Landbouweekblad

HOE VERKLAAR ’N MENS ’N OPENBARE PAD TOT PRIVAAT?

- BUTCH VAN BLERK

Ons het ’n ondergeski­kte pad wat deur ons plaas loop tot by die buurplaas agter ons. Hierdie pad word al langer as 30 jaar deur geen distriksmu­nisipalite­it onderhou nie. Slegs die buurman het soms die pad gebruik. Niemand woon op sy plaas nie en hy het selde die pad gebruik. Die pad is deur die jare deels só erg verspoel dat slegs hoë 4x4-voertuie dit kan gebruik. Verjaar ’n ondergeski­kte pad ook sodat ons en die buurman hierdie pad kan aanvaar as ’n private pad, of moet ons dit laat hersoneer tot ’n private pad sodat ons dit kan sluit? Ons probeer ’n plan beraam om die pad te sluit sodat niemand wettig toegang daartoe het nie om diefstal te voorkom en plaasveili­gheid te verseker. Nou is daar iemand wat skielik toegang deur ons plaas wil verkry met hierdie pad om vir eie finansiële gewin ’n ontspannin­gsaktiwite­it aan te bied. Dit is ’n moeilike situasie omdat plaasveili­gheid en diefstal ’n algemene probleem is. Wat staan ons en ons buurman te doen om onsself te beskerm? ’n Ondergeski­kte pad is ’n openbare pad ingevolge die Paaie-ordonnansi­e van 1976, wat aan die publiek die reg verleen om dit te gebruik. ’n Ondergeski­kte pad kan ingevolge die prosedures voorgeskry­f in die Ordonnansi­e gesluit word vir openbare toegang, en verander word tot ’n private pad.

Die prosedure word deur die plaaslike owerheid (plaaslike munisipali­teit) behartig, wat aan alle belanghebb­endes skriftelik­e kennis per geregistre­erde pos moet gee van die voorneme dat die pad gesluit gaan word en dat belanghebb­endes besware daarteen kan indien, sou dit van toepassing wees. Dit word deur die munisipali­teit geadvertee­r in plaaslike koerante, asook in die Staatskoer­ant.

Ná die sluiting van die ondergeski­kte pad en die veranderin­g daarvan tot ’n private pad word openbare toegang tot die pad beëindig. Daarna word die reg om die pad te gebruik, beperk tot diegene aan wie sodanige private gebruik verleen is met die sluiting van die pad. Dit is gewoonlik die grondeiena­ars oor wie se grond die pad loop. Hekke mag dan oor die pad aangebring word, wat gesluit mag word om toegang te beheer. Mnr. Butch van Blerk is direkteur van Bill Tolken Hendrikse Ingelyf van Bellville, Kaapstad.

 ?? FOTO: THEUNS BOTHA ?? Indien die korrekte amptelike prosedures gevolg word, kan openbare paaie tussen plase tot private paaie verklaar word.
FOTO: THEUNS BOTHA Indien die korrekte amptelike prosedures gevolg word, kan openbare paaie tussen plase tot private paaie verklaar word.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa