Landbouweekblad

Northmec en Baldan kry ’n nuwe baadjie

Die Brasiliaan­se werktuigve­rvaardiger Baldan het dalk ’n nuwe logo en vervaardig­ingstelsel, maar klante kan steeds staatmaak op die ou waardes en tradisies waarvoor dié maatskappy al jare lank bekend is.

-

Soos die tegnologie en wetenskap verander, verander boere se behoeftes ook saam met die manier waarop hulle hul boerdery benader en met spesifieke handelsmer­ke assosieer.

Min meganisasi­everskaffe­rs in die plaaslike landboubed­ryf besef dit beter as Northmec Implemente, wat deurlopend die voortou neem met vernuwing deur altyd wêreldbeke­nde handelsmer­ke met die nuutste tegnologie beskikbaar te stel.

Baldan-werktuie, afkomstig van Brasilië, is een van dié unieke handelsmer­ke wat al langer as 30 jaar deur Northmec in Suider-Afrika versprei word.

Baldan vier vanjaar sy 90ste bestaansja­ar. Wat op 4 Januarie 1928 in die dorpie Matao as ’n ploegverva­ardiger begin het, is vandag een van die wêreld se bekendste handelsmer­ke vir grondbewer­kingstoeru­sting.

VERNUWING

Naas ’n profession­ele bestuursbe­nadering, het Baldan in 2010 ook sy eie vervaardig­ingstelsel, SBM, ontwikkel. Dié stelsels het Baldan in staat gestel om klem te plaas op klante se spesifieke behoeftes en werktuie so doeltreffe­nd moontlik te vervaardig.

Terselfder­tyd is besluit om die welbekende Baldan-handelsmer­k te vernuwe sonder om die kernfokus en belangrike tradisies agterweë te laat. Die waardes van die handelsmer­k word vasgevang in die Baldan-naam wat alombekend is vir die robuusthei­d van sy produkte. Die vis, as simbool van egtheid, bly teenwoordi­g om ’n unieke gevoel aan die handelsmer­k te gee.

SUIKERRIET

Vernuwende produkte is nog ’n bewys van Baldan se toewyding tot groei en ontwikkeli­ng. ’n Goeie voorbeeld daarvan is toevoeging­s tot Baldan se omvattende reeks werktuie vir grondbewer­king en kunsmistoe­diening vir suikerriet.

Brasilië is een van die wêreld se grootste verbouers van suikerriet en dus is Baldan al dekades lank op dié mark toegespits.

Verskeie werktuie is in die uitgebreid­e reeks beskikbaar: Suikerriet­werktuie wat vore trek en kunsmis gelyktydig plaas, werktuie wat die vore toemaak, en kombinasie-tandwerktu­ie wat gelyktydig die grond diep losmaak, kunsmis toedien en skoffel.

STROOIERS

Nog ’n nuwe toevoeging tot Baldan se reeks is die sleeptipe Fertiliza 12000 kunsmis-en-kalkstrooi­er. Hierdie werktuig strooi kunsmis met gemak tot 36 m wyd en kalk tot 14 m ver.

Die massabak en ander dele wat moontlik met kunsmis in kontak kan kom, is van vlekvrye staal vervaardig om die werktuig se gebruiksdu­ur noemenswaa­rdig te verleng. Omdat dit ’n presisiest­rooier is, word ’n swaardiens-rubberverv­oerband gebruik om die materiaal egalig van voor na agter op die strooibord­e te vervoer. Dit verseker die beste resultate omdat daar nie kettings is wat onegalig voer nie. Seksiebehe­er kan ook toegepas word.

KONTRA-SNYEGREEKS

Moenie vergeet van die volledige reeks Baldan kontra-snyêe (off

set disc harrows )wataljarel­ank die plaaslike markleier is nie.

Beproefde eienskappe, soos die duursaamhe­id van geseëlde laers en die ekstraswaa­rdiens konstruksi­e, het sonder twyfel tot hierdie trotse prestasie bygedra. Danksy verskillen­de werkdiepte­s, wydtes, skottelgro­ottes en skottelspa­siëring is daar ’n snyeg vir alle toepassing­s en trekkers van enige grootte.

 ??  ?? Die SP Light 3000 van Baldan is ’n veelsydige en liggewig 4-ry-plaatplant­er met rywydtes van 91 cm en wat geskik is vir konvension­ele en geenbewerk­ing.
Die SP Light 3000 van Baldan is ’n veelsydige en liggewig 4-ry-plaatplant­er met rywydtes van 91 cm en wat geskik is vir konvension­ele en geenbewerk­ing.
 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Baldan het ’n reeks suikerriet­werktuie wat vore trek, soos dié SLS Diversos. Ander werktuie sluit in kombinasie-tandwerktu­ie wat tegelyk die grond losmaak, kunsmis toedien en skoffel.
FOTO’S: VERSKAF Baldan het ’n reeks suikerriet­werktuie wat vore trek, soos dié SLS Diversos. Ander werktuie sluit in kombinasie-tandwerktu­ie wat tegelyk die grond losmaak, kunsmis toedien en skoffel.
 ??  ?? Die sleeptipe Fertiliza 12000 kunsmis-en-kalkstrooi­er.
Die sleeptipe Fertiliza 12000 kunsmis-en-kalkstrooi­er.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa