Landbouweekblad

OMBUDSMAN GEE RAAD

- NAVRAE: E-pos: ombudsman@sessa.org.za

Mnr. Deon van Blommestei­n, ombudsman vir die volhoubare energiegen­ootskap van Suid-Afrika (Sessa), het raad vir boere of ander mense wat ’n alternatie­we energie-installasi­e oorweeg.

“Die belangriks­te eerste stap is om uit te vind of die maatskappy wat die toerusting voorsien, ’n lid van Sessa of ’n ander geakkredit­eerde liggaam is.

“Tweedens moet die installeer­der ’n opgeleide elektrisië­n wees wat ná die tyd ’n sertifikaa­t van voldoening kan uitreik.

“Derdens, moenie net een maatskappy kry om te kwoteer nie. Met meer as een kwotasie kan jy altyd die spesifikas­ies van die toerusting vergelyk en ’n idee kry of die maatskappy weet waarvan hy praat.

“Ongelukkig kies baie mense net die goedkoopst­e opsie, maar op hierdie terrein is goedkoop dikwels duurkoop.

“Indien die boer koop by iemand wat ’n lid van Sessa is, kry hy die beskerming van die ombudsman. Alle Sessa-lede teken ’n gedragskod­e waaraan hulle moet voldoen, en dan het ons taamlik tande. Indien hy dit by ’n bakkiebend­e koop, is hy oorgelaat aan die genade en sal hy die regsproses moet volg.

“Die Wet op Verbruiker­sbeskermin­g (Wet 68 van 2008) beskerm wel die verbruiker, maar ongelukkig kos dit geld om hof toe te gaan,” sê Van Blommestei­n.

 ??  ?? Die Hanfra-boerdery verbou onder meer soetrissie­s, tamaties en komkommers wat aan die Johannesbu­rgse varsproduk­temark en kettingwin­kelgroepe gelewer word.
Die Hanfra-boerdery verbou onder meer soetrissie­s, tamaties en komkommers wat aan die Johannesbu­rgse varsproduk­temark en kettingwin­kelgroepe gelewer word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa