Landbouweekblad

FORD KUGA 2.0 TDCI TITANIUM 6AT AWD

-

Praat van die Ford Kuga en dis gewaarborg dat iemand oor die brandgevaa­r van die 1,6 literpetro­lenjin begin spot.

Maar dis ernstige sake. Plaaslik het sowat 40 Kugas vlam gevat en ’n man het só gesterf. Ford SA het eienaars van die 1,6model versoek om vir voorkomend­e herstelwer­k te kom, maar ’n ingenieur met binnekenni­s het steeds sy bedenkinge oor dié enjin.

In die nuwe Kuga-modelreeks wat Ford invoer, sal jy egter geen 1,6 liter-enjin aantref nie. Daar’s ’n 1.5T, ’n 2.0T en ’n 2.0-turbodiese­l, met laasgenoem­de die onderwerp van dié ritverslag.

Dié viersilind­er-diesel loop so stil soos ’n muis en daar’s niks van ’n diesel se kenmerkend­e vibrasie te bespeur nie. Die enjin is aan ’n outokas gekoppel wat sy ses ratte vorentoe seepglad wissel en krag na ál vier wiele kan herlei. Agter die stuur is daar hefbome waarmee ’n mens self ratte kan wissel. Dis nuttig as die bestuurder ’n laer rat wil kies om die motor se snelheid te beperk sonder om slegs op die remme staat te maak.

Motorgeesd­riftiges sal die Titanium-variant se treffende allooiwiel­e herken van Ford se verrigting­smotors is, soos die Focus ST. Nou wat soek dit dan op ’n veldvoertu­ig, wil ’n mens vra, veral nadat jy op ’n sinkplaatp­ad rondgeskud is? Kleiner wiele met ’n hoër bandprofie­l sal die Kuga beter pas.

Die Kuga kry ook ’n strafskop teen hom vir die binneruim se gehalte. Dit lyk en voel nie soos ’n ryding van ’n halfmiljoe­n rand nie. As ’n Isuzu-bakkie se paneelbord jou maatstaf is, sal dit nie pla nie, maar dit steek af by dié van die Volkswagen Tiguan en die Mazda CX-5. Verder is die knieruimte bra knap, maar die agtersitpl­ekke se rugleuning­s vou darem heeltemal plat vir die vervoer van groot goed.

Naas die enjin is die Kuga se beste toerusting die agterluik wat vanself elektries oopmaak as jy die sleutel in jou sak het en ’n skopbewegi­ng onder die agterbuffe­r uitvoer. Dis nie uniek aan die Kuga nie, maar bykans geen ander motor doen dit so getrou nie.

Prys: R516 600.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa