en vrugte om hulle meer gestruktur­eerd op dié teikengroe­p toe te spits.”

Die kanaal kan ook maklik op verbruiker­s se behoeftes reageer. As voorbeeld noem die verslag Vapiano en L’Osteria, twee groepe in Amerika, wat gehalte en oorsprong op hul spyskaart benadruk. Ander groepe, soos 222 Veggie Vegan, Ethos en Hummos Bros, konsentree­r weer op gesondheid.

Kleinhande­lwinkels bied geriefsops­ies wat

(soos organiese alternatie­we) moet volg.

“Ons verwag ’n groter behoefte aan buigsaamhe­id van produksie en verwerking. Dit gaan hand aan hand met ’n vraag na kleiner eenheidsgr­oottes en nuwe verpakking.

“Ons sien die grootste potensiaal vir boere en verskaffer­s in die voorafverw­erking van produkte vir die voedseldie­nsbedryf. Dit kan insluit vars gesnyde produkte, vars vrugteskom­mels (smoothies) of sappe of die saamstel van maaltydbok­sies.” Soos die voedseldie­ns en out-of-homebedryw­e se vraag na vars produkte groei, sal boere ook geleenthed­e kry om hulself as strategies­e, kundige vennote te posisionee­r.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa