Landbouweekblad

ONWAARSKYN­LIK DAT SOJABONE SAL AFPLAT

- — CHARL VAN ROOYEN

Dit is onwaarskyn­lik dat SuidAfrika se sojaboonbe­dryf in die nabye toekoms ’n sterk afplatting sal ervaar, sê mnr. Gerhard Scholtemei­jer, voorsitter van die Oliesade-advieskomi­tee.

Die veevoerbed­ryf en ander verwante bedrywe wat die afgelope jaar erg geknou is, sal stelselmat­ig herstel wat ’n

verdere vraag na proteïen sal meebring. Daarteenoo­r bied die mieliebedr­yf en ander bedrywe nie ’n alternatie­f nie. Die sojabedryf verwag steeds dat vanjaar se oes van 1,5 miljoen ton ’n aanduiding is dat die bedryf stewig op koers is na ’n totale produksie van 2,5 miljoen ton op mediumterm­yn.

Die uitvoer van sojabone is nog nooit ernstig aangedurf nie, hoewel uitvoer sporadies voorkom. Ekonomiese toestande is uiteraard bepalend vir uitvoer, waarvan die swak rand en handelsoor­log tussen China en Amerika enkele faktore is wat daartoe kan bydra. Wanneer die geleenthei­d hom voordoen, sal Suid-Afrika met gehalte en betroubaar­heid moet bewys dat hy ’n plek in die internasio­nale mark verdien.

Wat saad en chemiese middels betref, het Suid-Afrika van die beste internasio­nale vennote, wat sekerlik kennis geneem het dat die sojabedryf nou toestemmin­g van die Regering ontvang het vir ’n teling- en tegnologie­heffing wat in die volgende seisoen ’n aanvang sal neem. Nuwe en beter tegnologie sal ongetwyfel­d koste verlaag, bruto winsmarges verhoog en tot verdere voordele vir die sojabedryf bydra.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa