Landbouweekblad

MAHINDRA PIK UP 2.2CRDE 4X4DUBBELK­AJUIT

-

Mahindra en sy bakkies is al ou bekendes in Suid-Afrika. Trouens, die maatskappy doen al langer as 13 jaar lank hier sake en verkoop sowat 300 bakkies per maand. Onder hulle tel die Scorpio Pik Up, wat Mahindra deesdae net Pik Up noem.

Noudat die Pik Up opgeknap en hersien is, is die enjin kragtiger. Hy behou sy goeie eienskappe: Hy loop stil en werk suinig met diesel. Die handratkas (ses ratte vorentoe) skuif lig en maklik.

Die bakkie se snoet is nou aansienlik mooier en die binneruim is ook verbeter. Diegene wat graag na musiek luister, gaan dol wees oor die twee luidspreke­rs wat bo kophoogte agter in die bakkie sit. Dié twee en die ander luidspreke­rs is deel van ’n netjiese inligting-en-vermaakste­lsel met puik klank.

Met die week lange toetsrit het die bakkie hom onberispel­ik gedra, behalwe een keer in ’n draai op ’n sopnat pad toe die veldryband­e vir ’n oomblik die teer laat los het. Noem dit maar ’n bestuursfo­ut.

’n Kollega het later laat weet dat daar foute opgeduik het met die sitplekgor­del se waarskuwin­gsfunksie (dit het heeltyd geskree) en dat die voorste passasier se venster nie dig wou toemaak nie.

Dit strook met wat ek al voorheen by Mahindra-eienaars gehoor het. Sommige sing lofsange en ander sweer “nooit weer nie”. Maar ’n hoofstroom­bakkie met dieselfde spesifikas­ies kos maklik R100 000 meer. Vir só ’n korting kan ’n mens seker ’n kans waag.

Laat weet gerus by e-pos justus.visagie@media24.com

hoe jou Mahindra jou dien. Prys: R357 995.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa