Landbouweekblad

BETON ’N BELEGGING OP BEESPLASE

-

Beton is die ideale materiaal vir die plaas, sê mnr. Robin Smaill van Kinaki. Beton hoef nie met pale versterk of beskerm te word nie, en word nie deur wind of diere rondgeskui­f wanneer dit leeg is nie. Dit is duursaam en verweer nie mettertyd weens UV-lig nie, iets wat met plastiek en glasvesel gebeur.

“Al hoe jy ’n Kinaki-produk kan breek, is as jy met ’n voertuig daarin vasploeg.”

Twee Kinaki-ontwerpe vir melkboerde­rye is veral gewild: ’n Konsentraa­tvoerbak (foto bo) vir die melkskuur en ’n kuilvoerba­k vir die veld (foto onder).

Die konsentraa­t-voerbak is ’n betonhouer waaraan ’n voerpyp stewig gekoppel kan word (die gat loop teen ’n 45°-hoek deur die agterste muur, met ’n deursnee van 90 mm). Elke koei het haar eie afskorting wat keer dat diere mekaar se kos vreet. ’n Konsentraa­t-voerbak van beton sal jou ’n halfeeu hou – veel langer as die tipiese baksteen- of metaalontw­erp. Beton roes nie, word nie mettertyd deur suur konsentrat­e weggevreet nie en word nie deur koeie verniel en stukkend gestamp nie.

Die kuilvoerba­k bied dieselfde beton-voordele as die konsentraa­t-voerbak, maar is bedoel vir melkkoeie in die veld. Die bakke word in ’n lang ry geplaas en met die voerwa volgemaak. Die koeie kan van albei kante af vreet. Die gebruik van dié bakke verminder die mors van voer. As dit tot bo volgemaak word, hou vier bakke altesame 1 m3. Die bakke moet só gepak word dat daar ’n klein gaping tussen bakke is om toe te laat dat reënwater afloop. PRYS: Op aanvraag.

NAVRAE: Mnr. Robin Smaill, webwerf: www.kinaki.co.za, sel 082 576 6326.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa