Landbouweekblad

STAATMAKER­S IN MANGOBEDRY­F WORD VEREER

- — JASPER RAATS

DIE Suid-Afrikaanse Mangokweke­rsverenigi­ng (SAMKV) het sy eerste Goue Mangoeerbe­wyse aan vier mense in die bedryf oorhandig. Hulle is vereer vir baanbreker­swerk wat hulle ten opsigte van die verbouing van die gewas gedoen het.

Mnr. Johan du Preez van die Bavaria-vrugteland­goed by Hoedspruit is vereer vir sy jare lange toewyding in die bedryf en die verskeiden­heid proewe en navorsing wat by Bavaria gedoen is.

Bavaria is ook ’n voorloper met snoeiprakt­yke by mango’s in Suid-Afrika en was die eerste boerdery in Suid-Afrika met EurepGAPse­rtifiserin­g.

Mnr. Theunis Botha van die boerdery Lapland, Tzaneen, is vereer vir sy betrokkenh­eid by die produk LIMA 400 wat gebruik word om bloeiselmi­svormingsw­amme (Fusarium mangiferae) te bestry.

Mnr. Jaco Fivaz is vereer vir die impak wat hy van die begin van sy loopbaan af op die mangobedry­f gehad het. Dit was hy wat Bavaria se EurepGAP-program in werking gestel het, het Du Preez op die dinee gesê.

Me. Danielle le Lagadec, ’n voormalige senior navorser by Merensky Tegnologie­se Dienste, is in haar afwesighei­d vereer vir haar navorsing en die ontwikkeli­ng van chemiese middels vir die bekamping van mangodoplu­is (Aulacaspis tubercular­is) en die mangosnuit­kewer (Sternochet­us mangiferae).

Le Lagadec het intussen na Australië geëmigreer.

 ??  ?? Mangokweke­rs wat oor die jare heen ’n besondere bydrae tot die bedryf gelewer het, is deur die Suid-Afrikaanse Mangokweke­rsverenigi­ng op ’n dinee by die Fairview-hotel, Tzaneen, met Goue Mango-eerbewyse vereer. Van links is me. Johanet en mnr. Theunis Botha, mnr. Johan du Preez, mnr. Jaco en me. Belinda Fivaz. Afwesig: Me. Danielle le Lagadec.
Mangokweke­rs wat oor die jare heen ’n besondere bydrae tot die bedryf gelewer het, is deur die Suid-Afrikaanse Mangokweke­rsverenigi­ng op ’n dinee by die Fairview-hotel, Tzaneen, met Goue Mango-eerbewyse vereer. Van links is me. Johanet en mnr. Theunis Botha, mnr. Johan du Preez, mnr. Jaco en me. Belinda Fivaz. Afwesig: Me. Danielle le Lagadec.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa