Landbouweekblad

UITWERKING VAN GROEIHORMO­NE OP VLEISGEHAL­TE

- EDWARD WEBB

Wat is die uitwerking van groeihormo­onaanvulli­ngs op die gehalte van vleis? Heelwat navorsing is al gedoen oor die gebruik van groeibevor­deraars, veral ná die fiasko met die gebruik van diëtielsti­lbestrol (DES) by beeste.

’n Hele klomp veilige molekules word vir die doel van groeibevor­dering gebruik. Hoewel dit nie regtig “groeihormo­ne” is nie, het dit wél ’n invloed op anaboliese groei by diere.

Groeihormo­ne as sodanig (somatomedi­en, IGF’s oftewel “insulin-like growth factors”) word wel by melkbeeste gebruik, met goeie resultate.

Die groeibevor­deraars waarna die vraag verwys, is almal steroïedho­rmone wat as oor-implantate toegedien word by vee. Die middels word streng volgens voorskrif gebruik en in al die studies wat ek gelees en self gedoen het, was daar nie betekenisv­olle residuvlak­ke in die vleis of lewer nie.

Die steroïedho­rmone wat dus gebruik word, word allerweë as veilig beskou (selfs in die Europese Unie) waar die meeste kritiek teen dié middels geopper is.

Beta-adrenergie­se agoniste word ook gebruik, wat in dele per miljoen by voer ingemeng word en ’n baie gunstige uitwerking op spergroei het weens die energie-herverdeli­ngseffekte wat dit op groeiende diere het. Die middels is neuro-endokriene stimulante omdat dit die effekte van epinefrien/ norepinefr­ien naboots. Prof. Edward Webb is adjunkdeka­an van navorsing en nagraadse studie aan die fakulteit natuur- en landbouwet­enskappe aan die Universite­it van Pretoria.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa